Man het munisipaliteit glo uit miljoene bedrieg

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Nkabi Andrew Hlubi (43), ʼn voormalige munisipale bestuurder van die Mafube- plaaslike munisipaliteit (Frankfort) in die Vrystaat, het Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), se Hlubi het na bewering tydens 2015, toe hy die waarnemende munisipale bestuurder was, tenders toegeken aan ʼn maatskappy genaamd Pit Dog Trading. “Die direkteur van die maatskappy het na bewering ook vervalste dokumente by die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf (ORKB) ingedien om ʼn hoër ORKB-gradering te kry.”

Ná elke betaling van die munisipaliteit aan Pit Dog, het die direkteur van die maatskappy ʼn deel van die geld, vanaf sowat R1 miljoen, in Hlubi se bankrekening inbetaal. “Die tenders se totale waarde beloop R21 miljoen.”

Die saak is by die Valke se eenheid in Bloemfontein, wat ernstige korrupsie ondersoek, aanhangig gemaak vir verdere ondersoek. “Hlubi het homself Vrydagoggend aan die ondersoekbeamptes oorgegee. Hy is aangekla en het vir die eerste keer in die hof verskyn.”

Die saak is tot 15 September uitgestel sodat die direkteur van Pit Dog Trading ook by die klagstaat bygevoeg kan word. Hlubi is vrygelaat op borgtog van R10 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zandra ·

Is dit nuus? In water mislikepaliteit is daar NIE korrupsie nie? Hull is almal disfunksioneel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.