Man glo met onverwerkte goud van R50 miljoen betrap

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het ʼn 31-jarige man in hegtenis geneem toe onverwerkte goud van R50 miljoen glo in sy besit gevind is.

“Die onverwerkte goud was in die man se motor se enjinkompartement versteek,” het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die Valke het die man Maandagaand in Springs in hegtenis geneem, nadat hulle inligting ontvang het oor ʼn voertuig wat gebruik word om goud van Noordwes na Gauteng te smokkel.”

Die verdagte het glo alleen in ʼn silwerkleurige Audi A6 gery toe die Valke hom voorgekeer het. “Toe hulle die motor deursoek, het hulle die goud in die Audi se enjinkompartement gevind,” het Rikhotso bygevoeg. “Die polisie het beslag gelê op die goud.”

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Springs-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die ondersoekspan geloof en verduidelik die inhegtenisneming hou nou verband met ʼn voortslepende sindikaatondersoek deur die Valke. “Ons het ʼn paar weke gelede ʼn dwelmlaboratorium in Johannesburg gesluit en verlede week het ons drie sindikate landswyd oopgevlek. Die Valke sal nie rus voor elke misdadiger agter tralies is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

vierkleur ·

Stem 100%. begin by die vernaamste misdadigers,wat aan ons almal beken is.

Paull ·

Eers die dag as die Valke die land se grootste skelm vir altyd toesluit, kan ons hulle glo.

christine ·

Ne elke misdadiger en wat dan more loop hulle weer soos werfhoenders rond en verpes ander se lewens. Lyk my gevangenis het nie kos vir almal nie dan gaan hulle as gevolg hiervan

Frederik ·

Ek moet dit noem: Toe Nammawan vir Ntlemeza as hoof van die Valke aangestel het, was ek nie beindruk nie. Maar hoe langer hy in die pos is, hoe beter doen die Valke. Hy en sy span het darem in die laaste paar weke ‘n paar lelike katneste oopgekrap. Hul neem ook al hoe meer sake by die hopelose SAPS oor en behaal groot sukses daarmee.
Dis net jammer dat Ntlemeza weier om sake te ondersoek waarby Nammawan self, sy massiewe familie en/of vriende betrokke is. Dit is juis daaroor dat hy en Booysen van Natal haaks is.

Carel ·

Hoe lank moes hy werk om R50 miljoen se goud bymekaar te kry? En uiteindelik vang hulle die man op ‘n wenk wat iemand hulle gee, anders was daar geen inhegtenisname nie! Nog ‘n bewys dat die polisie aan die slaap is en dit terwyl die hele land se zama-zamas aktief besig is om goud in elke myne te steel. Hoogtyd dat die polisie uit hulle comfort zone klim en begin werk.

Danie ·

Kan jou brief gee dit is nie lank werk om dit bymekaar te maak nie. Die man is deel van ‘n sindikaat wat al weet hoe om dit te doen.
Daar is “algemene kennis” dit myne tussen 10 en 20% van hul produksie maandeliks verloor agv diefstal. Al die sekuriteit maatreels wat ingestel word werk net tot daar ‘n manier gevind word om dit te omseil, wat gewoonlik nie lank is nie.
Myne produseer ‘n paar 100kg tot paar ton maandeliks – maak self die somme

snoefie ·

R50miljoen se onverwerkte goud in n voertuig se engin se kompartement? WOLHAAR STORIE!!! weet julle hoeveel goud is dit? jy sal n trok of twee nodig he. by n goudverwerkings aanleg sal sekuriteit so skerp wees, jy sal nie eers n lee muntesakkie daar in of uit neem nie. niemand sien n stralekrans met die stukkie propaganda.

snoefie ·

ekskuus. weet julle hoeveel STOF sal R50miljoen se onverwerkte giud wees? die storie is blite wensdenkery.

Arak ·

Ja ons weet, dit is omtrent 80kg goud. Kan maklik in ‘n kar versteek word.

Paul ·

Doen gerus die som self, Carel.

R50 miljoen se suiwer goud is teen vandag se pryse sowat 78 kilogram goud. Die digtheid van goud is 19,3 gram per kubieke sentimeter.
‘n Standaard 1 kilogram goudstaaf is 115,5 millimeter lank, 52,5 millimeter breed en 9,2 millimeter dik. Dis kleiner as ‘n iPhone 5.

78 kilogram goud sal inpas in ‘n blok van slegs 16 sentimeter aan elke kant.

Paull ·

Teen die goudprys en wisselkoers 15h00 vandag is dit 78,626 kg of 4,074 liter goud. Nie so moeilik om dit weg te steek nie.

Paul ·

Ja, dis ‘n goeie manier om dit te visualiseer. Soveel goud soos agt 500ml koeldrankbotteltjies. As jy agt 500ml bottels onder jou kar se enjinkap kan wegsteek, kan jy 78kg goud daar wegsteek.

Boeta Wessels ·

Al is dit R10000-00 of R50miljoen rand se goud….. Sluit die bul toe. Dis defnitief nie sy eerste keer nie.

Quin ·

Daar is 35374 onse in 1 Kg. Prys van goud is $1321.60/ once, of $46’618.40/ Kg (R700’208.36/Kg). Dis m.a.w, so 71Kg skoon goud stof wat hy versteek het (as mens sou aanneem dat dit suiwer is). In volume is dit nie baie goud nie. As ek dit kan kry sal ek dit in my motorfiets kan verteek!

Paul ·

Jou som is nie heeltemal reg nie, Quin. Daar is 32,154 onse in een kilogram goud, nie 35,374 nie (lyk of jy ‘n desimale komma weggelaat het).
Goud word gemeet in “troy ounces” wat anders as gewone onse is. Een fynons is gelyk aan 31,1 gram, terwyl een gewone ons gelyk is aan 28,35 gram.
Daar is dus 32,154 onse goud in een kilogram. Teen die huidige randprys van goud per ons van R19820 is R50 miljoen se goud dus 2522,7 onse, wat sowat 78,5 kilogram weeg.

Jy is reg dat dié hoeveelheid goud, gegewe dat dit suiwer is, relatief maklik versteek sou kon word. Goud se digtheid is 19,3 gram per kubieke sentimeter. Dus sal 78,5 kilogram goud, sowat 4067 kubieke sentimeter volmaak. Dit is maar slegs ‘n blok van sowat 16 sentimeter aan elke kant. Kleiner as ‘n gewone sokkerbal.

Ruthger vasn Broekhuizen ·

Paul en Quin, julle is beide korrek dit sal hoogstens twee skoendose se spasie opneem.

snoefie ·

suiwer goud ja. maar indien ek dit nie mis het nie norm die berig pertinent onverwerkte goud.

Paul ·

Daar is verskillende vorme van “onverwerkte goud”.
Die woord wat Maroela hier as “onverwerkte” vertaal het, was waarskynlik “unwrought”. Dit het in Suid-Afrika ‘n tegniese betekenis. Dit kan wel goud met ‘n suiwerheid van 99,89% insluit en steeds “unwrought gold” wees.

Met ander woorde, as jy gouderts vat en dit verwerk tot ‘n konsentrasie van 99,8% goud, en jy smelt dit en giet dit in ‘n staaf, dan is dit tegnies volgens die Suid-Afrikaanse wetlike definisie steeds “onverwerkte goud” (unwrought gold).
Volgens die wet is dit onwettig om “onverwerkte goud” te besit sonder ‘n lisensie in Suid-Afrika.

Karolis ·

Maar ek lees net van onverwerkte goud en dit verander die som se formule effens.
Sogenaamde “nuggets” is mos ook onverwerkte goud.

Piet Pompies ·

Sjoe, ek is bly ek was opgehou by die robot met my wit Audi deur die Metro polisie, anders was ek my 50kg goud kwyt…. lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.