Man glo op plaas geskiet: ‘Staat het sterk saak’

Betogers buite die Brits-landdroshof waar Matthew Benson verskyn het. Foto: Molaole Montsho/ANA

Die Brits-landdroshof in Noordwes het Vrydag gehoor die staat het ʼn sterk saak teen Matthew Benson (24), die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man geskiet het wat glo skrootmetaal op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing gesteel het.

Die staat voer aan Benson het Tebogo Ndlovu op 2 Augustus geskiet terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans skrootmetaal gesteel het. Volgens die polisie se voorlopige ondersoek is Ndlovu gewond en het sy twee makkers hom agtergelaat en van die plaas gevlug. Ndlovu is nooit weer gesien nie. Die saak is twee dae later by die polisie aangemeld.

Benson staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

Lt.kol. Isaac Tlhapi het Vrydag aan die hof gesê die staat het ʼn sterk saak teen Benson. Hy het gesê die bloed wat op die toneel gevind is, het positief getoets toe dit met bloed van Ndlovu se ma vergelyk is. “Die patroondoppies wat op die toneel gevind is, stem ook ooreen met die 9 mm-pistool waarop daar op die plaas beslag gelê is,” het Tlhapi gesê. Die vuurwapen behoort aan Benson se pa.

Tlhapi het aan die hof gesê Ndlovu en sy twee vriende het na die plaas toe gegaan met die voorneme om skrootmetaal te steel wat hulle kan verkoop. “Terwyl hulle op die plaas was, het die beskuldigde hulle gesien. Hulle het weggehardloop en hy het op hulle geskiet, en die slagoffer [Ndlovu] is gewond. Die twee mans het hom gedra, maar het hom agtergelaat omdat hy te swaar was en die beskuldigde hulle gejaag het.”

Tlhapi het gesê die twee mans het by ʼn berg opgehardloop en toe hulle terugkyk na die plek waar hulle Ndlovu agtergelaat het, het hulle ʼn bussie, ʼn trekker, ʼn sleepwa en ongeveer ses mense gesien. Volgens Tlhapi het hulle ʼn wit man en ʼn swart man op die toneel gesien.

Hulle het vir Ndlovu se ma van die voorval vertel, maar sy het die saak eers op 3 Augustus by die Mooinooi-polisiestasie aangemeld. ʼn Vermistepersoonsaak en saak van poging tot moord is toe aanhangig gemaak.

Jeff Moyo, Benson se regsverteenwoordiger, het aangevoer dit is in die belang van geregtigheid dat Benson op borgtog vrygelaat word. Hy het gesê Benson sal nie sy verhoor ontduik nie en sal ook nie met die ondersoek of enige getuies inmeng nie.

“Die beskuldigde sal nie vlug nie. Sy meisie is ʼn lid van die polisie in Hartbeespoortdam. Hy kan nie vlug nie. Hy het meer as genoeg tyd gehad om dit te doen van die dag van die voorval totdat hy op 16 September in hegtenis geneem is. Hy het deurentyd sy samewerking aan die polisie gegee en was beskikbaar elke keer wat die polisie hom nodig gehad het.”

Moyo het aan die hof gesê selfs toe die polisie Benson na die polisiestasie ontbied het omdat hulle hom wou aankla, het hy nie teëgestribbel nie. “Hy het op 16 September by die polisie aangemeld, dieselfde dag as sy meisie se 21ste verjaarsdag. Hulle het lankal beplan om die dag saam te vier, maar hy het aan die polisie se opdrag voldoen en homself oorgegee.”

Tlhapi het aan die hof gesê die polisie se ondersoek is steeds aan die gang en die mense op die toneel moet nog opgespoor word. “Ons soek nog steeds na die slagoffer,” het hy gesê.

Benson is van voorneme om skuld op die aanklagte teen hom te ontken en het aangebied om R2 000 borgtog te betaal.

Die saak is tot 27 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Adam ·

Dit is in elk geval bykans totaal irrelevant, maar die storie oor die bloedtoets laat enige persoon met regskennis ril. Bloedtoetse kan net positief uitsluit , maar nie positief insluit nie. DNA toetse word vir daardie doel benodig en daar is geen kans dat die SAPS sulke toetse so vinnig in SA gedoen sal kry nie. Dit wil ook voorkom of die manne se sig merkwaardig goed is.

Balkie ·

Wonder ek ook Jan? En die krokkodille wat ook eens te sprake was. Ai jai!

Adriaan ·

Die bewyse klink maar baie circumstantial. As die polisie maar so ywerig was om teen plaas moorde en grond besettings op te tree …

Cherokee ·

Kommentaar meer oorspronklik en nie bloot herhalend agter ander aan nie.

Alida ·

O ja en die ander het nou kwansuis “gesien” daar was n bakkie en sleepwa. TWAK man. As Benson n slim prokureur het druk hy die hele spul leuens in n blik. Die arme man word onregmatig aangehou maar die gemeenskap dreig nou seker die polisie as hulle vrylaat. Walglik

Chris Ws ·

Ek kul jou hier, kul jou daar en siedaar : lemoene verander in ysters!

Vergelyking ·

Soos die bloed en die patroondoppies is daar seker ook ‘n ooreenkoms tussen lemoene en skrootyster? Gelukkig word daar nêrens gemeld van doodskiste. Borgtog sal ook afhang van wat die publiek daaroor besluit.

Rassie ·

Ons is mos wit en daarby Afrikaans. As jy swart is mag jy doen net wat jy wil en die Gereg is aan jou kant!

Nico ·

Hoekom is hul nie aangekla vir diefstal nie, hul erken dan hul het gaan steel, en hoe kan dit moord wees as daar nie n lyk is nie? Eers was dit lemoene…. nou scrap? Wats volgende? Gegaan om nog n plaasmoord te pleeg? Klink maar vir my of staat na bubbles hap!!!

Frederik ·

Die bloed is ook seker laat toets by die “clinic’, want die polisie se laboratorium is maande agter met hul werk. Maar die staat het ‘n sterk saak. Afrika IK.

stella ·

Ek het nou amper aan myself getwyfel toe ek lees van yster, want ek dog dis lemoene. Was ek nou bly toe ek die kommentaar lees. ha ha ha.

SjN ·

Lemoene verander in skroot, gaan seker sê dat hul ystervarke besoek het om te verkoop as scrap metal, wat soek hul daar.

Boet Fasie ·

Skroot op die plaas, – wat hulle sien as skroot is waarkynlik nie virb die boer skroot nie. Is dele van sy implimente en toerusting skroot. Is sy lemoene , vrugte en skape of wat ook al, skroot. Dit is die boer. se toerusting en gereedskap wat dagliks gesteel en as skroot verkoop word. Hoekom word die persone wat gesteelbl het nie vervolg vir diefstal nie, kan hulle nie dalk ook veranwoordelik wees vir die verdwyning van Ndlovu nie. Hulle was voor sy verdwyning die laaste in aanraking met die beweerde slagoffer Ndlovu en het hom ook die laaste gesien. Waar steek hulle hom weg of het hy gevlug om klagtes van dietal vry te spring – Vra net

Marius Van Zyl ·

Boet Fasie, Ek stem saam met jou 100% Of die wet moet se klop aan my deur en as ek oop maak se ek kom (steel) jammer neem u goedere en jy kan niks aan my doen nie want ek was mos beleeft!!!

Siek en Sat ·

Jy kon nou niks beter gestel het nie. Moord sonder n lyk is nou deesdae die in ding. As hy n goeie prokureer het sal hy sy klient los kry maaaar, gaan die “publiek” dit aanvaar?

Eddie ·

Ek wonder wat sal gebeur as daar ‘n wet ingestel word van shoot on sight as iemand op JOU perseel is sonder toestemming. Sal nooit gebeur nie want gatgabbas weet hulle bevolking sal baie verminder

hannes marais ·

waars die brits boere gemeenskap wat vir matthew benson moet ondersteun

Christo ·

Afrikaners ‘steun’ jou in ‘n saak want ONS STAAN AGTER JOU. Beesmis, man staan LANGS my en SAAM met my. Ek vertrou net die Here en myself.

Boerseun ·

Haha sterk saak? Hoe kan jy van moord aangkla word as daar nie n lyk is nie?

m.d.r ·

Ek wonder of nog enigsins kan praat van ‘n onafhanklike regbank ?

Let maar op hoedat Blanke beskuldigdes sukkel om borgtog te kry as gevolg van druk deur die gepeupel…!
Coligny, die doodskis saak, die KFC saak en nou hierdie saak—die beskuldigdes word borgtog geweier omdat die gepeupel buite die hof dit eis.
Die regsbeampte in die KFC saak het dit trouens reguit gestel. dat borgtog geweier word omdat die “mense nie daarvan sal hou nie…”

Dis nou Boendoe howe –niks anders nie..!!

Ek ·

Wat van dr Emslie wat dood geskiet is waarom betoog hulle nir daar ook nie. Sal sekerlik sy moordenaars nooit vang as hulle wel om oëverblindery gevang word sal hulle medaljes kry vir uitstekende werk. Nog ‘n witgesin verwoes. Hierdie arme Beson gaan geen genade kry nie want hy is wit.

Boet Fasie ·

Die manne klink vir my was lekker gerook gewees , hulle het gaan lemoene steel en toe steel hulle maar skroot yster en die boer wou hulle vir die krokkewane voer. Verder het hulle van die berg af die boer met ‘n trekker , sleepwae en ‘ n bussie gesien en nog mense gesien nadat hulle weg gehardloop het. Dink regtig die pyp wat hulle gemaak het, het hulle lekker geklap.

Peet J ·

Die bloed wat op die terrein gevind is het positief getoets met die bloed van Ndlovu se ma.
Ek twyfel nou aan die stelling want die bloedmonsters is eers ‘n dag na die gebeure vanaf die terrein verkry, verder, die bloedlyn word van die pa bekom m.a.w. die kinders se bloedlyn moet ooreenstem met die bloed van die pa en nie die van die ma nie.

Domvraag ·

Eers was dit lemoene steel, nou skroot en was dit nie dalk eerder om die boer te vermoor nie??
Word hulle ook aangekla van poging tot diefstel, onwettige betreding en moontlike roof en moord??

Peet J ·

Ek sien nou net die laaste paragraaf sê die toneelstuk is uitgestel tot die 27 September want hulle soek nog na die toneelspelers en die lyk.

Josua Keys ·

Die boer moet net sê hy hulle aangesien as bobbejane wat sy vrugte wou vat en toe het hy hulle so bietjie verwilder, as hulle kan lieg kan hy ook seker maar sy storie opdis. Of nog beter, sy prokureur kan sê dat sy klient het hulle aangesien as ystervarke tussen die skroot meteriaal en wou hulle net verwilder van sy plaas af.

Elize ·

Ons boer en word bankrot gesteel,meters net word uit ons nethuise gesny,drupperlyne uit nethuise gesteel,2laptops uit n plaaskantoor gesteel terwyl hulle groente koop by n boer en nadat dit op kamera gesien word wie dit was,daag hulle weer op om nog groente te koop.na konfrontasie sê dief hy sal dit terug bring as daar ni n saak gemaak word nie–wat die speurder ten volle aanbeveel–ons raak moeg om te probeer boer!!!hoe verdedig ons ons eiendom want di polisie isnie daar nie?pompe,diesel,ysters,groente,sinke,noem maar op,alles word weggedra en ons moet bly koop en vervang ,dis droogte en wette en reëla word op ons afgedwing-dis Wieta ,Fairtrade,Eurogap,ons moet kontrakte vir alles sluit met arbeiders maar dit is net op diboer van toepassing.prokureurs moet aangestel word om hul uit n huis te kry op di plaas al is daar n kontrak gesluit met di huurder wat hy ni nakom-boer is in my man se are en hy verskaf werk en is n sielkundige huweliksberader opvoeder trooster opheffer ekonoom vir sy mense,maar staan alleen in sy stryd om te oorleef teen di krimenele!!di vreugde en bevredigig van boer het verander inn oorlewingstryd!!Ek bid dat God my boer sal seën met vasbyt en genade…

Leahim ·

Elize praat hier van rowers,onbevoegde polisie diskriminasie ens alles wat elke dag op groot skaal in SA gebeur ons boikot spur en jacaranda maar as die lastige karwag aandring op geld dan gee ons ons verskaf werk kos ens en dit is die dank …..hou op jou geld weggee gebruik dit om jouself te beveilig stel net die nodigste hulp aan

Boet Fasie ·

En ewe skielik het die staat ‘n betroubare getuie, ‘n plaasboer wat alles weet en bloed wat vergelyk met die ma s’n – hel hoe gerieflik , glo nie boer het onken dat op hulle geskiet het nie, maar ek glo nie Mdluvo is dood nie, solank hulle hom nie lewendig kry nie kan hy ( Mdluvo ) nie aangekla word van diefstal nie.

Liela ·

Ons boer en is moedeloos gesteel.meters nette word uit ons nethuise gesny,kilomers drupperlyne word gevat snags vir beproeiing in tuine in die township,sinke,pompe,groente wat verkoop word in die dorp . n plaas kantoor word 2laptops gesteel terwyl hulle kastig groente koop,op kameras word gesien wie dit is en di polisie daag op.En di diewe kom wragtag n uur later terug om weer groente te koop!in di konfrontasie sê die dief dat hy laptops sal teruggee as daar nie n saak gemaak word nie,waarmee die speurder heelhartig saamstem en di boer aanbeveel om te doen!!!hoe moet ons ons goed beskerm???ons is op ons self aangewese om dit te doen maar bly dan die skuldiges!Daar is soveel reëls en weet vir ons,dis Fairtrade,Wieta,Eurogap wat afgedwing word anders verkoop jou produkte nie,werks en huurkontrakte met jou arbeiders maar dit geld net vir die boer-as jy iemand van die plaas af wil hê en uit n huis moet jy ten duurste n prokureur aanstel al oortree die arbeider die ooreenkoms wat julle aangegaan het.di vreuge en bevrediging is uit boerdery.My man is opvoeder raadgewer vader ekonoom opheffer vir sy mense op die plaas,maar hy staan alleen en veg teen die oormag van krimenele.Ek bid dat die Here hom sal genadig wees en sal seën met uithou en aanhou,want ons is boere,3geslagte al-ons weet ni wat om anders te doen nie!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Bly weg van die verskoning dat die boer hom misgis het en gedink het die boewe is bobbejane. DIS DISKRIMINASIE en dan word hy nog aangekeer soos mev Sparrow in Margate! Het ons HAAR al vergeet?

Boet Fasie ·

Sarie is dit dan ook nie diskriminasie as daar na ons verwys word as paddas nie. Kyk ‘n padda is ‘n slymmerige gedierte so dit klink vir my totaal en al beledigend en onaanvaarbaar.

Peet J ·

Liela en Elize ek simpatiseer met julle , die kriminele het al my elektriesegereedskap wat ek in my stoor geberg het een nag gesteel nadat hulle die stoor oopgebreek het my skaap en bokke het ek maar verkoop die kabel van my waterpomp 30 meter ook uit die grond geruk my Mazda bakkie gesteel toe ek inkopies gedoen het geen assuransie alles net ‘n dooie verlies ek probeer om my kleinhoewe te verkoop is nie die moeite werd om goed aan te hou vir ander om te steel nie.

fred ·

Tipies sa misdadigers word beskerm  en het meer regte as die getroue landsburgers ,deur die gemors word ons ook as misdadegers gebrandmerk,niemand het reg om ander se goed testeel nie.of hul perseel te betree nie.asb. verander sa se naam na ‘n swart naam,dit sal meer toepaslik wees.

fred ·

Pleks van dat die reg na belangriker dinge kyk soos plaas moorde,wat voedselsekerheid bedreig.beste van alles die anc moet waai,DA die GARDIAN ANGLE van sa,sonder hulle sal sa verdwyn

BAREND ·

hulle het gesteel ,of noem n mens dit nie maar plunder nie

PJC ·

Solank daar by enige moordklag nie ń lyk is nie is die kanse vir ń skuldigbevinding maar skraal. Hoop meer mense neem kennis hiervan.

Boet Fasie ·

PJC -feit is ons Suid Afrikaners moet meer pro-aktief dink en herwinning en her- gebruik moet deel vorm van ons daaglikse lewens. Niks verkeerd om op die plaas so leeu en ‘n paar krokkedille aan te hou nie, baie oorskiet vleis wat mens vir hulle kan voer, wat van ‘n geblikte inbreker / plaasaanvaller

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.