Man glo in padwoedevoorval in Pta doodgeskiet

Nooddienspersoneel op die toneel. Foto: Twitter

Nooddienspersoneel op die toneel. Foto: Twitter

ʼn Man is Vrydag doodgeskiet in ʼn beweerde padwoedevoorval in die weste van Pretoria.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 10:00 in Danville naby die Daspoort-tonnel gebeur.

ʼn Man in sy 30s het glo in Wrentmorestraat gery toe hy deur ʼn onbekende wit man in ʼn groen Toyota Hilux-bakkie voorgekeer is. Hy het uit sy Ford Bantam-bakkie geklim en na die Toyota-bakkie gestap. “Die man in die Toyota-bakkie het skielik ʼn skoot afgevuur en die ander bestuurder in sy bors geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Moloto gesê.

Die skieter het van die toneel gevlug en word steeds deur die polisie gesoek.

“Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om na vore te kom met enige inligting wat die polisie met die ondersoek kan help,” het Moloto gesê. Enige inligting kan by die SAPD in Pretoria Wes aangemeld word by 012 327 4961 of by Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Moegvirrassekaart ·

Maroela, julle konsentreer ook nou op ras wanneer dit n blanke is wat die oortreder is. Normaalweg word ras nooit genoem nie en word die oorteders ” mans” genoem.
Julle is net soos die Sionistiese MSM wat gewoonlik anti blank is.

Francois ·

Presies wat ek wou se…Hoekom se julle nie ‘n SWART man was geskiet nie?

Candice ·

Ek dink hy het die berig gelees? Daarvolgens sê hulle dat die moordenaar gesoek word. Rooiman sê hy hoop hulle kry die moordenaar… Of verstaan ek nou verkeerd?

Dave ·

Maroela, hier is vrae gestel wat veronderstel is om beantwoord te word. Ons wag vir jou web-redakteur, ons wag op ‘n antwoord.

Annie ·

Geen persoon sal net n skoot afvuur op n ander nie. Daar is meer aan die storie as wat vertel word…..

Christo ·

n Wit man, maar as daar n ander kleurige misdaad pleeg dan word sy ras nie genoem nie. Pateties!! Dit maak my siek

Asjas ·

Wat is die ras van die man wat geskiet is?? Dis ras van die oortreder word duidelik uitgespel, hoekom nie die slagoffer ook nie? Klink ook nie na padwoede nie maar eerder beplande moord, hy het hom ingewag/voorgekeer?

Streicher ·

Indien van julle wag vir n antwoord van Maroela, gaan julle maande wag. Hulle het om die een of ander rede besluit om van my kommentaar te verwyder. Ek het n email gestuur waarin ek n verduideliking eis, nodeloos om te se, ek wag nog steeds. Sterkte.

Dave ·

Jy’s reg. Maroela teer op advertensie-inkomste en is dus netso vals as al die ander Internet koerante. Hulle teer op toegewings, op kruipers. En ek daag Maroela uit om nie bloot op ‘n ANC-manier my kommentaar te verwyder nie maar daarop te reageer.

Dave ·

Moet vir geen oomblik dink julle leer verniet hier nie. Die Maroeliaanse lotjie score uit advertensies van die EFF, die ANC, en àl wat antie-blank is.

Susan Lombaard ·

Dagsê Dave

Ek wil jou versoek om versigtig te wees met die kommentaar wat jy lewer. Indien jy bewyse het van enige van die genoemde “adverteerders” se advertensies op Maroela Media, is jy welkom om dit vir my te stuur na die kontakadres wat op die webwerf beskikbaar is. Dit sal vir my ‘n groot verrassing wees, en inderdaad heerlik om te weet die genoemde instansies is bereid om hul advertensiebegrotings op Maroela Media te bestee terwyl ons lesers nie juis hul teikenmark is nie.

Advertensies is Maroela Media se hoofbron van inkomste, en is presies die tipe inkomste wat jou in staat stel om jou nuus gratis op Maroela Media te lees. Indien jy vir nuus wil betaal ter wille daarvan om nie die advertensies te sien nie, is jy welkom om so te maak op ander platforms. Intussen sal ons voortdoen soos ons tans doen: Ons betalende adverteerders se advertensies dra, sonder dat dit hoegenaamd ons nuusbenadering beïnvloed.

Groetnis
Susan Lombaard (Redakteur: Maroela Media)

adolf ·

Maroela is vinnig om terug te reageer as ons kla oor hoekom die ras van ‘n plaasaanvalle nie genoem word nie aangesien dit glo nie hulle beleid is nie maar dat ‘n blanke betrokke is is ras glo nie ‘n probleem vir hulle nie. Dit is nog opvallend hoe hulle ras uithou by plaasaanvalle maar nie waar hulle ‘n byt kan inkry nie. Rassisme? ??

Danville Ouderling. ·

Ek is glad nie gelukkig oor julle kleur noem nie. Hoe durf julle sê die Hilux bakkie is GROEN!

WL ·

Ek vir een gee glad nie om wanneer die media die wit kriminele op hul ras uitwys nie. Dit beteken net eenvoudig ons hoef nooit oor die ras van ‘n krimineel te wonder as dit weerhou word nie. Gee ‘n baie duidelike werklikheid van die statistieke.

Peet Schabort ·

Wonder wat sou die kommentaar wees van iemand wat kleurblind is ?
Dalk maak hy op sy reuksintuig staat ?

Susan Lombaard ·

Dagsê Maroela-lesers

Ek vra om verskoning dat ons nou eers reageer op hierdie kommentare. ‘n Groot deel van die Maroela-span was verlede week by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees, en met dié word sommige terugvoer vandag eers hanteer. Maroela Media se beleid is om na ras te verwys wanneer die verwysing na ras ten doel het om ‘n slagoffer of verdagte te help identifiseer. Ons sal byvoorbeeld verwys na ras wanneer ‘n liggaam van ‘n onbekende persoon iewers uitgespoel het, wanneer iemand vermis word of wanneer die polisie op soek is na ‘n verdagte en oor min inligting beskik waarmee die ras geïdentifiseer kan word. In hierdie artikel was die polisie spesifiek op soek na ‘n wit man in ‘n Hilux-bakkie, en dis ras is dus gepubliseer om die publiek te help met inligting wat nodig sou wees om die verdagte te identifiseer. Vorige gevalle waar ons na ras verwys het om te help om ‘n persoon te identifiseer, kan in die volgende twee stories gesien word:
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/polisie-vra-hulp-na-kind-se-naakte-lyk-in-dam-gevind-is/
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/onbekende-man-se-lyk-met-koeelwonde-aangetref/

Daar word beslis nooit in Maroela Media se beriggewing verwys na ras tensy dit a) kernbelangrik is vir die nuuswaarde van die storie of b) dit nodig is om ‘n onbekende persoon te identifiseer nie. Dis deel van Maroela Media se redaksionele beleid waarby die joernaliste streng hou.

Groetnis
Susan Lombaard (Redakteur: Maroela Media)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.