Man gooi kind van winkelsentrum se dak

Foto: SAPD

[Opvolg] Die polisie het laat Donderdagmiddag aan Maroela Media bevestig dat die 27-jarige man intussen dood is.

’n Man en sy sewejarige dogter is albei in ’n kritieke toestand in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy haar Woensdagaand van ’n winkelsentrum in Bloemfontein se dak afgegooi het en toe self gespring het.

’n Omstander op die toneel kon daarin slaag om die kind betyds te vang voordat sy die grond getref het. Sy is nietemin steeds beseer.

Volgens kapt. Chaka Marope, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval plaasgevind nadat die 27-jarige man ’n hewige woordewisseling met sy vriendin, die kind se ma, gehad het. Hy het ná die rusie sy dogter na die dak van ‘n winkelsentrum in dié stad se sakesentrum geneem, waarna hy haar van die dak afgegooi het. Hy het oomblikke later ook self gespring.

Marope het aan Maroela Media bevestig dat die polisie se gyselaarsonderhandelaars ook op die toneel was om te probeer om die man te oortuig om nie sy kind van die dak af te gooi nie.

Die man en sy dogter is albei met ernstige beserings na die Pelonomi-hospitaal geneem en word steeds in die hospitaal behandel.

Volgens Marope is die man onder polisiebewaking in die hospitaal. ’n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Die voorval is die tweede van sy aard in die afgelope maand waar ’n ouer ’n kind van ’n dak afgooi. ʼn 38-jarige man van die Joe Slovo- informele nedersetting in Port Elizabeth het vandeesweek in die hof verskyn nadat hy sy baba tydens ʼn slopingsproses deur die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit van sy plakkershut se dak afgegooi het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Luister ·

Tragies; so dit is nou die nuutste metode van protes.
Dit kan NIKS beter, of reg maak nie.

Anda le Roux ·

Nee, dis nie tragies nie, dis kranksinnig! Baie mense in hierdie land is besig om hul verstand te verloor agv een enkele ding: SONDE!

SA Moordmuseum ·

Kinders, bejaardes, babas in plastieksakke, dit als moet die wereld duidelik sien in n museum wat die absolute geweldadigheid van die samalewing onder die ANC uitbeeld.

Lizelda ·

Die saak gaan seker ook weer verander van poging tot moord na kindermishandeling soos toe die pa die kind vd huis se dak afgegooi het en hulle reken dit was die polisie se skuld. Ek kry die kind vreeslik jammer.

Nettie ·

@Lizelda – die polisie sal al hul kragte hier moet uithaal as hulle enige iemand van enige iets wil laat aankla (moord of kindermishandeling), WANT DIE OORTREDER IS DOOD! Hoe vervolg mens ‘n DOOIE MENS – prop jy die lyk op in die hof en kla dit aan van moord/ poging tot moord/kindermishandeling? Daar sal – op die meeste – ‘n geregtelike doods-ondersoek plaasvind.

Gesiggie ·

Hoe kan n Pa sy kind se lewe in gevaar stel, omdat hy en die Ma baklei… hierdie kind het nie gevra om daar te wees… hul weet dat kinders die middelpunt van als is en hy het gedink sal die Ma maar straf op so n manier… hoop die kind sal gou herstel, so danbaar dat daar iemand was om haar te vang, en jammer vir die Pa wat oorlede is… hoe siek moet n mens wees om jou kind te wil dood maak???

Nee tog ·

Kinders die middelpunt van als? Maar daar is DRIE babas hierdie week gevind .. een in ‘n plastieksak in die veld, een in ‘n asblik en een in ‘n puttoilet .. duidelik is kinders deesdae ALLES vir die ma en pa!

Koekie ·

IS dit nou weer die nuutste? WAAR IS DIE LIBERALE en al die wittes wat die mense jammer kry wat hulle kinders van die dakke afgooi?? Gaan vang hulle! Ons moet mos altyd die ‘desperaatheid’ van die arme bloedjies verstaan . siestog . dalk wou hy ook ‘n huis gehad het . of nee .. hy het sy girlfriend gespite …. Dalk moet al die liberale ‘n groepie vorm om by hoe geboue te gaan staan en kinders vang.!! Trek julle blou hempies aan.

Piet ·

Soos bo gese word, die klag MOET nou verminder word, want daar is mos n president geskep. Dit vorige psigopaat vir wie almal soveel meegevoel getoon het is nou n “celebrity”. Net soos die eerste skersteker van Vryburg wat n held geword, daarna was dit algemeen. Siestog ons versaan mos nou almal waarom jy n weerlose kind van n dak af slinger. Die wat soveel meegevoel het, dis julle wat die oorsaak is van sulke gedrag.

Lizelda ·

@Nettie, ek het my kommentaar VROEG vanoggend gestuur op die eerste berig VOOR die opvolg berig gepubliseer is. So moenie so heftig, dadelik reageer nie Nettie. Nietemin die omstander wat die kind gevang het is werklik n held.

Buffel ·

Hoekom moet die kind ingesleep word en so moraak word?….en dan is dit omdat die ouers nie hul lewens of emosies in orde kan bring nie. Siek ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.