Man glo drankie ingegee voor hy ontvoer is

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Mpumalanga het mense gemaan om nie drankies van vreemde mense te aanvaar nie omdat dit tot lewensverlies of die verlies van goedere kan ly.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit kom ná ʼn 65-jarige man op 1 Junie as vermis aangemeld is nadat hy nooit huis toe gekom het ná werk nie.

“Sy voertuig is in die parkeerarea van ʼn winkelsentrum in Middelburg gevind met die sleutels steeds in die aansluiter,” het Sedibe gesê. Volgens ooggetuies is die slagoffer in ʼn BMW daar weg en is ʼn saak van ontvoering aanhangig gemaak.

“Terwyl die polisie na die man gesoek het, het ons gehoor hy is deur ʼn busbestuurder gevind – alleen op ʼn pad tussen Groblersdal en Middelburg. Hy het nie lekker gevoel nie en is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Sedibe gesê.

Volgens die inligting wat aan die polisie bekend is, het die slagoffer geld onttrek toe hy deur ʼn man wat hom vir aanwysings gevra het, genader is. “Die man het die slagoffer genooi om saam met hom in sy motor te sit  en vir hom ʼn drankie aangebied,” het Sedibe gesê. Dit is die laaste ding wat die slagoffer onthou voordat hy opgespoor is waar hy langs die pad gelê het.

Dit het aan die lig gekom dat verskeie transaksies en onttrekkings met die man se bankrekening gedoen is. Drie verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Sello Mondli Letsile (35), David Mozamani Mathebula (60) en Khutjo Sbensa Mohlabya (28) staan tereg op aanklagte van ontvoering, poging tot moord en roof.

“Die silwer BMW wat gebruik is, is in Letsile se besit gevind, asook die instrumente wat in die uitvoer van die misdaad gebruik is.”

Daar is ook beslag gelê op ʼn VW Polo wat glo die ander twee verdagtes na Polokwane vervoer het.

Die saak is tot 12 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes sal glo op 12 Junie aansoek doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jak ·

Wie in hul regte verstand gaan saam met Sello, David en Khutjo sit en drank drink in ‘n vreemde motor? Moet jou kop laat lees boetman.

Ai ·

Wie op aarde klim in n vreemde persoon se motor in en drink n drankie saam die persoon?! Iets klink nie lekker met die storie nie.

Theresa ·

Nee. Ek twyfel sterk of hy so dors was. Tien teen een ‘n pistol (gesteel, natuurlik) teen sy ribbes wat omstanders nie kon sien nie. Dan drink mens seker maar. Op sy ouderdom seker ook nie te veel kans gesien om teen meer as een misdadiger te probeer fisisies verdedig nie?!
Die man het niks verkeerd gedoen nie. Fokus op die skuim vd aarde wat toeslaan op gewone landsburgers wat probeer ‘n normale lewe lei en dit nie gegun word nie.

Nettie ·

Rohypnol/Hypnor/perde-inspuiting/rape-drug ….. wat dit ookal mag gewees het …. Maar my gesonde, nugter verstand sê vir my om nie saam met enige een wat ek van g’n Adamskant af ken, te gaan en ‘n drankie te sit en drink, dit nogal in hul motor nie, veral nie (ek, witvrou en alleen) by swartman(s) nie. Dit is mos nou moeilikheidsoek met ‘n groot M gespel! En as daar ‘n vuurwapen teen my sy gedruk was, sou ek eerder ‘n koeël gevat het, as om ‘n dop saam met die blikslaers te drink! Wat kan hulle meer doen as om my dood te skiet? Gaan hulle dán enige iets uit my of my bankrekening kry? Nee. Punt is: mens moet paraat wees – elke oomblik van die dag; by jou werk, by jou huis, waar jy in die ‘mall’ stap, waar jy by ‘n rooi verkeerslig stilhou, veral wanneer jy ‘n ATM gebruik – selfs as jy op die toilet sit, want misdaad het só handuit geruk, dat hulle jou stoelgang onder jou sal uitsteel ……..

janneman ·

Hoop dis die skelms wat uiteindelik nou gevang is. Hulle het 2 van my werkers op dieselfde dag met die selfde metode beroof, een die volgende dag naby Carolina langs die pad gevind, die ander een was weg vir amper n maand. Ons het almal gedink hy is dood, maar het geheueverlies opgedoen en by vreemdes gebly in Badplaas vir die hele tyd tot hy sy geheue herwin het

Se maar net ·

Kan nie glo mense glo nog aan die oog druppel storie…Snaaks dis so gevaarlik maar nog op die mark

Oom Tarentaal ·

Spray en cook, hoesstroop en matgom is net so gevaarlik maar dis ook nog op die mark. Wat probeer jy sê?

Nettie ·

Wat maak oogdruppels dan, as jy dit drink? Dit is die eerste keer wat ek hiervan hoor!

Blommie ·

As iemand paar druppels oog druppels in drankie gooi is jou drankie gespike.
Iets onskuldig word gebruik vir iets duister. Ongelukkig is dit algemene kennis – want dit lyk mos heel onskuldig as iemand oog druppels in hul besit het.

Ek was presies 7 jaar terug slagoffer van drankie spiking insident. God dank my man was saam met my en het my huis toe gevat. Behalwe oogdruppels is daar ook verskeie webblaaie met resepte hoe om mense se drankies te spike, hoeveel van watter bestandele en wat die uitwerking is. (My huis dokter het gesê hy kan my bloedtrek en toetse doen maar behalwe oogdruppels en paar algemene spike dwelms is daar ñ eindelose lys van dwelms waarvoor hulle sal moet soek) Ek is huis toe en het ñ week gevat om mens te word. Ek wens dit nie aan my grootste vyand toe!

Dommie ·

Nou wie op aarde vat ‘n drankie van ‘n vreemde persoon EN sit en drink hom nog in die man se kar ook?Dit nogals NADAT jy nounet geld getrek het? Het dit nerens by jou opgekom dat hierdie vreemde man jou gaan ‘drug’ nie. Nee hoor, daar is nie pille vir domgeit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.