Man hang homself glo in selle

Argieffoto

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat Arnoldus de Klerk (29) homself glo gehang het terwyl hy in polisieaanhouding was.

Moses Dlamini, Opod se woordvoerder, het gesê De Klerk se liggaam is Woensdag om 06:00 in die aanhoudingselle van die Vredendal-polisiestasie in die Wes-Kaap aangetref.

“Die oorledene is omstreeks 22:00 die vorige dag weens dronkenskap in hegtenis geneem. Hy het homself glo met sy sweetpakbaadjie aan die tralies van die sel opgehang,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is De Klerk ʼn boemelaar en is sy naasbestaandes reeds van sy dood in kennis gestel.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen. De Klerk se lykskouing vind vandag plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

kas ·

Dit is die tweede voorval van iemand wat in ‘n kort tyd selfmoord pleeg in ‘n sel.Eers was dit ‘n vrou en nou die man.Beide het kledingstukke gebruik.Is dit toevallig.Die vrou vir bestuur onder die invloed en die man vir dronkenskap.

Gawie ·

Ek stem saam met jou Kas iets klink nie lekker nie.
Hulle moet begin kameras in die selle sit. Ek weet ook van baie
gevalle waar die mense in die selle aangerand word deer die polisie.
Die beste is bly uit die tronk uit.

CdT ·

Baie swart polisie teiken witmense vir wat genoem word “petty crimes”, dit is om die uit proporsie hoe swart misdaad bietjie beter te laat lyk en dat die krimineel ingesteld swart mind kan se maar witmense doen dit ook (no they don’t, Google Colin Flaherty), hulle vererger dit en dan le witmense in die hospitaal of soos nou en al ‘n hele paar vorige onverklaarbare tronk en “random” sterftes van witmense.

Piet ·

n Man van 29 pleeg selfmoord, alleen in sel, boemelaar – voel seker daar is niks om voor te lewe nie. Ai, mens het so baie om voor dankbaar te wees.

Familie....? ·

Ai…. hyt tog naasbestaandes, waarom het hulle hom dan nie gehelp nie? Dis baie hartseer as familie mekaar nie help, bystaan of ondersteun nie

Wonder ·

Familie….? ek stem in ‘n mate met jou saam, maar in die meeste gevalle (en nou praat ek uit ondervinding in my eie familie), wil die mense nie gehelp word nie. Jy neem hulle in jou huis en prober hulle help, maar hulle val weer terug in hulle ou gewoontes. Dis jammer, maar realiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.