Man het glo twee vuurwapens by gastehuis gehad

Len Cloete is Saterdag deur polisie in die kop geskiet en is tans in ’n koma. (Foto: Facebook / Len Cloete)

Voordat die polisie Saterdagoggend na die Misty Hill Lodge-gastehuis in Muldersdrift, Gauteng, ontbied is, is Len Cloete glo deur die bestuur gevra om die perseel te verlaat. Hy het glo ook twee vuurwapens by hom gehad.

Hy is kort daarna deur ’n polisiebeampte in die kop geskiet en is tans in ’n koma in ’n private hospitaal in Krugersdorp.

Luidens ’n verklaring wat Maandag deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) uitgereik is, het Cloete na bewering met personeel van dié gastehuis “baklei”.

Maroela Media het vroeër berig dat ’n onderonsie reeds Vrydagmiddag ontstaan het – glo oor kamers wat nie gereed was toe Cloete en sy vrou, Chantal, en nog ’n paartjie by die gastehuis aangekom het nie. Die paartjies het toe glo by ’n restaurant gaan eet.

Dit is nie duidelik hoe laat hulle na die gastehuis teruggekeer het of wat kort voor die gebeure plaasgevind het nie.

Die skietvoorval het omstreeks 01:00 Saterdagoggend plaasgevind. Maroela Media kon nie die personeel van die gastehuis Maandag vir kommentaar in die hande kry nie.

“Daar word beweer dat die gas [Cloete] met die personeel van Misty Hill Lodge baklei het. Die bestuurder het die gas [Cloete] gevra om die perseel te verlaat en gesê dat hy ’n terugbetaling sal ontvang, maar hy het geweier. Toe veiligheidspersoneel en die bestuurder hom na sy kamer volg en versoek dat hy die gastehuis verlaat, het hy glo meer aggressief geword.

“Polisiebeamptes is ontbied om bystand te verleen en daar word verder beweer dat die gas [Cloete] met die polisie begin baklei het.”

Volgens Opod het Cloete glo een van twee vuurwapens uit die bedkassie in die kamer gehaal, die vuurwapen oorgehaal en ’n patroon laat uitval. Hy het glo ook ’n polisiebeampte se vuurwapen gevat.

“Die gas [Cloete] was in besit van twee vuurwapens. Een van die polisiebeamptes het sy polisievuurwapen uitgehaal en die gas een keer in die kop geskiet. Hy [Cloete] is onder polisietoesig na ’n hospitaal geneem. Sy vrou was glo teenwoordig toe die gebeure ontvou het.”

’n Skermskoot uit die video. Die vuurwapen is sigbaar in Cloete se hand.

’n Grafiese video van die voorval is intussen op sosiale media gedeel. Hierin kan gesien word hoe Cloete sonder ’n hemp in ’n kamer van die gastehuis rondstap, met drie polisiebeamptes wat naby hom staan. Daar was ook polisiebeamptes buite die kamerdeur. Hy praat verwoed en beduie met die geweer in sy een hand, terwyl die polisie hom net aankyk.

Die geluid van die vuurwapen wat oorgehaal word, kan ook op die video gehoor word.

ʼn Verdere woordewisseling ontstaan terwyl Cloete ʼn polisiebeampte se vuurwapen uit haar hand gryp en skree “skiet my, skiet my”. Dis in dié stadium wat ʼn ander polisielid sy vuurwapen uithaal en Cloete in die kop skiet.

Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ’n vrou gil, terwyl Cloete agteroor op die grond neerval.

Volgens Maroela Media se inligting word Cloete steeds in die intensiewesorgeenheid behandel.

Maroela Media het vroeër berig dat Mike Bolhuis en sy span die saak ondersoek. Opod ondersoek ook die saak.

Dit is nie duidelik of enige klagte al aanhangig gemaak is en wat die aard van Opod se ondersoek is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

178 Kommentare

Mariana ·

Daar sit iets meer agter die storie as wat vertel word. Mike Bolhuis sal wel agter die kap van die byl kom.

Keelvol ·

Jou vertroue in Mike Bolhuis is misplaas. Hy praat net. Kyk die video. Die man was verkeerd. Punt.

JohnnyS ·

Dit is glad nie ‘n ingewikkelde saak. 1. Man dreig polisie met vuurwapen. 2. Man val polsie lid aan en ontwapen polsie lid 3. Polsie lid se kollega skiet man.

Francois Le Cochon ·

Johnny, voeg by, 4.Man vra polisie om hom te skiet.

ES ·

Nee wat Mariana, daar is niks meer agter die storie nie. Hy was aggresief en het homself soos ‘n skurk gedra. Hy kon die ordentlike ding gedoen het en met die polisie gesels het soos ‘n doodnormale mens, maar toe gaan gryp hy ‘n vuurwapen.

MakersMark ·

MB sal waarskynlik ‘n spul bol kwytraak oor gebruik van minimum mag ens. As die polisieman die man in die been geskiet het kon hy steeds terugskiet want hy was gewapen met ‘n gelaaide polisie pistool. Om hom te elimineer was presies die regte optrede.

Harley Davidson ·

Wild en onverantwoordelik is al waaraan ek kan dink.

Sarel ·

Laat die saakven ondersoek voortgaan voordat enige iemand soos gewoonlik spekuleer

JohanCzu ·

As die gastehuis hulle werk reg gedoen het was daar nie ‘n voorval nie.

MUIS ·

Of eerder, As hy hom gedra het soos n gas het die voorval nooit gebeur nie. Hy het gesoek vir dit.

Keelvol ·

Die gaste huis was glad nie verkeerd nie. Die man het geen reg gehad om so te kerig te gaan nie.

gpsa ·

Polisie het geen reg om iemand in die kop te skiet omdat hy tekere gegaan het nie. Hulle moet opgelei wees om sulke situasies te hanteer sonder om iemand in die kop te skiet.

Tipper ·

N argument begin klein maar jy trek baie dinge nader,bottom line, don’t get engaged.

JohnnyS ·

Wys jou net hoe ongebalanseerd ons regstelsel is. Hierdie skietvoorval was volgens die video heeltemal geregverdig. In Glencoe is daar ook ‘n video van ‘n soortgelyke geregverdige skietvoorval. Daar word die verdediger summier gearresteer en borg geweier.

piet ·

Nogal moeilik om die ou voor die hof te bring en enige borgtog te oorweeg. As ek reg gelees het is hy tans in ‘n koma in die waakeenheid. So bietjie moeilik om die 2 voorvalle tans te vergelyk. En geen sake is identies nie, daar is altyd verskillende feite wat in ag geneem word. Wat jy in ‘n video sien is nie altyd die volle verhaal nie. Dis ongebalanseerd (en onverantwoordelik) om so ‘n afleiding te maak op grond van net ‘n stukkie videomateriaal.

JohnnyS ·

Ag ou piet – Daar is ‘n Engelse gesegde “A picture speaks a thousand words” nou hoeveel meer ‘n video. Die boer in Glencoe was in soortgelyke situasie, aangeval deur ‘n skurk wat sy wapen probeer afvat en toe geskiet word. Wil jy regtig vir my sê jy sien nie die ooreenkomste, of meen jy die arrestasie en aanhouding van die boer is regverdig ?

Perdeby ·

Ek stem saam met jou, en dan nog 2 vuurwapens vir wat. Jy kan nie ‘n Polisieman dreig en dink hulle gaan niks doen nie, dan moet jy maar vat wat na jou kant toe kom. Was lank in die SAPD, en sulke gevalle gebeur wel. Hy is in die hospitaal deur sy eie toedoen.

JohnnyS ·

Ek het geen probleem met die polisie beampte se optrede. Maar ek stem glad nie saam die arrestasie en aanhouding van die Glencoe boer wat ‘n skurk wat hom aangeval en probeer ontwapen het, geskiet het.

Jacques ·

As jy net self bietjie dink ,n polisie man moet opgelei wees om n situatie soos dit te kan hanteer en nie die persoon in die kop net skiet nie ,Jy se jy moet maar vat wat na jou toe kom As jy weet hoe dit werk moet die polisie eers n waarschuwing skoot skiet en ook praat hulle het niks soos dit gedoen nie.hoe hartseer moet jou lewe nie wees om iemand wat nou veg vir sy lewe sleg te se hierdie is vir gompie en johny

JohnnyS ·

Jacques hierdie is vir jou – Waar kom jy daar aan dat die polisie eers ‘n waarskuwings skoot moes skiet ? Die oortreder het die situasie verby praat ge-eskaleer. Ek het self al ‘n paar oortreders geskiet en kan jou waarborg ek het glad nie ‘n hartseer lewe, slaap baie lekker in die aand, dankie.

Charlotte ·

Gastehuis bestuur sou hom nie sonder rede gevra het om te gaan nie, dit is immers hulle brood en botter. Gastehuis het ook ‘n verantwoordelikheid om hul ander gaste en personeel te beskerm. Boonop was die man gewapen en aggressief volgens bogenoemde inligting. As ek ‘n gas in daardie gastehuis was, sou ek nie graag gekonfronteer wou word deur so iemand nie. Polisie se hulp is deur gastehuis ingeroep, wat na my mening die korrekte optrede was. Die man het hulle uitgelok en ‘n vroulike polisiebeampte se wapen gegryp. Hier was duidelik aggressie en moeilikheid soekery teenoor die polisie. Wat ‘n jammerlike episode. Gastehuis eienaars word met baie moeilike omstandighede gekonfronteer – Covid, moeilike gaste… die lys gaan aan en aan. Baie sterkte aan hierdie en al die ander gastehuise in ons land.

Esme ·

SAPD se gebrek aan ervaring en opleiding is baie duidelik in hierdie gebeurlikheid. Die paralelle lyne is duidelik sigbaar in die verwoestingswerk in KZN en in Muldersdrif en ongelukkig moet die gebrekkige polisiering in Senekal ook hierby ingetrek word. Vir my, ‘n duidelike teken dat SAPD nie bekwaam is, om Suid-Afrikaners te beskerm nie.

Janice ·

Ek het sopas die video gekyk. Die man is alles, behalwe onskuldig, maar ek het gemengde gevoelens oor of die polisie hom moes geskiet het.

Vlooitjie ·

Dis bietjie extreme. Die man was verkeerf maar ek dink daar was alternatiewe vir die kopskoot

Robert ·

Nie as hy reeds ‘n poliesiebeamte se wapen afgevat het nie.

Pieter ·

Afduime, kyk die video. Julle stry teen die waarheid. Veragtelike gedrag van die buffel.

Yolandie ·

Die polisie het net so irasioneel soos hy opgetree. As hulle beter opgelei was, was hierdie ‘n heeltemalle ander verhaal. Geen waarskuwing. Is die polisie nie veronderstel om te weet hoe om so ‘n plofbare situasie te ontlont, sonder om net te skiet nie?

piet ·

Die apartheidspolisie sou hom al geskiet het met die eerste oogopslag as hulle gesien het hy het ‘n vuurwapen in die hand. Ons polisie is nog baie versigting en toegeeflik.

Snowball ·

Hoe anders stop/stuit jy ‘n irrasionele, uitdagende en agressiewe persoon wat ‘n wapen so roekeloos rondswaai en boonop handgemeen raak met die polisie? Hy is ‘n gevaar vir ALMAL (ook sy familie) in daardie vertrek.

VaalDonkie ·

Volgens die opleiding wat ek (en elke ander burger van hierdie land wat ‘n vuurwapenlisensie het) moes deurgaan, is jy geregtig om iemand te skiet sodra jou of ‘n ander persoon se lewe in onmiddelike gevaar is. Toe hy sy geweer oorhaal, was dit al die geval. Die polisie het reg opgetree deur te wag (al was dit nie wetlik meer nodig nie). Dis eers toe hy ‘n gelaaide geweer uit ‘n beampte se hande pluk dat die arme polisieman gevoel het daar is geen ander uitweg nie. Ek wed julle, julle sou almal dieselfde opgetree het as julle in daardie situasie was en gevrees het vir julle eie of ‘n kollega/vriend/geliefde se lewe. En ons moenie onsself flous nie: daai ou was lus om iemand te skiet.

gpsa ·

Arrogansie, ego, soos buffel gedra ens is geen rede om iemand in die kop te skiet nie. Ook nie die feit dat hy 2 wapens in die kamer gehad het nie.
Hoewel ek dink dit gaan ‘n ingewikkelde saak wees.

Esme ·

Janice, opgeleide polisiering sou die situasie heel anders hanteer het. Weereens bevraagteken ek die bevoegdheid van die SAPD.
Ek ondersteun jou standpunt geheel en al.

Anonymouse ·

Ja nee! En hoeveel wou net die gastehuis se naam gehad het sodat hulle ‘n arme persoon se besigheid kan vernietig?! Die wat altyd kerm oor “cancel culture” is altyd die eerstes wat wil “cancel” sonder om die die ander kant te hoor. Skaam julle!

Jacques ·

n polisie man moet opgelei wees om n situatie soos dit te kan hanteer en nie die persoon in die kop net skiet nie So al is dit onaanvaardbaar is dit nie reg nie

JohnnyS ·

Jacques ek dink jy het jou roeping gemis. Sluit aan by die SAP en kom sorteer al hierdie arme gewapende misdadigers uit met jou keyboard.

Antonk ·

Was dit nou regtig nodig om hom in die kop te skiet?Hoekom nie in die been nie?

Linx ·

Ok word hy in d been geskiet val hy neer maar het nogsteeds d ability om jo of jo kollegas met een van d 2 vuurwapens in sy besit t skiet,maak dt vir Jou sin….SAPS IS MENS,ONS HET FAMILIES BY D HUIS WIE WAG VIR ONS OM TRUG T KOM,ONS baklei heeldag elke dag vir oorlewing want d wie ONS agtergelaat het verwag ONS moet trugkom,j slaap Lekker saans terwyl my kinders wonder of ek lewe,sit jouself in dai beamptes se skoene,Dan praat j weer van bene skiet,2 sekondes vir ONS is vital want ONS moet split second decisions maak

Piet ·

Ek verstaan jou sentiment, maar ek dink nie hierdie is die regte forum om dit te noem nie.

Jacques ·

Aii net aii hy is dalk verkeerd maar die polisies is glad nie reg opgelei nie hulle get nie eenkeer hon probeer kalm maak nie en om te se jou kinders wag ons bly is n onveilige land almal voel al so nie net jy nie.as die polisies die saak reg gedoen het sal dit dalk nie gebeur het nie en hy het nie een keer sy geweer op n polisie man gerig nie nie soos die polisie nie . En as jy se hy kon iemand anders dan skiet hkm het net 2 gewerk wat van die 2 wat buite gestaan het.hoekom het hulle nie gehelp nie se voet dat hulle nie die saak beter kon hanteer nie .mnr cloete kon oom maar die polisies moes

Keelvol ·

Kom ek verduidelik vir jou gou. Hy was gewapen, dus was hy n gevaar vir almal daar. Onder geen omstandighede skiet jy so n persoon net in die been nie. Hy bly dan nog steeds n gevaar. Jy gebruik volle geweld in gevolge Art 49.

Jan Nel ·

Sit vir ‘n oomblik stil en dink baie mooi.

‘n Aggressiewe en duidelik onstabiele man (eintlik ‘n reus) het so pas ‘n oorgehaalde vuurwapen van ‘n SAPD lid afgeneem. Dit nadat hy sy eie oorgehaalde pistool wild in almal se rigtings geswaai het (ek sou hom al daar geskiet het).

Wat dink jy sou gevolg het op ‘n waarskuwingskoot of selfs ‘n skoot deur die been? ‘n Verskoning met “Ekskuus tog, maar hier is jou vuurwapen terug” ?

Baardman ·

Dink jy nou vir een oomblik hy sou nie terugskiet nie. Mens kan mos sien die man is onstabiel op die video

Robert ·

Umm ja, sodat hy iemand van die vloer af skiet na die gat in sy been…

kolonel ·

‘n Been skoot is nie ‘n “veilige” of vriendelike skoot nie. Daar is ‘n slagaar wat jy kan afskiet en ook kan jy skeletbeen laat fragmenteer binne die been wat groot trauma kan veroorsaak binne die been. Plus die ou kan terugskiet.
Die polisie het fouteer deurdat hulle te laat geskiet het. En in so situasie is ‘n kopskoot ideaal.

JohnnyS ·

Aan al die been / voet skieters die pepper spray en tazer brigade. Ek glo ons land sal soveel veiliger wees as julle dalk eerder by die SAP aansluit en ons kom wys hoe dit gedoen moet word. Moet asseblief net nie julle keyboards vergeet.

Schalk ·

Daar is na dese bitter min in die land wat my nog ontstel, maar na ek hierdie video onder oë gehad het, lyk dit my ek was verkeerd. Jy kan tog nie in die nuwe SA n lid van die mag vra om my te skiet nie, almal weet teen die tyd hulle soek net n rede om te skiet, jammer vir die familie van hierdie man, dinge kon anders uitgedraai het.

Adriaan ·

Ek het ook die video gekyk en die polisieman het hom koel en kalm in die kop geskiet. Die polisie het nie uit noodweer opgetree nie. Die polisieman wat die skoot geskiet het lyk verbouereerd en strompel verward uit die vertrek uit. Die situasie moes baie anders hanteer gewees het.

Keelvol ·

Die polisieman het uit noodweer opgetreë. Die man het n polisievrou se wapen van haar afgeneem. Hy was dus n gevaar vir almal in die vertrek.

Flip ·

Kyk die video weer en sit jouself in die polisie se skoene. Die polisieman wat die skoot getrek het rig sy wapen NA sy kollega se wapen afgevat word. Sy kollega se wapen word rond geswaai en die skoot gaan af terwyl hy die wapen rig. Driee vrae:
Wou die polisieman regtig skiet of het die skoot per ongeluk afgegaan?
Het Mnr Cloete stabiel opgetree of nie?
Sou Mnr Cloete n skoot skiet of nie?
Net soos die polisieman, sal ek ook n wapen op iemand rig wat n bedreiging vir my en ander is, veral as hy my kollega se wapen rondswaai en dreig.
Hierdie hele ding is onnodig en kon op n rustiger manier uitgepraat word sonder om vuurwapens en dreigemente rond te slinger.
Dis goed soos die wat dit al hoe moeiliker maak om n vuurwapen lisensie te kry…..

Misky ·

Afskuwelike gedrag van die man en ja, hy het vir moeilikheid gesoek, MAAR die polisie moes situasie anders hanteer het. Net nog ‘n bewys dat hulle nie ordentlike opleiding kry om situasies te kan hanteer nie. Daai polisie vrou wat ontwapen is, is’ n duidelike voorbeeld

piet ·

Die polisievrou moes hom dadelik geskiet het toe hy op haar afstorm.

JohnnyS ·

Hulle moes hom die eerste keer toe hy sy wapen te voorkyn gebring het, geskiet het. In Amerika sou hy soos ‘n sif gelyk het.

Deef ·

Het nounet die video klaargekyk en ek moet se die man het alles in sy mag probeer doen om geskiet te word. Span sy pistool reg voor die polisie en swaai dit rond in hulle gesigte van omtrent n meter weg. Hyt self so oulike Clint Eastwood spin met die gelaaide pistool ook gedoen. Asof dit nie genoeg was nie storm hy op die een polisievrou af en gryp haar pistool uit haar hande.

Kyk ons polisie is ligjare weg van die kaliber van Amerikaanse polisie (hulle sou die ou dadelik geTazer het) maar die man het dit op homself gebring. Ego+Drank+Vuurwapens = Voorblad Nuus.

VaalDonkie ·

Die Amerikaanse polisie skiet baie vinniger as ons s’n.

piet ·

Amerikaanse polisie sou hom dadelik geskiet het as hulle die vuurwapen in sy hand gesien het. Hulle is baie meer trigger-happy.

Robert ·

Niks met trigger happy te doen nie, reel #1 moenie ‘n wapen rig op die mense in uniform nie.

JohnnyS ·

Ag ou piet weereens – jy speel nie speletjies waar dit by vuurwapens kom. Dit is nie trigger happy, die meeste polisie beamptes het ook families waarna hulle graag lewend wil terugkeer na ‘n skof. Amerikaanse polisie beamptes het op die harde manier geleer, jy vat nie kanse.

Jaap797 ·

Dit is vir my uiters verstommend. Met die eerste plasing van die voorval was almal se komentare duidelik negatief gerig teenoor die polisie beamptes, en is die polisie die skuld gegee, sonder enige werklike agtergrond oor wat werklik plaas gevind het. Nou dat die video skielik gekyk is verander almal se siening. Hoe werk dit?

Lubbe ·

Maklik, die mensdom oordeel op wat hulle op daai oomblik lees. Wil jy dan nou he almal moes nogsteeds die man se part gevat het terwyl ons duidelik kan sien hy is verkeerd. Mens tree regverdig op, hoef nie eens twee keer te dink nie.

VaalDonkie ·

Hei, ek het van die begin af gese ek wil meer weet want ek weet hoe harregat mense kan raak as hulle bietjie karate-water inhet.

Pieter ·

Dis mense se onderrokke wat uitgehang het met die eerste plasing. Baie duidelik.

JohnnyS ·

Verkeerd Jaap – Daar is nog steeds mense wat die polisie verkwalik en slegsê oor hulle oprede. Ek kan jou 100 % waarborg dat velkleur ongelukkig hier baie mense se siening beïnvloed.

Ruby ·

Ek het die video gesien…

Ja, die man het meer aggressie en houding getoon as wat nodig was, sy ego het die oorhand gekry.

Dit is so jammer dat hy in die kop geskiet was, dit moes verskriklik vir sy vrou gewees het.

Nee, ek sal nou nie ‘n beampte se geweer gryp nie maar MISTY HILLS, hoekom was die kamer nie gereed vir julle gaste nie?

piet ·

Ek dink hulle wou vroeer inboek as wat toegelaat word. Gewoonlik moet gaste teen 10h00 uit wees en nuwe gaste kan nie voor 14h00 intrek nie. Obviously moet die personeel kans kry om die plek skoon te maak, ens. voor nuwe gaste kan intrek.

Lubbe ·

Ruby, enige iets kon vout gegaan het by Misty Hills. Goed gebeur en mens kom soms by ‘n plek aan wanneer hul nog besig is met jou kamer. Dit gee jou nie rede om op te tree soos wat die man doen nie.

Nette ·

Ek dink die kamer was al lankal reg toe die voorval gebeur het, dit was 1 uur in die oggend…

Michelle ·

Ek dink net nie dit was nodig om hom in die kop te skiet nie al is hy verkeerd. Hulle kon hom in die been of skouer geskiet het??? Ek dink dis nie volgens polisie protokol nie.

JohnnyS ·

En hom die kans gee om terug te skiet, nee wat daardie polisie beampte het effektief ‘n baie dodelike gevaar vir hom en die ander onskuldige mense ge-neutraliseer.

MakersMark ·

Tragies. Maar totaal onnodig. Ongelukkig help die grensvegter houding glad nie en toe hy sy wapen begin rondswaai met die polisie in die deur kon hulle hom al reeds geskiet het. Toe hy die poliesvrou se wapen afneem kon sy hom reeds geskiet het. En hy het net meer aggressief opgetree. Hy het gekry wat hy voor gevra het.

MK123 ·

DIe video laat ‘n mens met baie vrae… Soos, hoekom het niemand geweet Pretoria het sy eie Hulk Hogan nie?

piet ·

As wetsbeamptes jou vra om iets te doen dan gee jy jou samewerlink en gedra jou nie soos ‘n cowboy nie, of dra die gevolge…..Hulle gaan nie met jou speel as jy geweldadig optree nie.

Pieter ·

En daar is wraggies afduime. Nog mense wat dink hulle is Rambo en as dinge verkeerd gaan wil hulle thank of bid.

donsie ·

Ek het vanoggend die video van die voorval 5 keer gekyk. Hy het sy vuurwapen gaan haal in die kamer en rond geswaai. toe hy hom oorhaal het die patroon uitgeval. hy het toe die vroue polisiebeampte se vuurwapen gegryp. het soveel force dat die rek waaraan hy vas was aan haar sy gebreek het, wat veroorsaak het dat dit haar gesny het. toe het hy die vuurwapen rondgeswaai en geskree, skiet my skiet my, toe hy die vuurwapen na die persoon wat geskieet het swaai het hy hom geskiet. ek persoonlik dink dit was net instink, want jy kon sien die polisieman het sy gat af gesksrik toe die skoot afgaan. hy het onmiddelik uitgehardloop uit die vertrek. Jammer mnr Cloete maar jy het gevra daarvoor. die Polisie het die hele tyd doodstil gestaan en jy het gegil en geskree. Dit is jammer dat jy geskiet is maar jy het daarvoor gevra.

Prontuit ·

As mens na die video kyk is dit duidelik sigbaar presies wat gebeur het en hoekom, geen bespiegeling nodig nie

Andries ·

Ek weet nie wat om te sê nie…. Het die gas vergeet hy bly in Suid Afrika? Baie onverantwoordelik as jy my vra. Die polisieman wat hom geskiet het was duidelik in paniek en redelike optrede is nie ter sprake nie. Die beampte wie se vuurwapen afgeneem is deur die gas was volgens my die katalisator in die hele gebeurtenis. Polisie se paraatheid nie op standaard. Jy sit nie so rond as daar aandag gegee word aan ‘n klagte nie. Die gas se optrede was verkeerd en uitdagend. Die polisie se optrede was onbeholpe en skort ordentlike opleiding. Die video wys alles.

kolonel ·

Gaan sluit sommer vandag aan dan wys jy hulle hoe dit gedoen moet word. Die polisiemanne het groot selfbeheersing getoon.
In vele ander lande sou Len se video baie korter gewees het, en geen hospitaaltyd sou ter sprake gewees het nie.

piet ·

Definitief. In Amerika sou hulle hom baie vroeer geskiet het.

Natasha ·

Hoekom het hulle hom in die kop geskiet en nie die skouer of iets nie? Hoekom dadelik vir die doodskoot gaan?

JohnnyS ·

En as hy begin terug skiet het ? Die polisie beampte het die bedreiging kort en kragtig ge-neutraliseer.

Natasha ·

Neem aan dat jy nie die video gesien het nie. Hulle kon maklik die man se wapen afvat sonder dat skote gevuur is, maar hoekom sal die polisie dit nou wil doen?

Pieter ·

Ag asseblief. Julle moet eerder bid as om noute kom thank as waarvoor julle gesoek het, gebeur het nie.

Antoinette ·

Dis skokkend, my vraag is, hoekom help die vriend nie om hom te kalmeer nie, inteendeel, hy neem die video??

JohnnyS ·

Ek dink hy is die “alfa male” in daardie groepie, sou nie luister vir sy vriend.

Tinus ·

Die volledige video is skrikwekkend. Die persoon Len Cloete staan poedelnakend, besig om onderklere aan te trek terwyl hy met die personeel praat en baklei – wat reeds ‘n aanduiding gee dat iets drasties verkeerd is. So hou hy aan om die situasie te eskaleer en dit word net erger – totdat sake op ‘n punt gedryf word waar hy die polisie forseer om iets te doen. Ongelukkig besluit die polisieman om hom in die kop te skiet.

Die hele situasie is bisar, maar die persoon het ongelukkig baie swak opgetree. Dis tragies, maar hy is geensins onskuldig hierin nie.

Natasha ·

Polisie moet eers situasie ontlont en die persoon probeer ontwapen voor hulle dadelik vir die doodskoot gaan?

Keelvol ·

Natasha, ek wil graag sien hoe jy daardie man gaan kan ontwapen? Geen polisieman ter wêreld gaan n gewapende persoon probeer ontwapen. Ek daag jou uit om n rower wat voor jou staan met n wapen te probeer ontwapen….. genugtig man. Die cloete ou was agressief van aard.

MT ·

‘n Kleuter sou die pistool by daardie onbeholpe polisie beampte kon afvat! Moes die kleuter dan ook in die kop geskiet word?

Suid-Afrika – insluitend sy polisie – is ‘n skim van wat dit eens was. Niks werk meer behoorlik nie, en ons argumenteer of ‘n persoon deur die polisie geskiet moes word tydens ‘n argument?

Wat my egter meer verbaas is dat die polisie petrol in hulle voertuie gehad het om tot by die gastehuis te ry. En dat hule wapens nie iewers in ‘n rooftog gebruik is nie, maar hulle dit die keer letterlik by hulle gehad het.

Keelvol ·

Wat my verbaas is dat jy nie daar was nie. Want dit wil voorkom of jy beter kon gedoen het.

Pieter ·

Met die verstand van ‘n kleuter. Drank maak kleuters braaf.

JohnnyS ·

En so word alle SAP en wetstoepassers al weer onder dieselfde kam geskeer. Dit is mense soos jy en opmerkings soos die wat bydra dat die goeie wetstoepassers gedemoraliseer word.

MT ·

Wanneer die SAPD se moraal afhang van komplimente of teregwysings van Jan Publiek, is die stryd mos al lankal verlore, nie waar nie?

Die betroubare, eerlike, goeie wetstoepassers is so skaars soos hoendertande, en ek glo dat hulle eendag hulle beloning en erkenning hiervoor sal ontvang.

Linx ·

Gaan lees bietjie op oor ontoerekeningsvatbaarheid(dalk bietjie verkeerd gestel maar my Afrikaans kom moeilik),ek kan nie eers glo dat so n vergelyking deur n grootmens gmk kan word nie,dt was nie n kleuter nie dit was n grootmens,punt klaar

Swerwer ·

Ja, drank maak mense wild en dinge doen wat nie altyd menslik is nie. Uit die man se optrede blyk dit dat dit sy lewenswyse is, is net verskriklik dat die polisie hom in die kop geskied het en nie in sy been of arm nie. Kan glo dat die Polisie al keelvol is vir sulke mense/optredes want dit mors hul tyd wat hul aan misdaad voorkoming kon bestee het.

Louise ·

In die eerste plek as die kamer gereed was, sou daar nie n onderonsie gewees het nie. Hoe meer mens stry met n besope persoon hoe erger raak dit, los hom laat hy dan nou maar oornag en vra hom die volgende oggend op helder denke om die perseel te verlaat!

Lubbe ·

Louise, die ou het 2 gewere by hom gehad, hy was reeds agressief. Moet hulle so persoon nou mar net los?

Keelvol ·

Vra ek ook…. Dit gaan net my verstand te bowe dat mense vir man so opkom.

Nette ·

Die voorval het 1 uur die oggend gebeur, ek glo sy kamer was daardie tyd al reg…

Francois Le Cochon ·

Niks met die kamer te doen nie. Mnr Cloete het die middag ingeboek met vuurwapen aan die sy. Hy is gevra om vuurwapen te verwder. Hy is weg en het weer midernag ingekom. Toe begin die moeilikheid.

SomeOne ·

mag ek dan nie met my vuurwapen aan my sy in die openbaar verskyn nie ?

JohnnyS ·

Ja as jy geld het is jy beter as ander mense. Dan moet jy spesiale behandeling kry. Dan is wette nie op jou van toepassing. Dan kan jy ander mense boelie en slegsê. Nogal opmerklik dat hy die klein vroue lid aanval en nie een van die manlike lede.

SomeOne ·

want hy het gesien dt sy nie weet wat ‘n vuurwapen is nie en hoe om dit te gebruik nie

Johannes ·

Die situasie kon vermy gewees het. Polisie moes die man vinniger gearresteer het en nie gewag het om hom te skiet nie.

Swak opgeleide polisiemanne. Geen wonder die publiek wantrou en vrees die polisie nie.

Francois Le Cochon ·

Sal jy ‘n man 2 keer jou grootte met vuurwapen aresteer?

JohnnyS ·

Miskien moet jy aansluit en ons kom wys hoe dit gedoen moet word.

Adriaan ·

Cloete was in sy kamer en skynbaar gereed om te gaan slaap. Hy was nie meer in n publieke area soos ontvangs of die restaurant nie. Hoekom was dit nodig om hom daar en dan te konfronteer, instede daarvan om hom toe te laat om te gaan slaap en die tyd wat so gewen word te gebruik om die ander gaste te ontruim nie?

Die baie polisiebeamptes in die kamer en buite die deur het duidelik tot die spanning bygedra. Meer as 1 polisiebeampte praat met hom wat hom meer aggressief maak omdat dit hom bedreig laat voel. Hoekom nie net 2 polisiebeamptes wat weet hoe om so n situasie te hanteer in die vertrek nie terwyl die ander buite sig gereed staan nie?

Hoekom het die polisiebeamptes nie sy vrou gebruik om hom te kalmeer nie? Was sy nie die enigste mens daar wat tot hom sou kon deurdring nie?

Hoekom is die situasie nie as n gyselaars situasie hanteer nie? Al het hy niemand aangehou nie was hy of dronk of emosioneel onstabiel en die polisiebeamptes was nie opgewasse om dit te hanteer nie.

Windhond ·

Het die video gesien, Mike Bolhuis kan maar ondersoek laat vaar en as daai ou weer wakker word kan hy maar skuldig pleit aan n hele paar klagtes – hy is die oorsaak van wat gebeur het – ek is n oud lid en is nie baie lief vir ons nuwe polisie nie, maar die ou het gekry waarvoor hy gevra het

Elize ·

Die man het ‘n death wish gehad. Ek skaam my eintlik vir sulke tipe mense.

gpsa ·

Was die polisie of enige ander persoon in onmiddelike gavaar? Nee.
Was die persoon se volgende optrede dodelike gevaar vir enige ander persoon? Nee
Polisie was verkeerd, het geen reg gehad om hom in die kop te skiet nie.

Keelvol ·

Hulle was in onmiddelike GEVAAR!!!! Toe hy sy wapen uithaal en dit span het hy intensie gehad om dit te GEBRUIK!!!!

gpsa ·

Jy is dalk reg Johan. Hoewel mens sal nie weet wat sy intensies was nie. Sover ek kan sien in die video het hy nie ‘n wapen na die polisie gerig toe hy in die kop geskiet is nie. Video wat ek gesien het was onduidelik.

Linx ·

Ek dink nie j weet wat onmiddelike gevaar is nie,almal was in gevaar d suspect homself so ek glo j sal sec 49 weer gaan deur lees

JohnnyS ·

Maklik om vanuit jou gemakstoel die video te ontleed en dan so opmerking te maak. Jy was heel duidelik nog nooit in ‘n situasie waar jy ‘n aggresiewe persoon met ‘n vuurwapen moes konfronteer. Die oortreder het almal op daardie toneel (homself ingesluit) in dodelik gevaar geplaas. Die polsie beampte was 100% geregverdig om hom so effektief moontlik en sou gou as moontlik te neutraliseer.

Aai ·

Aai Len jy lyk na ‘n goeie man en pa maar jou ego het jou in die sop laat beland.So onnodig.

Jubba ·

“Hy praat verwoed en beduie met die geweer in sy een hand” Dit is verwarrend. n Geweer is tipies n lang ding met n kolf en n lang loop. n Geweer is nie n handwapen nie so nou wat het hy in sy hand gehad n geweer of n pistool/rewolwer/vuurwapen?

Waarnemer ·

Volgens die video wat viral is,het die polisiebeampte nie n waarskuwing skoot geskiet nie,maar slegs een skoot die man in sy kop geskiet.Ongeag wat die situasie was behoort daardie polisieman se optrede ten strengste ondersoek te word en aangekla word .

Keelvol ·

n Waarskuwings skoot in n kamer? RERIG? Hoe kan jy die man sê optrede regverdig?

VaalDonkie ·

Weet jy wat gebeur as jy ‘n skoot in ‘n muur of iets vas skiet? My skietbril het hordes klein krapmerkies op soos stukkies lood oor die jare daarteen vasgevlieg het. En ek skiet met grond agter die teikens. Ek wil nie eens dink aan wat kan terugkom na my toe as ek teen ‘n muur moes skiet nie.

JohnnyS ·

Het jy al ooit ‘n vuurwapen afgevuur ? Weet jy wat beteken opslag koeël of “ricochet” ?

Natasha ·

Ek stem. Vier polisiemanne kon die man ontwapen het, maar nee. Hulle skiet liewers dood.

Keelvol ·

Jy skiet nie iemand in die voet nie. Nog nooit nie. Been dalk.

Delene ·

Laat mens wonder wat 1uur die nag in daai kamer aangegaan het, dat dit so krities van aard was, om die SAPD te ontbied. Koop nie die twak dat die petalje nog steeds verband hou met die voorbereiding van die kamer nie! (10 – 11 ure later) ‘n Kaal Len wat onderklere aantrek, ‘n vriend wat ‘n video neem en sy vrou wat toekyk…….

Pieter ·

Heheheheee. Daar is dalk ander videos op daardie cell / kamera

Belinda ·

Whatever gebeur het, is dit wettig om n kop skoot te gee – want dis intended murder?
Ek mag dalk verkeerd wees, maar ek weet nie hoekom in die kop geskiet. Ek sal wel die video bietjie gaan kyk en vir myself besluit… maar ja hoekom gewere uitrig en ja, hy het vir moeilikheid gesoek volgens die berig siende hy blykbaar die polisie se gewere gegryp het.

Ek sal wel die saak volg…

VaalDonkie ·

Wag maar tot jy die video gesien het. Dit maak alles duidelik.

Perdeby ·

Jy kan sommer sien hy is ‘n cowboy, want hulle het altyd 2 vuurwapens, en nog verkeerde kant van die spoorlyn

Pieter ·

En as hy nie het nie, vat hy sommer ander se wapens. Toe val rambo

Lood ·

Hierdie insident illustreer duidelik die SAPD se onbevoegdheid. Die konstabel wat geskiet het behoort van moord aangekla te word.

Henry ·

Kyk, as ek vooruit betaal het en die plek is 01h00 in die nag nie reg nie, sal ek ook omgekrap wees as ek kla en die eienaars van die gastehuis se vir my ek moet ‘n ander plek soek, en as ek weier bel hulle die polisie. Ja, die man het nie reg opgetree om sy vuurwapen uit te haal nie, maar eerstens was die polisie die aggressors om hom te dreig en hul vuurwapens op hom te rig, in plaas van om die situasie te ontlont. Die wet se mos jy mag slags jou wapen gebruik as jou lewe in gevaar is. Die meerderheid van vandag se polisie is in my opinie, useless, korrup, onvriendelik, incompetent, arrogant en MAGSBEHEP en glad nie meer ingestel om die publiek te bedien of vrede te bewaar nie. Dan is daar is die boer wat deur vyf aanvallers aangeval is, en een van die aanvallers het sy vuurwapen gegryp, en in die worsteling is die aanvaller dppd geskiet. Die boer word toegesluit en die krimineel is weer die slagoffer. Is hierdie polisieman gearresteer? Wys ons waar is die geregtigheid in SA?

Lubbe ·

Henry, waar jy aan die informasie kom en ander sake met hierdie wil vergelyk sal net jy weet. Hulle het glad nie hulle vuurwapen op hom eerste gerig nie. Hy het sy vuurwapen begin rond swaai en laai.

SomeOne ·

kyk mooi na die video, polisie het reeds hul vuurwapens in hul hande gehad, daarom kon hy die vroue polisieid se wapen afneem

Astrain ·

Kon hulle hom nie maar net in die arm geskiet het nie…kopskoot is mos doodskoot?

VaalDonkie ·

Ek was jare gelede in die arm geskiet. Ek het gedog iemand het my met ‘n groterige klip gegooi. Of dis hoe dit in elk geval gevoel het. Ek het nie eens onmiddelik seer gehad nie want die adrenalien was hoog op daardie stadium. Is eers toe ek die bloed sien wat ek besef het dat ek geskiet is. Dit het my nie eers gepla tot op daai oomblik nie.

Genis ·

Die bloed is aan die hande van die Misty Hills Lodge.. Plaas hulle die probleem vroeg uitgesorteer het.. Hulle die man gevaal, hom tyd gegee om te drink, na 1H00 die weg probeer wys? Komaan man, en die lafhartige SAPD rig al vroeg hulle wapens op die man? Onopgeliede, en korrupte diensknegte, die situasie moes ontlont geword het… Weereens hulle is seken in vriende-verniet eet verhouding met die gastehuis.. Wat van die vakansie ganger se regte?

donsie ·

sedert Oscar vir Reeva deur die toilet deur geskiet het, maak ek nooit meer my toilet deur toe nie.
Dus ek gaan nie stry met die gaste eienaar as my kamer nie reg is nie, of ek gaan soek ‘n ander een voordat ek versoek word om te gaan, of ek pak my tasse as hulle my vra om te gaan. Eish nou is vakansie hou ook ‘n kopseer

Marcello ·

Was dit nodig om hom in die kop te skiet, noem ‘n mens dit selfverdediging, of geld die reëls net vir die publiek.?? Vra maar net.

JohnnyS ·

Gaan doen die bevoegdheids kursus wat alle wettige vuurwapen eienaars moet doen, dan sal jy jou antwoord kry.

SomeOne ·

cele hou vas aan jou leunstoel, hier gaan weer ‘n goeie eis teen jou ingestel word, of kortpad, bedank sommer nou al

Esme ·

Ek verwys na die tragiese gebeure wat in Muldersdrif plaasgevind het.
Ek was bevoorreg om na die ‘clip’ op sosiale media te kyk en ek koppel dit aan die media berig en dit is vir my baie duidelik, dat die SAPD NOOIT in beheer van die situasie was nie. Al die tekens was daar, dat Mnr Cloete aggressief was – die SAPD was deurlopend op die agtervoet en hulle het nie die situasie ontlont nie – selfs toe Cloete gedreig het, en inderdaad sy vuurwapen gaan haal het. Die beampte, wat deur Cloete ontwapen was, het druipstert gestaan, met geen versterking naby haar nie en die volgende oomblik is ‘n skoot afgevuur. Hoekom het die SAPD nie vroeer opgetree en die aanvaller oorrompel en ontwapen nie? Gastehuise in die Mulderdrif omgewing is oordrewe, duur en nooit gereed wanneer gaste arriveer nie.
Vir geen oomblik was Mnr Cloete se gedrag aanvaarbaar nie maar bygese, vir geen oomblik was SAPD opgewasse vir enige reaksie nie.
Presies dieselfde wat tydens die plundering in KZN gebeur het.

JohnnyS ·

Nog ‘n kanidaat vir ons “nuwe” goed opgeleide polsie diens

Lappies ·

Cloete was heeltemal verkeerd met sy optrede.
Die polisie in die video was rustig en kalm.

Ek sou hom al die eerste keer toe hy sy tantrim gegooi het en sy pistool gaan haal en gespan het geskiet het, want hy kon enige een geskiet het.

Cloete was roekeloos en onverantwoordelik en hy was guidelik agresief en lis vir baklei.

En om ñ polisie lid se pistool af te neem is onaanvaarbaar en ernstig.

Cloete sal onbevoeg verklaar word om ñ vuurwapen te besit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.