Man glo met 20 renosterhorings by lughawe betrap

Foto verskaf deur die Valke

ʼn 38-jarige man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het in ʼn verklaring gesê die verdagte is Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe voorgekeer toe hy glo op pad was na die Verenigde Arabiese Emirate.

“Altesaam 20 renosterhorings van omtrent 30 kg is in die verdagte se bagasie gevind,” het Mulamu bygevoeg. “Hy is dadelik in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklag van die onwettige besit van renosterhorings en oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur.”

Foto verskaf deur die Valke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Dis dieselfde as met koperkabels. Solank daar ‘n afset gebied is sal dit nooit ophou nie. Alles gaan oor geld, swaar strawwe maak hulle nie eers bang nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoe daag jy op by ‘n lughawe met 20 renosterhorings in jou tasse….en dink jy gaan nie gevang word as daardie tasse geskandeer word nie? IK van 70??

Seemonster ·

Sjoe Sopbeen.
Jy is darem baie rojaal met ik punte vir hierdie swernoot . . .

Chris Ws ·

Ek hoop die Valke gaan inligting by hom kry oor waar en hoe hy daai groot aantal renosterhorings bekom het en dat daar nog persone gearresteer gaan word.Hy’s duidelik nie aleen in die’ bedryf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.