Man hang hom voor polisiestasie

Die Bellvile-Suid-polisiekantoor Foto: Google Street View

Die Bellvile-Suid-polisiekantoor Foto: Google Street View

ʼn Man het homself Saterdagoggend voor die Bellville Suid-polisiestasie in Kaapstad opgehang.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee seuns, onderskeidelik 11 en 12 jaar oud, het Saterdagmiddag by die polisiestasie verbygestap en ʼn man op die sypaadjie sien sit en Bybel lees. “Nadat hulle verbygestap het, het hulle weer omgekyk en gesien hoe die man homself met sy baadjie ophang.” Hy sê die seuns het terug na die polisiestasie gehardloop en polisiebeamptes in kennis gestel. Van Wyk sê die man is op die toneel dood verklaar. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rentia ·

Ai, dat twee jong seuns dit moes aanskou! Wat op aarde het verkeerd gegaan in die oorledene se lewe? Mens ken nie die antwoorde nie, geen mens neem net sommer sy eie lewe nie. Dis regtig hartseer dat daar vir baie mense nie ‘n ander uitweg is om probleme, ens. te hanteer nie.

Slim Daan ·

Yip. Ander se boeke is duister om te lees. n Verwerpte liefde dikwels die oorsaak. In n oomblik van irrasionele denke sien sommige dit as enigste uitweg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.