Man glo met byna R7 miljoen kontant by OR Tambo betrap

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem met byna R7 miljoen kontant in Amerikaanse en Suid-Afrikaanse geldeenheid in sy besit.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê danksy ʼn geïntegreerde plan en gebaseer op inligting, is die bagasie, wat vermoedelik kontant bevat het wat die man nie verklaar het nie, Vrydag by die lughawe onderskep.

“Nadat die span bevestig het dat die bagasie wel ʼn bedrag van $199 300 en R4 500 400 (altesaam meer as R6,99 miljoen) bevat, is die man in hegtenis geneem en hulle het hom verhoed om na Mauritius te vertrek,” het Naidoo verduidelik.

Die man sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van die oortreding van die Doeane- en Aksynswet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LouE ·

Dis kleingeld. Hy moes dalk net deursoekings-komissie betaal het. As dit sy eie wettige geld is dan het ek simpatie met hom.

Vraagteken ·

Jy mag nie soveel kontant in jou besit hê as jy reis nie.

Cherokee ·

As die geld syne is en eerlik verdien is, is dit syne en nie die van die regering. Valuta beheer wat mense beperk op hoeveel van eie geld landuit geneem mag word, is onregverdig. Al wat van belang behoort te wees, is of dit eerlike geld is.

Johann cb ·

Verskoon die dom vraag asseblief, maar as die geld aan “niemand” behoort nie en daar word beslag gelê, na wie gaan die geld uiteindelik? Die sogenaamde “skelm”, of ons regering?

Cherokee ·

Alle geld behoort altyd aan iemand behalwe miskien die Kruger-miljoene.
As die regering die geld konfiskeer sal dit seker gebruik word om plaasaanvalle te beveg (nee..ek hoor wat jy sê!! Nie te finansier nie maar te beveg! :-)

Oom Kalahari ·

@Mielie, dalk is jou antw baie naby aan die waarheid. Dit is dalk die Zumpies of Guppies note wat so stelselmatig uitgevoer word. Wie weet?

Michael ·

Sie daar!! transito rooftogte 7 miljoen ek wonder maar net. mielie dit is iets om oor te wonder.

SjN ·

Om op 27 jaar soveel te verdien moet jy vir g en z pty limited ondergronds werk, ongelukkig is hy gevang deur doane, shame

John ·

Doofmiddels…. en $€£¥₩ in die reistasse… Wat is in Tambo se tassie? Maroela kan dalk vir ons ‘n sketsie maak en ‘n x-straal blik in reisigerstasse op die lughawe. Dit behoort groot plesier te verskaf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.