Man glo met dwelmmiddels van R1.5 miljoen betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy met die dwelmmiddel “cat” met ʼn straatwaarde van R1.5 miljoen betrap is.

“Die 34-jarige man is omstreeks 08:00 in hegtenis geneem toe ʼn skoenboks met die dwelmmiddels in ʼn kas in sy huis in Pollakpark opgespoor is,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. Die metropolisie het reageer op ʼn wenk van een van die besorgde inwoners.

Die polisie het beslag gelê op agt plastieksakkies so groot soos tennisballe met die cat daarin.

Die man, van Nigerië, staan tereg op aanklag van die besit van dwelmmiddels en handeldryf in onwettige middels. Hy sal binnekort in die Springs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Wonder of dit nou ook in die Metropolisie se besit gevind gaan word, of wat gaan daarvan word (maar net weer herverkoop word?)

scalla ·

Wat word bedoel met betrap, se eerder die skelm bl…….m is gevang!!!!

Eish! ·

Neeeeeee vals! Hoekom nie reguit die waarheid nie? Man van Nigerië, wat in Springs woonagtig is. Dit klink beter en meer waar sou ek dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.