Man glo van bewegende trein gegooi

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 23-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Maandagaand na bewering van ʼn bewegende trein naby die Vereeniging-stasie in Gauteng gegooi is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê treinpassasiers het gesien hoe die man uit die trein gegooi word en het veiligheidsbeamptes daarvan in kennis gestel.

“Met paramedici se aankoms is die jong man naby die treinspoor aangetref. Een van sy bene is baie erg beseer,” het Vermaak gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na die Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Met al die geweld. En betogins lees ek die vroë tekens van revolisie/burgeroorlog. Hoop nie dit gebeer welk lik nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.