Man hang hom glo in polisiesel

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 52-jarige man het hom na bewering Maandag in ’n aanhoudingsel van die Bloemhof-polisiestasie in Noordwes opgehang.

Volgens kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die man Saterdag op aanklag van aanranding in hegtenis geneem. “Hy het Maandag in ’n plaaslike landdroshof verskyn, waar sy borgtogaansoek tot Woensdag uitgestel is.”

Mokgwabone het gesê die man het na bewering van die ander gevangenes se matrasbedekkings gebruik om hom mee op te hang. “Sy lyk is Maandag ná sy hofverskyning in die aanhoudingsel gevind,” het hy gesê.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Flippie ·

Nonsense. Die polisie is veronderstel om elke halfuur die gevangenis te besoek. Aanhoudingselle is ook nie enkel selle nie – daar moes dus getuies gewees het.

As jy my vra is hy of deur mede-aangehoudenes of deur die polisie vermoor.

Onthou aaggehoudenes is onskuldig.

Sumari ·

Ja Pieter ek stem. Dit sal altyd die boer se skuld wees. Daai goed het meer mag en vryheid van spraak as wat ons het. Die grootste rassiste in die land is hulself.

Jen ·

Ek kan net nie verstaan waarom daar niemand is wat hom kan aanvat oor sy rassistiese opmerking nie. Hy en Zuma is die grootste rassiste ooit en hulle hits die mense aan. En die DA sit lekker op die kantlyn en hou hulle doof vir al die rassistieste aanslae op die blankes. Almal weet hoe korrupt die anc is. Miskien moet iemand net gaan seker maak of daai 2 regtig dood is, want met die regering is enige iets moontlik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe kon hy selfmoord pleeg wanneer daar beweer word die gevangenisse is so oorvol veral verhoorafwagtenes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.