Man gooi glo petrol oor eks, steek haar aan die brand

vuurvlam-320x240ʼn 41-jarige man van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondag petrol oor sy eksmeisie gegooi en haar aan die brand gesteek het.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die 36-jarige slagoffer was besig om haar woonstel in De Villiersstraat in Johannesburg se middestad skoon te maak, toe die verdagte haar daar konfronteer het.

“Hy het met haar baklei omdat sy nie haar telefoon geantwoord het nie,” het Mbele gesê. “Sy het vir hom gesê dat haar foon stukkend is. Hy het daarna gedreig om haar te skiet.”

Die man het daarna glo ʼn liter brandstof oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek.

Die vrou het om hulp geskree en haar huismaat en bure het tot haar redding gekom. Hulle kon daarin geslaag om die vlamme te blus. Die verdagte is deur die gebou se veiligheidswagte aangekeer. Hulle het hom aan die polisie oorgegee.

Die man moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ʼn aanklag van poging tot moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Petrol, aan die brand steek, skiet ?

Dis mos GEEN man wat sulke dinge doen aan ‘n ander, meer nog aan ‘n vrou ?

So persoon behoort in ‘n gestig vir sielsiekes opgeneem te word. Psigopate wat sulke dinge doen. Om te dink, hulle loop tussen normale mense rond – ek sidder !

Kobus ·

Ek sidder van angs om te dink dat mense verkool in motor en busongelukke. Dit is die ergste dood wat iemand kan oorkom!
Hoe is dit moontlik dat iemand so ‘n wens kan uitspreek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.