Man glo uit bewegende trein gegooi

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 40-jarige man is ernstig beseer toe hy Dinsdagmiddag glo uit ʼn bewegende trein naby Brackenfell-treinstasie in Kaapstad gegooi is.

“Paramedici is ontbied nadat die man se vriend glo die voorval sien gebeur het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Plaaslike owerhede het die verkeer op al die spore gestop om paramedici die geleentheid te bied om by die pasiënt, wat langs die treinspoor gelê het, uit te kom.

“Die man het ernstige beserings aan sy bene en een van sy arms opgedoen,” het Meiring bygevoeg. “Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Mediclinic Cape Gate geneem vir dringende behandeling.”

Verdere besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.