Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê soek- en reddingswerkers en duikers is ook by die soektog betrokke. Volgens Mojapelo was Desmond Fantini (28) en sy vriend, Tebogo Ngonyama (19), op pad na hul huise in Mapuve buite Giyani toe twee gewapende mans hulle voorgekeer het.
Die verdagtes het die mans van R310 beroof. “Die slagoffers is toe glo na die Ritavirivier geneem en gedwing om in die water te gaan. Fantini kon daarin slaag om oor die rivier te swem maar Ngonyama kon nie en het onder die water verdwyn.”
Volgens Mojapelo soek die polisie ook na die twee verdagtes.
Rivier of doodskis????
Wat nou.?????? Ooo ja is n nie blank wat n nie blank ini water gedwung het. Kom niks daarvan nie.
Ai Dirk. Dis mos heeltemal verskillend. Met die doodskis geval was daar mos ‘n video geneem (deur die slim aangeklaagdes self). Hier is iemand vermoor…en niemand het dit afgeneem nie
maak jy dit n issue Dirk. gaan copy en pastedit op jou fb en twitter en oral.
Ek stem saam dirk. Die persoon was nie net skrik op die lyf gejaag nie. Hy is vermoor. Hoop hierdie saak haal ook die wêreld nuus.
Iemand is dood.Het julle geen gevoel of simpatie nie?
Sorry. Fresh out of sympathy.