Man hang van brug op N1

Foto: Verskaf

ʼn Skoktoneel het motoriste Dinsdagoggend begroet by die Bothaweg-afrit op die N1 in Centurion.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het kort ná 07:00 aan Maroela Media gesê die polisie en nooddienste is steeds op die toneel waar ʼn man se liggaam aan ʼn tou aan die brug gehang het.

Bane van die N1 noord is gesluit terwyl Bothaweg ook vir verkeer afgesper is onder die N1-brug. ʼn Groot getal noodvoertuie is op die toneel en verkeer in die omgewing is ontwrig.

Volgens Miller is die polisie se forensiese- en speurdienste ook op die toneel en sal verdere besonderhede bekend gemaak word soos wat die polisie se ondersoek vorder.

Lees ook: Meer bekend oor man wat van N1-brug hang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

D P J ·

Is dit moord óf selfmoord.
Waarom sal ‘n persoon so in die openbaar homself om die lewe bring???

JoeV ·

Dit is die merk van rampokkers wat bootskap stuur. Gewoonlik dwelms of politieke bootskappe in Meksiko en Brasilië, ons maar sien wat die polisie verklaar later.

Charlie ·

Vreemd hoe ongeskik die polisie met die motorbestuurders is. Ons kon almal sien die ou is oorlede, help nie om op mense te skreeu wat fotos neem of hulle karre se deure oopruk nie. Die man hang daar vir almal om te sien . .. julle kan nie keer dat mense kyk nie of moes almal se oe eers toegebind gewees het . Tragies, maar die polisie probeer alweer big brother speel . shame .. BEKAMP eerder MISDAAD!

Francois ·

Wag totdat jy self ‘n geliefde aan die dood afstaan en almal die fotos op sosiale media versprei. Fotos neem op ongeluk/misdaad tonele is ontoelaatbaar. Almal wil deesdae joernalis speel en dan word vals nuus gepubliseer. Plaas jouself eers in die situasie voor jy aanval. As mense hulle gedra sou dit onnoodig wees dat die polisie hoef in te tree.

Patrys ·

Jy is seker ook een van daai rubber nekke as ‘n ongeluk op die snelweg gebeur! Hoekom wil jy dit afneem??? Hê bietjie respek man. Die polisie het net hul werk gedoen.

mvr ·

Ons is self daar verby. Verstaan nie hoekom mense wil fotos neem nie….dink dis disrespek vol. Die polisie kan nie net die man afhaal nie, moet eers self fotos neem en ondersoek instel. Dit word hanteer as ‘n moord toneel.

stem saam ·

Francois, ek stem saam met jou. Mense besef nie die impak op die naasbestaandes nie, en gee nie eers om of die naasbestaandes al in kennis gestel is nie. Ek het amper van my broer se afsterwe gehoor by mense wat al hul medelye vir my stuur. Gelukkig het die polisie net daar opgedaag en ons in kennis gestel anders was dit ‘n heeltemal ander storie.

Marinda ·

Jys nie veronderstel om fotos van die toneel te neem nie. Hoe sal jy voel as jy ñ foto van jou familie lid op sosiale media sien en jy weet nog nie eers die persoon is oorlede of beseer nie? Mense besef nie wat doen dit aan die onskuldige familie, hetsy die ma, pa, vrou, man, kinders, broers of sisters wanneer hulle op die fotos afkom van ñ familie lid wat in ñ CIT robbery gedood is of ñ motor ongeluk nie.

Elke aksie het ñ reaksie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het in die afgelope 3 jaar 6 vriende en familielede aan die dood afgestaan deur selfdood…..Waarom sommiges daarvan ‘n openbare uitstalling wil maak is nie heel duidelik nie. Tyd genees niks….jy leer maar net om daarmee saam te leef, want jy het geen ander opsie nie.

GM ·

As dit ‘n selfmoordpoging was, dan wou die oorledene hê almal moet foto’s neem en dit versprei. Hoekom anders jouself juis daar ophang? Op ‘n ‘twisted way’ wou die persoon tog onthou word. Dis vreeslik hartseer dat so baie mense deesdae nie meer hul pad kan oopsien om te lewe nie. En die stigma wat aan depressie klou, maak dinge net erger. Wat ek nie verstaan nie is hoekom mense in die eerste plek van so ‘n grusame toneel sou wou foto’s neem en versprei. Sterkte aan die naasbestaandes.

Ella ·

Ek stem saam met jou. Was sy laaste uitweg. Ons ken nie die omstandighede so ons kan nie oordeel fel.

Lee ·

Ai dis nie lekker nie. Sterkte aan die persoon se familie en vriende. Nie een van ons kan oordeel nie, slegs God kan. Niemand weet waardeer die persoon gegaan het om so iets te doen as hy dit self gedoen het. Rus sag.

Alida ·

Mens ry verby en lê nie ‘n eier op sosiale media nie. Mense is gans en al te nuuskierig en versprei dat enige bog. Die ware verhaal sal wel uitkom. Die nuuskieriges ontwrig die verkeer wat reeds chaos is en almal wil nie sien wat aangaan nie. Mens wil by die huis of werk kom.

Debbie Nel ·

Charlie moes jy al ooit so toneel hanteer? Nie maklik nie. Dit ontaard binne minute in ‘n sirkus en mense want nooit daar ry nie sal juis daar ry om te kyk wat aangaan. Ek dink as verbygangers net bietjie meer bedagsaamheid aan die dag le en respek het vir die dood en die mense wat deur die toneel geraak word sal die reeds oorwerkte polisieman nie nodig he om so tekere te gaan nie.

Realis ·

Tragies. Ek verstaan rerig nie hoe enige iemand sal wil fotos neem hiervan nie….. Not cool…..

Liberaal ·

Dit word beskopu as oopkop om groot geweld en bloed op flieks en rekenaarspeletjies te wys, dit is nie oopkop om respek vir lewe te toon nie.

Ex speurder Katryn ·

Ek sien dan niks op die foto nie. Reeds verwyder?
Dit bly hartseer. Altyd. Baie sulke tonele gedoen: vergassing, vuurwapens, ens. Die hoekoms en waaroms is nie vir ons nie…

Trollie ·

Oh my word en nou val almal vir Charlie aan. Weet julle wat gebeur het? Duidelik nie, want julle was nie daar nie. Suid Afrika is waar hy is agv julle. Julle val altyd mense met ander menings as julle aan want julle is altyd beterweterig, altyd aanmatigend. Die ANC sal vir julle binnekort ‘n lessie leer. Brace yourselves. Van wanneer af mag mense nie met julle verskil nie Afrikaner?

Oom Kalahari ·

Dit is sekerlik vir Charlie geregverdig om ook sy opinie te kan lug. Hoevele gebeurtenisse het al plaasgevind waar foto’s deur die publiek geneem is en behulpsaam was tot oplossings daarvan. Dit het al so in die gemeenskappe ontwikkel om die nodige bewyse te bekom as jou selfoon nue hardhandig uit jou hande geruk en vernietig word nie. Dit is nou wel nie ‘n aangename gebeurtenis en sal heelwat mense wel ontstel, maar is ook menslik dat van die publiek foto’s sal neem. Dit is net ongunstig dat verkeersvloei vertraag en ongelukke kan veroorsaak, maar tree dan op teen sodanige motoris/te, maar om deur hierdie beamptes verskreeu en hardhandig behandel te word is onnodig en gee ‘n swak uitvoering van hoe om uitdagings respekvol te kan hanteer.

Dries ·

Diudelik verstaan sekere mense nie die betekenis van die woord “respek” nie .’n Mens het respek vir die dood , ander se gevoelens , ander se werk , jou medemens en ook vir jouself. Om fotos te neem van so ‘n gebeurtenis dui duidelik dat so iemand het geen selfrespek het nie en daarom geklassifiseer kan word as ‘n gevoellose sadis wat net lewe vir eie gewin.

GM ·

JPD, iemand het eendag op een of ander platform iets gevra wat my nogal bygebly het – Is óns, wat sê die oorledene was selfsugtig om selfmoord te pleeg en hul familie en vriende so sonder antwoorde agterlaat, nie die eintlike selfsugtiges nie? Want dis ons wat verwag dat so ‘n persoon moet aanhou om te leef in hul ‘hel van depressie’, ter wille van óns wat agterbly. Dalk het dié persoon dikwels om hulp gesmeek, tevergeefs. Mens weet nie waardeur so ‘n persoon gegaan het nie. Moet ander getraumatiseer word deur op so ‘n toneel af te moet kom? Beslis nie. Keur ek selfmoord goed? Nee. Maar ons kan probeer verstaan en ander sodoende probeer help.

Louise ·

Regtig weet nie waaroor kla almal nie hulle wys glad nie die persoon wat gehang is nie. As hulle hom afgeneem het waar hy hang van voor af dan sou ek gese het dis verkeerd

Realis ·

Gelukkig mág ons van mekaar verskil. As dit selfmoord was en as die man dit op ‘n ander plek gepleeg het waar jong kinders oppad skool toe dit nie hoef te gesien het nie, was dit heeltemal ‘n ander storie. Kinders moes die oggend toets skryf, maar was só geskok en getraumatiseer. Dus bly dit vir my n selfsugtige daad – juis omdat dit kinders is en daardie “prentjie” van die hangende man in daardie klein breintjies ingegraveer is. Wat sê ons Grondwet nou weer oor die beskerming van kinders in ons wonderlike demokrasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.