Man hang hom glo op aan satellietskottel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Hillbrow, Johannesburg, het hom glo Sondag opgehang aan ʼn satellietskottel by die woonstelblok waar hy gebly het.

Sers. Mduduzi Zondo, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die 39-jarige se liggaam is omstreeks 08:30 aan ʼn satellietskottel op die 13de verdieping van die Balnagask-woonstelblok aangetref.

“Die man en sy vrou het op die derde verdieping van die woonstelblok gebly. Daar word ondersoek ingestel om te bepaal hoe hy by die skottel uitgekom het. Inwoners op dié verdieping sê hulle het niks gesien nie,” het hy gesê. Daar word vermoed dat die man se vrou hom onlangs verlaat het.

Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.