Man grawe glo ma se lyk op

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma se oorskot gedeeltelik opgegrawe en van haar liggaamsdele verwyder het.

“Die 23-jarige man is Donderdagaand in Temba, naby Hammanskraal in Gauteng, in hegtenis geneem,” het kapt. Kabelo Marumo, polisiewoordvoerder, gesê. “Hy word daarvan verdink dat hy sy ma, wat reeds in 2010 oorlede is, se graf geskend het en sekere liggaamsdele verwyder het.”

Die polisie het tydens sy inhegtenisname op bene en hare beslag gelê. “Dit is na die forensiese laboratorium geneem vir ondersoek.”

Die polisie is besig om die nodige dokumente te bekom om toestemming te kry om die liggaam op te  grawe om te bepaal of dit werklik die man se ma is.

“Die verdagte is in hegtenis geneem kort nadat ʼn vriend dit aanskou en die polisie daarvan in kennis gestel het,” het Marumo bygevoeg.

Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nina ·

Sies, magtig! Nie eens respek vir die vrou wat hom in die lewe gebring het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.