ʼn Man van Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma se oorskot gedeeltelik opgegrawe en van haar liggaamsdele verwyder het.
“Die 23-jarige man is Donderdagaand in Temba, naby Hammanskraal in Gauteng, in hegtenis geneem,” het kapt. Kabelo Marumo, polisiewoordvoerder, gesê. “Hy word daarvan verdink dat hy sy ma, wat reeds in 2010 oorlede is, se graf geskend het en sekere liggaamsdele verwyder het.”
Die polisie het tydens sy inhegtenisname op bene en hare beslag gelê. “Dit is na die forensiese laboratorium geneem vir ondersoek.”
Die polisie is besig om die nodige dokumente te bekom om toestemming te kry om die liggaam op te grawe om te bepaal of dit werklik die man se ma is.
“Die verdagte is in hegtenis geneem kort nadat ʼn vriend dit aanskou en die polisie daarvan in kennis gestel het,” het Marumo bygevoeg.
Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
Om wat mee te maak ????
Kultuur. Kultuur…….
Sies, magtig! Nie eens respek vir die vrou wat hom in die lewe gebring het nie!
tokolosi sal werk