Man glo van brug gegooi

Skermskoot van Google Maps.

Skermskoot van Google Maps.

ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Dinsdagoggend van die Govan Mbeki-brug tussen Mitchells Plain en Nyanga in Kaapstad afgegooi is en op die R300-snelweg onder die brug geval het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die man in die pad gelê met sy gesig na onder. Hy het erge kopbeserings opgedoen en was in ʼn ernstige toestand.

Volgens Bodasing het polisie op die toneel die paramedici ingelig dat die man glo op pad was werk toe, toe hy na bewering aangerand en van die brug af gegooi is. Dit is nie duidelik of die man beroof is of wat tot die voorval gelei het nie. Die man is na ʼn hospitaal gehaas.

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader, maar wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muis ·

Skaamteloos kan nie eers meer in openbaar loop en veilig voel nie!

Dee ·

Sowat 3 jaar gelede is ‘n man reg voor my kar van ‘n brug afgegooi, in Durban. Ek het vanaf Westville die stad ingery toe ek hom sien val. Het net betyds uitgeswaai en hom met sentimeters gemis. Gelukkig was geen karre in diue baan regs van my nie en dit is waarheen ek geswaai het. Daar was soveel karre agter my wat stil gehou het dat ek, wat in die middel van die snelweg was, net voort gery het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.