Man glo in Bloem gestenig

Argieffoto

Argieffoto

Die Bloemfontein-polisie ondersoek die moord van ʼn onbekende man in sy 30’s wat moontlik in ʼn bendeverwante voorval gestenig is.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê die man se liggaam is Sondag om 06:00 deur ʼn verbyganger naby die treinspoor in Mannionstraat in Oranjesig aangetref.

“Die oorledene het op sy maag in ʼn plas bloed gelê. Hy het verskeie ernstige wonde aan sy bolyf, gesig en kop opgedoen. Die vermoede bestaan dat hy met stene doodgeslaan is, want vier bebloede stene is langs sy liggaam gevind,” het Marope gesê.

Die man het ʼn blou denim, swart Puma-skoene, ʼn grysblou T-hemp en swart pet aangehad. Daar was ʼn merk met die nommer, 34, op sy regterhand.

Die Parkweg-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Moenie tyd en geld mors op ondersoeke nie.
Die boendoehof het hom skuldig bevind en gestraf.
Niemand van die boendoehof gaan uitpraat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.