Man hang hom in klaskamer

Die klaskamer waar die man hom opgehang het. Foto: Raahil Sain/Met vergunning van AlgoaFM.

Die klaskamer waar die man hom opgehang het. Foto: Raahil Sain/Met vergunning van AlgoaFM.

Die liggaam van ʼn man is Dinsdagoggend gevind waar dit in ʼn klaskamer by ʼn laerskool in Bethelsdorp buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap gehang het.

ʼn Werker by die Triomf Primêre Skool het aan Maroela Media gesê ʼn opsigter by die skool het vroeg Dinsdagoggend die gru-ontdekking gemaak. Volgens die werker was die oorledene nie ʼn onderwyser of iemand wat aan die skool bekend was nie. Die werker het ook gesê die toneel is afgesper voor enige van die skool se kinders dit kon sien.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn 25-jarige man by die skool selfmoord gepleeg het. Volgens Rheeder sal daar nie ʼn geregtelike doodsondersoek geopen word nie aangesien daar klaar vasgestel is die persoon het selfmoord gepleeg.

AlgoaFM berig intussen die man het hom in ʼn gr. 4-klaskamer opgehang en dat daar ʼn selfmoordbrief agtergelaat is. Die skool het intussen vir die dag gesluit en al sy leerders huis toe gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.