Man gou vas ná rooftog by vulstasie

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 40-jarige man is Maandag in hegtenis geneem kort ná ʼn rooftog by ʼn vulstasie in Algoapark in Port Elizabeth.

“ʼn Pompjoggie was omstreeks 04:20 buite toe ʼn silwerkleurige Corsa-bakkie, sonder nommerplate, by die vulstasie aangekom het,” het kapt. Sandra Janse Van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ses persone het uit die motor geklim en een het die pompjoggie genader terwyl die ander persone die winkel betree het.”

Die pompjoggie is glo met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om ook in die winkel in te gaan. “Hy en die twee kassiere is aangesê om op die grond te lê. Die verdagtes het ʼn kluis oopgemaak en ʼn onbekende bedrag kontant en ander items gebuit. Hulle het weer met die bakkie weggery in die rigting van Uitenhageweg.”

Die polisie van Algoapark het vinnig reageer en die verdagtes agternagesit. “Een verdagte het van die voertuig afgespring en hy is in hegtenis geneem. Beamptes het die jaagtog voortgesit en die verdagtes het op die polisie begin vuur. Die beamptes het teruggeskiet en die verdagtes in die motor het stilgehou en weggehardloop.”

Die persoon, wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lh ·

As hy kan hardloop is hy WEG! As ek so na meeste van die polisie lywe kyk ? Hardloop ek op 71 ook verseker weg vir die hele spul!

Pieter, Weskaap. ·

Sommige Polisielede kan toi-toi vir ure maar kan nie hardloop nie. Ek dink tog die meerderheid is toegewyd en hardwerkend te midde van die ontsettend baie misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.