Man helder oordag in Tzaneen-woonstel doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat hulle helder oordag in hul woonstel in Tzaneen, Limpopo, deur gewapende rowers oorval is.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het Sondag omstreeks 08:30 by die mans se woonstel in Boundary-straat ingekom.

Hulle was na bewering met vuurwapens en ʼn panga gewapen. Die rowers het een van die mans in die been geskiet en die ander in die maag, voordat hulle met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug het. Die rowers het glo met ʼn silwer Hyundai-motor met Gauteng-nommerplate gevlug, het Ledwaba gesê.

“Die man wat in die maag geskiet is, is kort ná die voorval dood terwyl die ander man in die hospitaal opgeneem is,” het Ledwaba gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Ledwaba wou nie die name van die slagoffers bekendmaak nie, aangesien al hul familielede nog nie van hul dood ingelig is nie. “Ons doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om die ondersoekbeampte by 082 451 7169 te bel,” het hy gesê.

Aanklagte van moord en huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert ·

Dit lyk of Tzaneen die laaste maand geteiken word , maand terug was dit klein misdaad maar nou is dit plaasaanvalle en moord.

Watchdog tzaneen ·

Tzaneen sukkel die laaste twee weke met die kriminele aktiwiteite . Ons prober alles om ons dorpie veilig te hou en vra die gemeenskap om wakker te wees> Wees ons oe en ore en rapoteer enigeiets uit plek uit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.