Man glo in rivier gedwing ná rooftog

Die Ritavirivier. Foto: SAPD

Die Ritavirivier. Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo soek saam met die gemeenskap na ʼn man wat glo nadat hy deur gewapende mans beroof is in ʼn rivier gedwing is en sedertdien verdwyn het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê soek- en reddingswerkers en duikers is ook by die soektog betrokke. Volgens Mojapelo was Desmond Fantini (28) en sy vriend, Tebogo Ngonyama (19), op pad na hul huise in Mapuve buite Giyani toe twee gewapende mans hulle voorgekeer het.

Die verdagtes het die mans van R310 beroof. “Die slagoffers is toe glo na die Ritavirivier geneem en gedwing om in die water te gaan. Fantini kon daarin slaag om oor die rivier te swem maar Ngonyama kon nie en het onder die water verdwyn.”

Volgens Mojapelo soek die polisie ook na die twee verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk ·

Rivier of doodskis????

Wat nou.?????? Ooo ja is n nie blank wat n nie blank ini water gedwung het. Kom niks daarvan nie.

MissDemeanor ·

Ai Dirk. Dis mos heeltemal verskillend. Met die doodskis geval was daar mos ‘n video geneem (deur die slim aangeklaagdes self). Hier is iemand vermoor…en niemand het dit afgeneem nie

snoefie ·

maak jy dit n issue Dirk. gaan copy en pastedit op jou fb en twitter en oral.

Skokkend ·

Ek stem saam dirk. Die persoon was nie net skrik op die lyf gejaag nie. Hy is vermoor. Hoop hierdie saak haal ook die wêreld nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.