Man het glo ma se ‘verkragter’ vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man, wat na bewering sy ma wou verkrag, vermoor het.

“Die 38-jarige oorledene het die vrou Saterdagaand besoek,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Die twee was neef en niggie.”

Die vrou het glo vir hom aandete gegee en hy het in ʼn spaarkamer in die huis geslaap. “Die vrou het omstreeks 03:00 glo wakker geword toe die man in haar slaapkamer gekom het om haar te verkrag. Sy het geskree en haar 25-jarige seun het kom ondersoek instel.”

Die seun het ʼn mes by hom gehad en het die man betrap terwyl hy sy ma probeer verkrag. Hy het die man in sy bors gesteek. “Hy is op die toneel dood,” het Manatha bygevoeg.

Die vrou se seun is op die toneel in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van moord. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Willowvale-landdroshof verskyn.

“Die identiteit van die oorledene word nog nie bekend gemaak nie, totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is,” het Manatha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Akram ·

Die storie kan nou beide kante toe val, maar kom ons werk met die inligting wat genoem is in die berig. Die mes steker kon seker n waarkuwing steek in die lug gegee het. Hy kon dalk ook vir sy enkels gemik het. Hy kon selfs n belt gevat het en die vermeende verkragter se boude getik het. Ek se weer, uit die inligting hier genoem, sou ek die selfde gedoen het. hoekom moet die mense wat verkrag word altyd aan die kortste ent trek? Die stats toon dat baie van die wat aangekla word wegloop van die hof met n terug getrekte saak. Ek weet dit is moeilik om teen die verkragter te getuig, maar miskien moet mense meer gehlp word wat deur so n hel is. Bring terug die dood straf. Verkrating is seker nog n Bylae 1 misdryf?

Grassie ·

Ek hoop die ou kom los of kry net ‘n opgeskorte vonnis.

Charlene ·

Ek hoop met opregte eerlikheid hy kom so skot vry soos die ander modenaars en verkragters in die land! Hy is nie `n moordenaar nie, hy is `n held!

Tammy ·

Moes die messteker nou gestaan en kyk het hoe sy moeder verkrag word????? Nee magtig reken af met die gemors wat nie respek kon betoon teen die vrou wat hom vroeer die dag n bord kos gegee het . Sy doen goed….hy kyk hoe sleg hy kan wees. Hoop die outjie in aanhouding word vrygelaat en die saak uit die hof gesmyt. Reg het geskied beskerm jou ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.