Man glo in veld in Pta-woonbuurt verkrag

Die verkragting het glo in dié area plaasgevind. Foto: Google Earth

Die verkragting het glo in dié area plaasgevind. Foto: Google Earth

ʼn Man is glo Woensdagaand in ʼn veld in Rietfontein in die Pretoriase Moot verkrag.

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle ondersoek ʼn saak van verkragting en roof.

Tanya Cassel, wat in 19de Laan woon, het aan Maroela Media gesê hulle het Woensdagaand gesit en televisie kyk toe hul honde erg begin blaf het. Tanya het haar man, Walter, gevra om te gaan kyk wat aangaan. Walter en die egpaar se tuinier, Sam, het ʼn man in die veld oorkant hul huis gesien.
Volgens Tanya het die man vir Walter en Sam gesê om hulle uit te los, want hulle is besig om seks te hê. Walter het ʼn flitslig na hulle geskyn waarna nog ʼn man uit die gras uit opgestaan en sy broek vasgemaak het. Die twee mans het hierna doodluiters weggestap.

Tanya het gesê ʼn derde man het hierna uit die gras uit opgestaan en na Walter-hulle gehardloop en geskree: “Hulle het my verkrag, hulle het my verkrag!” Volgens Tanya was die man vol bloed en het net ʼn T-hemp aangehad.

Die beweerde slagoffer het aan Tanya en haar man gesê hy het huis toe gestap toe hy deur die twee mans oorval is. Hulle het glo sy selfoon en beursie gesteel voordat hulle hom in die veld ingesleep en verkrag het. Die man het ook aan hulle gesê hy is met ʼn baksteen in die gesig geslaan toe hy om hulp probeer roep het.

Volgens Tanya het hulle die buurtwag geskakel waarna ʼn ambulans en die polisie ontbied is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anesta ·

“Walter het ʼn flitslig na hulle geskyn waarna nog ʼn man uit die gras uit opgestaan en sy broer vasgemaak het.” Het die man sy broer vasgemaak??

Asseblief! ·

Ag Anesta, ons het dit almal gelees, maar werklik nie nodig om so ‘n opmerking te maak nie. Ek neem aan dat jy nog nooit ‘n tikfout gemaak het nie?! Lewer meer waardevolle kommentaar. So ‘n verkragting is traumaties, net soos wat dit sou wees indien dit ‘n vrou was. Ek hoop die barbare word gevang en uit die samelewing verwyder, want hulle is ‘n bedreiging vir almal. Siek en boos! Ek is net dankbaar dat die man met sy lewe daarvan afgekom het. Bravo vir parate honde en Walter wat die moed gehad het ondersoek in te stel. Laat my ook die waarde van ‘n sterk flitslig besef.

Dave ·

Snert ‘Asseblief’ (swak skuilnaam kon jy nie ‘n beter een uitdink?) ek stem saam met Anesta. As die media nuus wil oordra behoort dit behoorlik en met geloofbare besonderhede vertel word.

Eliza-beth ·

Soos ek voorheen op ‘n soortgelyk berig waar ‘n vrou by ‘n myn in Rustenburg verkrag het gesê het dis ‘n wandaad wat nie bhoorlik gestraf word of dit nou vrou, man, kind of watter kleur ookal is, verkragtig is ‘n vieslike en lae daad. Die straf wat deesdae hiervoor gegee word is NOOIT ooit genoeg nie, dis hoekom dit al ‘n epidemie geword het.

BK ·

Wat de hel gaan in die Moot aan??? Ons bly in Wonderboom-Suid en het Maandag oggend 5am EN gister oggend 3am “besoekers” gehad! Gelukkig het die honde mal gegaan buite net voor my dogter wou gaan gym toe sy die flitsie buite sien en toe hardloop hulle en ek kon my alarm betyds laat afgaan gister oggend nadat hulle aan die diefwering geruk het. My buurmanne het kom help maar hulle was reeds weg….die polisie was n uur later steeds nie daar nadat ek hulle gebel het nie…ons is op ons eie mense!

EMK ·

BK – sterkte vir julle ouens, staan saam, kry buurtwag ens aan die gang. Jy is reg ons is eintlik maar op onsself aangewese.

Jakes ·

Klink ‘dodgy’ as daar enigsins twyfel is, wat van ‘n poligraaf ? Kan baie moeite en tyd spaar. SAPD moet begin aan beweeg, komaan gebruik hulpbronne. Binne die SAPD doen verskeie lede poligraaf toetse, gebruik hulle.

kt ·

En wie dink jy maak jou opinie so gewigtig. Nou word die arme slagoffer nog beledig ook. Onsensitief.

Charlene ·

Shoe! Maar ons het heiliges in ons midde wat nog nooit `n fout gemaak het nie. Kan jy nou meer al waaroor hulle bekommerd is, is taal foute en spel foute. Die arme man wat verkrag is, dis die laaste ding waaroor hulle nou hulle koppe gaan breek. Nee ons moet almal se foute liewers uitwys! Ek hoop werklik waar die man wat verkrag is kry die nodige hulp om oor die traumatiese ding te kom. NIEMAND verdien dit nie, man of vrou. Ek hoop ook die barbare word gevang, en dan moet wat pla afgesny word.

Piet Pompies ·

And I quote: “Afghan Court Sentences 7 Men to Death for Gang Rape “, “An Indian court has sentenced four men to death for the gang rape and murder of a student in the capital”, “Nelspruit – A Mpumalanga rapist who was released on parole in 2012 has been sentenced to another 17 years in prison after pleading guilty to raping two women six months after being freed”

ANGEL ·

Kastreet al wat man is wat verkrag. Sny af wat pla sodat hulle nie weer kan verkrag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.