Man hang homself by Pta-laerskool

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het selfmoord gepleeg by Laerskool Voortrekker-Eeufees in Pretoria-Noord.

“Verbygangers het Vrydagoggend op die man se liggaam afgekom,” het ao Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die man is nie ʼn onderwyser by die skool nie.”

Volgens Nkoadi is die man en sy vrou besig om te skei en hulle het baklei voor hy selfmoord gepleeg het. “Hy het homself aan die rugbypaal opgehang.”

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

R E ·

Julle inligting is vals…kry feite en bevestig voor julle stories plaas

Darius ·

Ok. So wat is dan die feite wat kwansuis verkeerd is? As daar so iets is, blameer die polisie nie die verslaggewer nie.

Petro ·

Hierdie inligting is vals en nie korrek nie. Ek ken die man en sy familie persoonlik en voel dat geen koerant berig geplaas moet word alvorens daar goedkeuring van die familie self is en waarby daar ‘n onderhoud met hul gevoer is nie.

Ilze Viljoen ·

Het julle ooit moeite gedoen om met die familie van die man wat selfmoord gepleeg het te praat?? Om mee te begin het sy Pa op die lyk afgekom en hulle is woonagtig op skool terrein. Kry asb regte info

Sune van Heerden ·

Dagsê RE, Petro en Ilze

Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat deur die berig veroorsaak is.
Ons het hierdie inligting direk van die polisie af ontvang en dit is die polisiewoordvoerder wat gesê het dat verbygangers op die persoon se liggaam afgekom het en die polisie wou nie die persoon se naam aan ons bekend maak nie. Ons kon dus nie verder ondersoek instel nie, ons was afhanklik van die polisie vir inligting.

Ek sal julle in ‘n privaat e-pos kontak om verder hieroor te gesels.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marilize N ·

Hierdie is vir die familie om die informasie te gee indien hulle wil. Ek ken hulle ook, maar uit respek uit sal ek nie myself as hulle ‘woordvoerder’ aanstel nie. kry julle feite by die man se familie self. Skaam julle

Boesman ·

Maroelamedia.co.za HET mos nou omverskoning gevra. Moet jy nou almal se lewens verder versuur deur so aan te hou? Wat wil jy meer he? Kom by man.

Marilize N ·

Hierdie is vir die familie om die informasie te gee indien hulle wil. Ek ken hulle ook, maar uit respek uit sal ek nie myself as hulle ‘woordvoerder’ aanstel nie. kry julle feite by die man se familie self. Skaam julle

Marica ·

So ‘n patesiese ondersoek na ‘n storie het ek lanklaas gelees! As briljante joernalis word meer van jou verwag – soos bv deur self die inligting te bekom deur die toneel te besoek – dis gewoonlik waar mens omstanders (meestal nabye familielede) kry wat jou dalk in die regte rigting kan wys . Is joernaliste deesdae so ‘laid back’ om die regte info te bekom dat hul staatmaak op die eerste persoon wat hul teëkom, net sodat hul eerste publikasie kan geniet? En wat die polisie betref…weet ons nie beide hoe faag hul info soms kan wees nie? My gevoel is dat van die polisie gebruik gemaak word as die maklike uitweg (vinger wyser) om sodoende die joernalis vry te spreek van enige verantwoordelikhede…

Johannes ·

Jy spel vaag verkeerd. Dis nie met ‘n F nie. So, ons maak maar almal foute.

Johannes ·

Jy gaan verniet so tekere oor Maroela Media se beriggewing. Ons maak almal maar foute. Terloops, die korrekte spelling is “vaag” en nie “faag” nie.

Leonie Lundy ·

N antwoord sal waardeer word. Is MTN nie die instansie wat n tyd terug “aandele” verkoop het maar blankes kon nie deel daaraan nie? Doen ondersoek en gee n eerlike antwoord asb?

Neptunus ·

Dit klink na ‘n tragedie wat plaasgevind het.

Nou wat presies is “vals” in die berig? Is die man nie regtig dood nie? Of het hy nie selfmoord gepleeg nie, was dit ‘n ongeluk of moord?

Hou op speletjies speel en stel die feite eerder as om net kritiek te lewer. Wees deel van die oplossing, nie die probleem nie. Of hoop iemand een van die koerante gaan hulle iets betaal vir die storie?

Marica ·

Neptunus…’n tragedie inderdaad! Plaas jou vir ‘n oomblikie in die familie se skoene…hoe sou jy dit vind as sulke berigte die rondte doen etlike ure na die verlies? Om terug te kom na ‘n gedeelte van jou skrywe “Of hoop iemand een van die koerante gaan hulle iets betaal vir die storie?” – kan ek jou verseker die antw is ‘n definitiewe NEE…anders as jy wat dalk hoop een of ander puplikasie media raap jou op met jou gevatte kommentaar!

Nel ·

Neptunus en Darius,

Die verslaggewer moet ook maar bepaal dat wat hy of sy skryf vir die publiek wel waar is.

Heelduidelik harteloos die twee van jul. ‘n Familie sit met harte wat uitmekaar geskeur is en moet snert lees soos die. En jul soek feite. Nie alle mense soek geld vir stories nie. Hulle wil dalk net eers deel met hul eie seer en soek self antwoorde.

Verdomp man hoe oud is jul? Laat die familie eers daarmee deel. Hierdie is sensasie soekery.

Hoop jul sit nie eendag in so situasie voor jul verstand kry nie.

Delia ·

Neptunis maar altyd foutvinderig en effens afbrekend in sy kritiek…wonder wat doen die man vir ‘n lewe……hy het duidelik baie tussen die ore, maar is nie baie diplomaties nie…..

Maronel ·

Al het n familielid daar verby gegaan, is hy nog steeds n verbyganger… Dan nie??? Nou wat maak dit saak wie op hom afgekom het…

snip ·

Ek stem saam met Neptunus , Darius en Boesman (wat ook saamstem). Hoekom die koerant aanval, sê dan wat het gebeur of waar is die feite verkeerd, dis ook nie nodig om die hele storie te deel nie (weet dat die redes hoekom en so aan seker vir die familie sensetief is), maar die berig is in die koerant, so hou op om Maroela te kap en stel dan die verkeerde feite reg. Die houding waarmee julle op die aanval is is vieslik. Hier is n man dood, familie is in pyn en smart en het self ook baie vrae, ek dink net n sagte woord sou beter gewees het of net om selgs die foute uit te wys en korreksies te maak, sonder n houding. Baie sterkte aan die familie, dis iets wat deesdae baie gebeur, ek weet van n begrafnis wat gister was, ook van iemand wat selfmoord gepleeg het. Mag julle antwoorde op julle vrae kry, baie sterkte.

Isabel ·

Julle hap Maroela media sonder rede. Ons almal wil nuus hoor en lees. Ek is nie ongevoelig nie, maar as jy in openbaar selfmoord pleeg gaan dit in die nuus wees. Ek voel jammer vir die familie.

Seepboks ·

Sjoe Moeggepraat. Nou om watter rede moet die familie met rooi gesigte sit??? Jou kommentaar is absoluut lagwekkend! Dink jy is ook maar net n “trol” wat negatiewe kommentaar lewer en dan lekker kry as jy reaksies by mense uitlok. Laat sak jy eerder jou koppie in skaamte…..

Moeggepraat ·

Seepboks, dit wil my voorkom jy is dalk deel van die aandag soekkers of miskien het jy net perspektief verloor.

Seepboks ·

Vir iemand wat “moeggepraat” is het jy nogals baie te sê.
;)

Magriet de Wet ·

Dis hartseer dat daar nog een lewe deur selfmoord geneem is. Ek dink net dis baie hartseer en ook dink ek dat familie bitter seer het. Ons het ook deur so situasie gegaan en daar is altyd vrae. Gun die familie hul tyd en moenie aanmerkings maak wat seer maak as jy nie so iets oorgekom het. Ek persoonlik voel dat die media eers moes uitvind wie die familie is en toestemming kry om berig te plaas al was dit in die openbaar. Mense het die reg om dit terug te hou dan sou net die wat daar verby geloop het en die polisie daarvan geweet het, maar iemand wou nou weer paar sent in sak he so hul laat weet die media. Kom ons begin eerder bid teen al die selfmoord wat eweskielik oral is. Moenie soos volstruis jul kop begrawe maar begin positief help waar jul kan.

Rietjie ·

Is baie hartseer dink aan die familie sy vrou en kinders. Dis sommer 2 blokke van my woonstel af. Almal dra gebede op na die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.