Man hang hom op brug op N1

Lede van die Gautengse verkeerspolisie op die toneel.

ʼn Man is Dinsdagoggend aangetref waar hy met ʼn tou om sy nek van ʼn brug oor die N1 buite Pretoria gehang het.

Die voorval het op die N1-noord tussen die Petroport-vulstasie en Wallmansthal-afrit gebeur. Volgens Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, word die omstandighede rakende die man se selfmoord ondersoek.

Maremane het gesê dit is kommerwekkend dat motoriste stilgehou het om foto’s van die liggaam te neem.

“Die Gautengse verkeerspolisie veroordeel hierdie roekelose gedrag wat strafbaar is aangesien die oorledene se familie nog nie in kennis gestel is nie.”

Daar sal teen diegene opgetree word wat voortgaan om die foto’s te versprei, het Maremane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frank ·

Selfmoord? Dis ‘n redelike vinnige aanname? Of was daar ‘n brief?

Androclus ·

Selfone is goed en ook nie,want deesdae word alles en almal vasgevang op selfone ongeag gevoelens soos in hierdie geval.

LANA is ELANè ·

Hoe siek is die samelewing nie! Wys jou net hoe kil ons teenoor so baie tragiese hartseer dinge om ons geraak het, asof dit die mees normaalste ding op aarde is om iemand se man, pa of kind wat so vreeslik tragies ‘n einde aan sy lewe gemaak het op jou selfoon se kamera te verewig. Mag die persoon vrede hê daar waar hy nou is en ek bid vor sy geliefdes.

Einstein ·

My eerste kennismaking met geweld het al in die 80’s begin toe die ANC begin bomme plant het in JHB stad. Van daar het dit nog net altyd erger geraak. Deesdae is dit gruwelmoorde (nie gewone moorde nie). Ja, mens raak naderhand afgestomp. Ons leef in ‘n vieslike land met vieslike mense.

Sandra ·

Ek Kan my nie Indink hoe die persoon Se familie moet voel nie. Mag hulle Baie liefde En genade ontvang in hierdie tyd van bitter hartseer

Janet ·

Hulle wil klagtes teen mense neem maar ander media mag die fotos gebruik en se dis ontstellend terwyl mens alles kan sien met net die opskrif foto. Dis mos SA. Dankie Maroela dat julle altyd almal respekteer. Lees eerder julle nuus as anders sn.

Gemaskerde Sopbeen ·

Siek siek siek. Ongeag of dit moord of selfmoord is, het mense alle respek verloor?

Johann ·

Ek was vroeg daar verby vanoggend, het my nogal onstel om so iets te sien. Sterkte aan sy famielie mag die man in vrede rus.

Sakkie ·

Liewe ouers kyk hoe lyk daai uniforms wat het van trots geword

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.