ʼn Man van Sao Paulo is Donderdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo met kokaïen betrap ter waarde van meer as R2 miljoen.
“Die man was op pad na Mosambiek,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, gesê. “Sy bagasie, wat hy ingedien het, is deursoek en twee rugsakke was daarin versteek. Dit het wit poeier bevat wat later bevestig is as kokaïen.”
Volgens Memela was daar 8,4 kg kokaïen ter waarde van R2 341 000 in die bagasie versteek.
“Die man en sy bagasie is aan die polisie oorgegee vir verdere ondersoek,” het hy gesê.
Hier moet baie mense in Suid-Afrika wees wat gevaarlike dwelms gebruik. Hoekom op aarde is die Narkotika Buro gesluit? Ek dog dit sou weer in werking gestel word,
Ek wonder wat gebeur nou met die kokaïne.? Hoop nie dit word nog steeds verkoop nie. Dwelms is n euwel in hierdie land.
Engels sé dit so reguit DEMAND vs SUPPLY vs PRICE.
Daar skiet die pryse die hoogtes in…
Verbruikers moet ‘n “generies” kry
Generies se prys is reg… verbruiker swaai… dis waar die lelike dinge kop uitsteek… Tik, Krokodil, ens
Terloops, die “transporter” was oppad na Mosambiek, nie SA nie, en dit beteken, die besending was 99.9% vir die Ooste bedoel… #JustSaying