Gautengse polisiebeamptes het Dinsdag op ʼn grusame toneel in ʼn huis in Soshanguve, noord van Pretoria, afgekom toe hulle die liggame van ʼn 29-jarige man en sy vriendin se drie jong kinders aangetref het.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê beamptes van die Rietgat-polisiestasie is omstreeks 10:20 na die huis in Blok W ontbied. Daar het die beamptes die liggame aangetref waar hulle in die huis gehang het.
“Volgens inligting het die man die drie kinders, ʼn 11-jarige seun en twee dogtertjies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, by hul ma se huis in Blok FF gaan haal onder die voorwendsel dat hy hulle skool en dagsorg toe sou neem. Hy het hulle egter na sy kamer geneem waar hy hulle gehang het voordat hy homself om die lewe gebring het,” het Makhubele gesê.
Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.
Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na die toepaslike owerhede uit te reik wanneer hulle persoonlik probleme ervaar vóór dit ʼn vlak bereik waar die lewens van onskuldiges geneem word.
ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Hoe selfsugtig moet jy wees om 3 kinders se lewens te neem……
Ai dit is so onnodig. Sterkte vir die familie.
Nee!
Nee!! Hoe desperaat moet jy wees om jou eie kinders te wil hang!
Glo nie eers dat dit sy kinders was nie, berig praat van sy vriendin se kinders, anders moes hul gesê het pa vat sy kinders by vriendin of so iets.
Sjoe dis baie hartseer. Hoe desperaat moes hy nie gewees het nie maar ons sal nooit kan verstaan wat in sy binneste aangegaan het nie. Sterkte aan die familie met hierdie helse skok wat hulle moet prober verstaan en verwerk.
Seker omdat sy hom wou los. Dit was sy manier om haar terug te kry. Daar is geen ander rede waarom ´n persoon iemand anders se kinders sal doodmaak nie.
Siek. Absoluut siek.
Mense ek wil nie negatief wees nie maar ek dink die omstandighede in ons land is so negatief en neerdrukkend dat mense moeg raak vir die lewe,kyk maar na al die moord en doodslag in die land,ons ken nie die rede vir hierdie tragedie nie sterkte aan die ma.
Hoe kan hulle ‘n saak van moord oop maak as die skuldige hom self ook gehang het. Verstaan nie lekker nie.
Ek wou nou net presies dieselfde se. Dis regtig baie baie hartverskeurend. Baie sterkte aan die ma en familie.
“regte” velkleur vir enige werk, toelaes ens ens ens. ek weet nie waarom hy selfmoord pleeg nie. so iets sal ek eerder van wit mense verwag
Saak van Moord??
Wouter,
Verstaan tog, of die moordemaar nog leef of nie maak nie saak nie; n moord is gepleeg en dit moet ondersoek word. Elke sterfgeval wat nie aan natuurlike oorsake gewyt kan word nie, moet ondersoek word. Moenie dom wees nie!
James,
Ja, dis n saak van moord. ‘n Moord(e) is gepleeg en dit moet ondersoek word. Wat verstaan jy nie?
Ons mag nie oordeel nie, maar . . . SIEK!
Wonder of daar nie nog n persoon by betrokke was en dan dit laat lyk of die man selfmoord gepleeg het nie.
se net,
Dit is n moontlikheid wat ondersoek moet word.
Die wereld is siek
Siek!!!!!!! Die vrou wou hom seker los, nou breek hy haar op so manier!!!!
Liefde en sterkte vir daai mamma, shoe ek het nie woorde nie…..
Die nuusopskrifte het gisteraand op die nuus verwys daarna dat die ma van die kinders oppad polisie toe was om n interdik teen die man te kry…Ek dink hy het die lewens van haar kinders gevat om haar op n manier terug te kry/seer te maak waar dit die seerste sal maak:haar kinders. Hy het seker gehoor sy gaan n interdik kry en gedink wel jy doen iets aan my so ek gaan iets aan jou doen. Dit is selfsugtigheid en psigopatiese neigings.
Wie se dit was hy wat hulle opgehang het, dit kan net sowel n bende Moord gewees het, so daar sal altyd n moord saak oop gemaak word om te ondersoek.
Dit was nie sy kinders nie, maar sy vriendin s’n – sy was glo juis op pad Polisiekantoor toe om ‘n interdik teen hom te kry . . . wraak? Sjoe, arme vrou en kan my nie indink hoe daai kinders moes gevoel het nie. ONmenslike monster.