Man glo uit weerwraak vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man vroeër vandeesmaand in sy huis doodgeskiet is, vermoedelik om te verhoed dat hy teen twee vermeende kapers in die hof getuig.

Die Oos-Kaapse polisie het in ʼn verklaring gesê drie mans en ʼn vrou is Donderdag in Zwide naby New Brighton in hegtenis geneem in verband met die moord op Yandile Mbaza (43). Mbaza het die aand van 5 Maart by sy huis aandete geëet, toe verdagtes by sy voordeur ingebars en hom doodgeskiet het.

Volgens die polisie was Mbaza die klaer in ʼn kapingsaak nadat sy voertuig op 1 November 2016 in sy oprit gekaap is. Luvuyo Kwatsha (26) en Zolani Nonyathi (25) is op 4 November in verband met die kaping in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding in die St Albans-gevangenis in Port Elizabeth.

“Kwatsha en Nonyathi sal in April weer in die hof verskyn. Die polisie het ʼn sterk vermoede gehad dat [Mbaza se dood] ʼn getuie-moord was en dit is deur die Trio-taakspan ondersoek. Die inhegtenisnemings word as ʼn deurbraak in die saak gesien,” het die verklaring gelui.

Die drie mans, onderskeidelik 17, 24 en 25 jaar oud en die 23-jarige vrou sal Maandag in die New Brighton-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tamboti ·

Regering het toegelaat dat misdaad netwerk baie sterk gevestig het, ‘n goed ge-oliede masjien volstoom op pad.

AL ·

Die misdaadgolf sal baie baie ernstig aangespreek word – tesame met belaglike lig vonnisse wat opgelê word.
So kan dit eenvoudig nie aangaan nie.
Dis ons REG as belastingbetalers om in n lae misdaadsyfer land te bly!

Marietjie ·

Ek stem verseker saam dat die misdaadgolf baie ernstig aangespreek moet word maar teen die tyd weet ons mos darem ook al dat dit nie gaan gebeur nie. Ons is belastingbetalers wat moet verseker dat ons regering in weelde lewe en hulle die beste voertuie en weelderige huise het, eersteklas die wereld vol vlieg en in die beste hotelle tuis gaan. Ons belastinggeld hou geen voordeel vir ons in nie, alles is in verval en vuil en morsig en meeste van die staatsinstansies werk nie eers meer nie, staatshospitale sal ek nie eers my hond vat vir `n inspuiting nie want dis morsig en glad nie geskik vir `n mens nie. Ons enigste reg is om elke aand ons seeninge te tel dat ons hele gesin weer veilig tuis is en om elke oggend dankbaar te wees vir `n veilige nag wat ons gegun was. Ons het geen regte meer nie…ons gaan werk elke dag getrou en voorsien vir ons gesinne en sit maar elke dag en wag om ook een of ander tyd deel van die statistiek te word. Dit is hoe minimal ons regte as belastingbetalers nou is en ons mag niks sê in teenstand nie want dan word arme Oom Jan van Riebeeck en die hele geskiedenis opgerakel omdat hulle nie enige werklike argumente het nie. Die probleme het mos by arme Oom Jan begin en nie een van hulle kon nou al aan `n beter verwyt dink nie.

Skim ·

Dit kom daarvan as die REGERING en POLISIE dink plaasmoorde is ‘n grap en verdien nie aandag nie. DIESELFDE moordenaars vermoor ook swartes, indiers en bruinmense. MAAR terwyl almal nou lekker lag in die parlement, grappies maak en boere lewendig wil begrawe en die ander helfte nie eers opdaag vir die plaasmoorddebat nie, gaan misdaad nie aandag kry nie en wit en swart gaan sterf aan die hand van wrede calculated moordenaars. Julle bly fokus op apartheid en rassisme terwyl die LAND BRAND!

anoniem ·

Ai, die apartheidsmisdade! Ou Jan moet hardloop oor hy Suid-Afrika so verontreg het om voet aan wal te sit. Kyk nou net hoe lank boet die mense nou al!

Cherokee ·

Taal korreksie, Maroela – ….’toe skiet verdagtes hom dood’. In die Afrikaanse taal word dit eintlik ‘moordenaars’ genoem. (let op die dit in plaas van hulle.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.