Man, hond deur pitbull aangeval

Twee paramedici, Ceron Meadows en Rowan Scandroglio, behandel vir Lambo nadat hy deur ‘n pitbull gebyt is. Foto: Rescue Care Paramedics

ʼn Man en sy hond het ernstige beserings opgedoen toe hulle Donderdagmiddag deur ʼn pitbull aangeval is in Marinerylaan in Durban se Bluff-gebied.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, sê paramedici het net na 18:00 ʼn paniekerige oproep ontvang om hulle na die toneel te ontbied.

By hul aankoms het hulle ʼn man, in sy 20’s, aangetref wat ernstige beserings opgedoen het nadat die pitbull hom aangeval het. Die man se hond, ʼn klein Maltees, is ook deur die pitbull gebyt.

“Ons verneem die man het met sy hond gaan stap, toe die pitbull uit een van die erwe ontsnap en hulle aangeval het. Hy het eers die klein hondjie aangeval en toe die eienaar toe hy probeer keer,” sê Jamieson.

Paramedici het ook die hondjie, genaamd Lambo, op die toneel behandel voordat hy na ʼn veterinêre hospitaal geneem is verdere behandeling. Lambo se eienaar is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie is ontbied en sal die voorval ondersoek. Dit is nie in die stadium bekend wat die lot van die pitbull is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Ann ·

Daar gaan nou weer erg kommentaar wees oor die honderas, maar ek wil nou vandag eerste my sê sê. Pitboele is vegtershonde, daarby kan mens nie verbykom nie. En deesdae as mense pitboele aankoop, koop hulle dit vir een doel – hondegevegte. Dis hoekom hulle deesdae so aggressief is. Ek is maar versigtig vir so ʼn hond. Hulle word so wreed geleer deur die eienaars!

Maljan ·

Pitbulls blyk die pits te wees. Die jaar is nog maar n kalfie tog is dit nie die eerste berig van aanval deur pitbull nie. Tog…. My bure het een. Hy kef en kwyl altyd deur die heining om ons of ons hond by te kom, maar hulle kleuter lê op hom, sit op hom, lê saam met hom op n kombers, so mak soos n lam. Waar die kind is, is hy en anders om. Mag hy nooit die kind aanval nie.

Jaco ·

Wat my verstand tebowe gaan is die feit dat mensie nie hul diere in die erf kan hou nie..hoe eenvoudig kan jy wees!!! Ek het twee rottweilers MAAR ek het ook n kamp agter my huis..indien die hek by ons motor oprit oopgemaak word vir watter rede ookal, word die honde eers agter toegemaak sodat hul nie in die straat kan ingaan nie….en glo my, in al die JARE het hul nog nooit uitgeglip nie!! Sit net n flippen hening aan die kant van jou huis op om hul agter te kan hou wanneer straat hekke oopgaan!!

zeno ·

Alle Pitbulls word nie so wreed geleer nie. Sorg dat die hond nie uit jou erf kom nie. Gewoonlik word die hond van kant gemaak,waar dit die eienaar se skuld is.

Wilma ·

Vat die onnosel eienaar vani pittbull aan
Wanneer jy enige ras hond aanhou moet jou erf so omhein wees dat jou hond ni uit erf kan kom
Hopelose honde eienaars

Susan ·

Hulle moet pitbul en boerboel honde begin reguleer. Mense moet aansoek doen om so ‘n hond te besit en dan bewys kan lewer dat die hond reg geteël is, die nodige stimulasie ontvang en dat die erf behoorlik toegemaak is. Mense met sulke honde moet verplig word om ‘n bord op hul heining aan te bring wat sê dat hulle ‘n aggressiewe ras hond besit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Susan? En mense met “lok-aas aan ‘n halsband” moet met hulle klein keffertjies gaan stap in ‘n park!!!…dan sal my boerboele jou uitlos. Hier by ons kan jy ‘n myl vêr hoor hoe een of ander verwaande stapper met sy hond aan ‘n leiband in die straat af stap………..en AL die ander honde in die woonbuurt histeries maak……….en dan gaan staan hy nog op JOU sypaadjie ook…………sodat Snoefeltjie ‘n poopie kan maak!!! Partykeer is ek lus en maak die hek moedswillig oop!!

Vraagteken ·

Hi Susan, ek stem 100% saam. Ek is groot pitbull/bull terrier aanhanger, maar sulke groot honde moet deur bekwaamde eienaars besit word. Alle honde eienaars, klein of groot honde, moet eers bewaamdheid toetse skryf.

Lola ·

Susan, jou kommentaar is die beste, mees volwasse en intellegentste kommentaar wat ek nog gelees het rakende die onderwerp. My oog vang al klaar “hang af hoe jy jou hond grootmaak” en ek kry al klaar ‘n pyn iewers. Dankie ook Vraagteken vir jou insette. Stem 100% saam.

Elenore ·

Stem saam, Permitte word vir Ringnekke voorgeskryf wat glo n indringer spesie is, goed en wel, hulle byt vrek seer bygesê, hulle maak nie mens en dier dood nie. Uiters gevaarlike honde mag deur enige persoon besit word, Permit stelsel met voorafgaande huisondersoeke moet voorgeskryf word om seker te maak dat daar voldoende sekuriteit is om die diere in die erwe te hou plus verpligte diere opleidings sertifikaat om bevoegtheid van die eienaar te bepaal asook oor verpligte honde opleiding by n K9 skool. As n mens sulke diere wil aanhou moet jy die prys betaal vir al hierdie maatreëls om kinders, ander diere en mense wat die reg het om vry te stap in hul omgewing veilig te hou. Hou die eienaar aandadig vir mediese koste ens en vir manslag.

Maljan ·

Pitbulls blyk die pits te wees. Die jaar is nog maar n kalfie tog is dit nie die eerste berig van aanval deur pitbull nie. Tog…. My bure het een. Hy kef en kwyl altyd deur die heining om ons of ons hond by te kom, maar hulle kleuter lê op hom, sit op hom, lê saam met hom op n kombers, so mak soos n lam. Waar die kind is, is hy en anders om. Mag hy nooit die kind aanval nie.

Mv ·

@Gemaskerde Sopbeen…net soos jy betaal ek ook belasting, so die sy paadjie (wat nie regtig deel van jou erf is nie maar munisipale grond) behoort net soveel aan my en my hond aswat dit aan jou behoort. Ek het geen kef brakkies nie maar as ek gehad het sou ek kon dink dat ek kan gaan stap waar ek wil.

M ·

Gemaskerde Sopbeen, ek dink jy het dit verkeerd met “JOU” sypaadjie. Dit is munisipale grond voor die lamp pale en JUIS daar vir my om op te loop…dus die naam sy-“paadjie”.

Malmokkie ·

Jy is nie ernstig nie sopbeen. “Lokaas” aan n halsband is 100% binne die reg. Buitendien, as honde alles wat buite hulle erf as n uitdaging sien, moet hulle miskien nie wees waar hulle die lokaas kan sien nie.

ano ·

Susan, dis ‘n goeie idee MAAR dis nou net daar wat die swartmark gaan begin en dan gaan daar ‘n “traismash” wees. Die mense met slegte bedoelings gaan dan nog meer ondergronds gaan en dan gaan die diere daaronder ly. Ek hoop regtig erens kan ‘n plan gemaak word om mens en dier te beskerm

Pitboel IS gevaarlik ·

Ek gee nou nie om of elke liewe Pittie eienaar dieselfde psalm sing nie, maar FEITE JOK NIE. Pittiw eienaars gaan nou weer die jongman of die maltesie die skuld eil gee…. DIS MOS ALTYS DIE PERSOON WAT AANGEVAL WORD SE SKULD…
nee nee nee. Hierdie Pitboel honde is gevaarlik.
Ek en my kinders en honde loop elke aand met n stok EN PEPPETSPRAY. eers het ons nie gestap nie omdst ons bang is vir ander honde. ONS word ingrhok agv WREEDE DIERE.
NIE MEER NIE. Ek hoop almal kry pepperspray en dat elke hond wat aanval n smakie van die medisyne kry!

Jakes ·

Jy’s doodreg, feite jok nie, dis hoekom Pitbulls van die 1960s al as die beste familie honde gesien word, kinders ingesluit, jy veralgemeen heeltemal teveel!

Gatvol vir die steriotipe ·

Eks jammer maar jy redineer soos ‘n idioot.

Geen hond is aggressief gebore nie. Die hartseer feit is dat hierdie honde grootgemaak word deur goed wat mens nie human kan noem nie om te veg.

Net oor dit ‘n sterk hond is beteken nie hulle is aggressief nie. Ek besit self ‘n Pitbull en hy is die liefde homself. Ons het wel ook 2 Chihuahuas wat almal wil opvreet wat hulle nie ken nie waar die Pitbull dieselfde mense probeer dood lek.

Hou op veralgmeen as jy nie weet waarvan jy praat nie. Doen bietjie navorsing dan kan jy ‘n ingeligde opinie he.

Mk ·

Dit hang af hoe jy jou hond Groot maak
Enige Hond Kan byt
Ons het n boerboel Hy kry baie liefde en is gehoor saam

B ·

Dis altyd – nog nooit iem gebyt, baie liefdevol – totdat dit die eerste keer gebeur.

As ‘n hardloper wat al self deurgeloop het onder honde buite erwe het ek gevind dat min hond-eienaars verantwoordbaarheid neem, dis altyd onmiddelik ‘n aggresiewe aanval op jou as persoon sommer. (Dalk omrede hulle skuldig voel?)

As jy ‘n hond het (ek het ook), dan neem jy eienaarskap en bestuur die ’totale pakket’.

Charlene ·

Enige hond kan byt. Ongelukkig as ñ powerbreed byt is dit baie erger as wat ñ Maltees jou byt. As jy ñ powerbreed wil besit moet jy die Alpha wees. Hou jou erf toe al beteken dit dubbel hekke om jou hond en publiek te beskerm. Soms het ñ hondjie die hond geterg by hek en toe hy ñ hondjie sien toe wil hy gaan byt. Ongelukkig die onskuldige een. My Jack Russel is aggresief en my power breed glad nie. Sy vermy eerder konflik. As ñ powerbreed nie opreg is nie kan jy ook probleme kry. Pitbulls word geleer om te baklei met baba hondjies, maltese en katte tot hulle kan goed baklei om aan dog fights deel te neem. Voor mense komentaar oor Pitbulls wil gee spandeer eers tyd saam met een. Moenie enige powerbreed oordeel as jy nog nooit een gehad het nie.

Jaco ·

Ek gee nie wie hul honde hoe ookal grootmaak nie…HOU NET DIE HOND IN JOU ERF!!!

net ·

Geen hond is n agresiewe ras hond nie, dit is hoe die vier voet kind groot gemaak word. ek self het 2 boerboele, n jack russel, n vark hond en n klein bokkie hond. Ons bly op n plot en my honde het nog nooit baklei nie. Hulle is opgelei deur n profesoneel en ons gee hulle baie liefde en aandag. nog nooit iemand aangeval sommer net vir plesier nie. As iemand by ons hek kom maak hulle geraas die oomblik wat ek praat is hulle stil. nee man, as julle wil diere he spandeer tyd, gee baie liefde en ja spandeer die geld en maak die lewe vir jou vier voet kind makliker. As jy nie geld het nie, moenie flippen diere aan hou nie!

chantelle ·

NET ek stem hier 100% saam jou. ek het 6 honde, die kleinste een is die nikkerigste. al my honde is met liefde groot gemaak. hulle is meer gehoorsaam aan ons as sommige kinders aan hulle ouers. ek bring gereeld foster hondjies deer my huis en ek het nooit n issue nie.
daar is nooit n gefight of iets nie. ja wel baie nuuskierigheid maar dit is dit. gaan juils vanaand n pitbull haal wat in die straat rond gedwaal het. SO DIT GAAN OOR HIE JY AS EIENAAR JOU HOND/E GROOT MAAK> SORG DAT ALLES ORALS TOE IS> KRY N DUBBEL HEK> MAAR MAAK ALTYD SEKER JOU HOND KAN NIE UIT NIE.

Bittergal ·

As ‘n hond nie ras eg is nie, sal hy ook streke toon wat nie by sy ras nie hoort nie.

Skroef ·

Strooi!!!! Ek het al brakke teëgekom wat eenvoudig geen voet verkeerd gesit het nie. Maar. …. N hond bly n redelose dier. Daar is geen manier om te sê wat dit volgende gaan doen nie. REG GROOT GEMAAK? Nog n pot str nt. Nes jou kind, kan jy nie sê wat dit volgende gaan doen nie. Dan kom jou goeie reg grootgemaakte kind swanger of n satanis huis toe. Of jy kry n ooroep jou teg groot gemaakte kind is toegesluit vir spoed, dronk bestuur of aanranding.

waarheid1 ·

Die eienaar van die pitbul is skuldig hier. – Waarom kon die hond uitkom? Hoop hy kry ‘n groot boete.
Dit is wat honde doen om hulle eienaars en hulle gebied te beskerm – dit is normaal.
Wat nie normaal is nie – is dat die eienaar se erf nie oordentlik toegemaak was nie.

Manie van Worcester ·

Heeltemal reg, mense moet sorg dat hulle honde binne bly en as hulle buite die erf gaan aan n behoorlike band en onder beheer is. As hulle nie hoor moet hulle betaal

Meerkat ·

Ai Maroela, skuus dat ek dit ophaal, maar daar gaan ons alweer met die taal. Wat van sommer net die Afrikaanse woord ‘diere hospitaal’, maar nee ‘veterinêre hospitaal’ is mos die mooier Afrikaanse woord, nét omdat dit seker in die AWS en HAT opgeneem is. Ons sal Afrikaans met al die leenwoorde en wat nog wat in die tye daarin opgeneem word heeltemal in die grond in vertrap. Ons doen nie eens die moeite om die suiwer Afrikaanse woord te besig nie.

Dink weer ·

Afrikaans MOET groei en verander anders sal dit sterf. As iets nie meer groei nie, is dit dood. Ek verskies hul suiwer taal en is bly oor al die neologismes. Dit beteken die taal groei… As die woord in die AWS of HAT is, kan/moet dit gebruik word. Die AWS en HAT stel die standaard. Veterinêre hospitaal is die REGTE term vir “diere hospitaal”. As ons al die leenwoorde uit ons taal gaan haal, gaan daar nie veel van die taal wees om te praat nie. Die term leenwoord is waar jy ‘n woord van ‘n ander taal “leen” en dit in jou taal gebruik. As iets van engels na afrikaans amper direk vertaal word is dit ‘n anglisisme. Veterinêre hospitaal is eerder ‘n anglisisme… So voor ons Maroela wil takel oor taal moet ons dalk eers seker maak ons weet oor wat ons kla….

Edd ·

Ons leef in ‘n moeilike tyd. Jy kort ‘n wag hond in dele wat baie mense bly. Ongelukig kan jy nie ‘n wag hond groot maak soos ‘n huis of gewone hond nie en staan jy ‘n groot kans dat hy agresief gan optree teen vreemdelinge, is dit nie tog wat ‘n wag hond moet doen nie? Die agrisieweteit het niks te doen met die ras nie maar met die stimulasie wat die hond ontvang het toe hy klein was. Ek sou wag tot na die ondersoek voor ek vinger wys. Party honde is slimmer as meeste mense en sal uit enige hok of erf kan ontsnap.

Jaco ·

Snert!!! As jy slim genoeg is sal jy n manier kry om jou hond binne in die erf te hou!! Daar is nie n manier wat my rotweielers uit ons erf uit kan ontstnap nie, as ons hek voor oopgaan word hul eers agter toegemaak….ek wil sien hoe hulle oor n 2.4 meter soliede muur agter gaan klim en dan nog n 2.4 meter muur voor met electric fencing op. Ek sien daagliks hoe mense by hul oprite inry terwyl al hul honde by die erf uitpeel soos die hekke oopmaak. Dis eenvoudigheid!!

Sê maar net ·

Ek hoop die persoon wat deur die hond gebyt is is okay en natuurlik die poedel.
Aan die Paramedics dit was baie goedhartig van julle om die hondjie ook te behandel.
Dis ‘n mooi gebaar

Rudi ·

Rondloper honde, of hulle Maltese of Boele is, is die probleem, wat goed is vir die een is goed vir die ander, die jongman se trippelende keffende Maltees moes in sy erf gebly het.

Ai Rudi ·

@ Rudi jy is geregtig op jou mening maar ek dink meer jy behoort aan die volgende groep wat hier beskryf word : An Internet troll is a member of an online social community who deliberately tries to disrupt, attack, offend or generally cause trouble within the community by posting certain comments, photos, videos, GIFs or some other form of online content.

JohanL ·

Rudi, die jong man het sy hond vir ‘n stap gevat wat hy mag doen. Ek neem aan die hond was aan ‘n leiband. Daar is ‘n reuse verskil tussen honde wat rondloop (enige grootte en enige ras) en ‘n hond (enige grootte en enige ras) wat aan ‘n leiband vir sy daaglikse stap geneem word.

m ·

Rudi mag mens nou nie eers meer gaan stap met jou hond nie? jou kommentaar is belaglik .

Leoni ·

Rudie

Is dit jou Pittie wat die man en sy hond gebyt het?????

Chris Ws ·

Mense in die algemeen weet duidelik min van pitbulle af ,dis duidelik hier te lees.My dogter hulle het een al jare.Sy is baie liefdevol maar verdra GEEN vreemde hond naby hul erf nie.Maar sy KAN nie uitkom nie.Heinings is 2 meter hoog en hek gesluit.
Die Malteser het seker vir daai pitbul gese “kyk hoe lekker loop ek in die straat en jy sit agter ‘n draad!” toe spat die mis!En om ‘n pitbul te keer wat ‘n ander hond byt is moeilikheid soek.Dis dalk nie eerste keer dat die man met sy Malteser daar verby gestap het nie.Dit maak enige honde ras agter ‘n heining briesend as mens met ‘n hond aan ‘n leiband voor SY erf verby stap.Mens besef die nie maar dit IS moeilikheid soek.
Sterkte aan die man en sy hondjie.

Salamander ·

Absoluut verbysterend! Soos ‘n man wat ‘n Duur Duitse Motor besit en dink die pad kom saam met die motor en behoort ook aan hom. Die straat is ‘n publieke plek en behoort nie aan jou en jou Pitbull nie. Selfs nie die gedeelte voor jou eiendom nie. Jy is bewus dat JOU hond ‘n probleem kan wees, JY moet voorsorg tref dat dit nie ander mense en hulle diere nie in gevaar stel nie.

JohanL ·

Chris Ws – weet nie of jy ernstig is en of jy net reaksie soek nie? Kan jy honde-taal verstaan? Net soveel as wat die erf die hond se eiendom is, net soveel mag enige persoon in die straat met sy hond aan ‘n leiband stap.

Jou woorde “dit maak enige honde ras agter ‘n heining breisend” wys op die frustrasie van honde in ‘n erf wat waarskynlik nooit vir ‘n stap (aan ‘n leiband) geneem word nie. Sekerlik kan mens dan tereg vra of die eienaar van so ‘n hond reg optree deur sy hond so te frustreer? En nou net omdat so hond deur sy eienaar frustreer word, mag ek nie met my hond (aan ‘n leiband) verby sy huis stap nie? Mense moet besef om ‘n hond te besit en groot te maak, vereis baie opofferings en verantwoordelikhede.

Christiaan du Toit ·

Julle sien nie die ander kant van die saak nie. Ek is nie ‘n groot pitbull aanhanger nie. Die pitbull is in sy eie erf. Die probleem kom in met frustrasie. Die maltees loop heel moontlik elke dag teen die heining van die pitbull af en met groot dapperheid blaf hy vir die pitbull. As ‘n mens dan jou hondjie wil vat vir ‘n stappie, gaan besoek ‘n parkie. Daar is baie honde parke wat geskep is sodat honde kan rond hardloop. Jy het die vryste reg om te doen wat jy wil. Konsidereer net die ander mens. Moenie dat jou lus vir loop saam met jou hondjie vir iemand anders ‘n probleem raak nie.

Mara ·

So ek mag nie meer op die sypaadjie stap nie, want jyt n hond in die jaart wat blaf?????? Belaglike standpunt. Dalk n gefrustreerde hond want die eienaar gee hom nie oefening en aandag nie

B ·

Weereens ‘n voorbeeld van hoe sommige honde eienaars HUL probleem JOU probleem maak en selfs wil dikteer wat die publiek in openbare ruimtes mag en nie mag doen nie.

Wat ‘n bizarre benadering! ?‍♂️

JohanL ·

Christiaan – daar is NIE so baie hondeparke NIE. Jy is dalk gelukkig in jou area, maar by ons is daar definitief nie volop sulke areas nie. Soos Mara skryf – nou mag ek nie in die straat stap nie want jy frustreer jou hond deur hom net in die erf te hou die hele tyd? Nee nee nee.

Afrikaner ·

Christiaan—Lyk my jy is frustreerd en nie die bitbull nie. Dis enige persoon se reg om in die publieke straat te loop en hy mag sy hond aan ‘n leiband saamvat op ‘n uitstappie. Hy breek geen wet nie. Ek hoop van harte jy is nie ‘n diere eienaar nie want jy maak jou oop vir baie duur hofsake met jou belagtige redenasie.

Elenore ·

Christiaan, ek woon in Pretoria, laat weet my asb waar daar n “veilige parkie’ is waar ek my twee Morkies kan neem vir hulle daaglikse stappie,? Ek wag in groot afwagting vir jou antwoord.

Pitbull Eienaar ·

Sjoe! Ek is beindruk met almal se kommentaar, gewoonlik kom dit dadelik dat Pitties uitgesit moet word en nie moet deel wees van die samelewing en en en. Ek is self ‘n Pitbull eienaar van 3! Hulle het soveel liefde, en cuddle die lekkerste! Ek stem 100% saam, met Enige hond moet die eienaar ‘n bord op he (Ek dink amper dis wet) , en Jy moet jou honde in jou erf hou, en seker maak hulle kan nie uitkom nie! Ek hoop uit my hart uit die ou en die hond is okay, ek het al gesien hoe ‘n Pitbull ‘n hond vernietig (wat in sy erf ingekom het en nie daar gehoort het nie). Ek hoop die eienaar is “Groot Genoeg” om voorendag te kom en tenminste ‘n onverskoning te vra en die kostes te dek, dit sal die eerbare ding wees om te doen. Sterkte!!

Eddy ·

Geluk met jou 3 pitbullhonde.In Kraaifontein was n afgretrede polisiekaptein .Hy was aangeval deur sy pitbullhonde.die resultaat? Hy is dood.Die aanval was so traumaties dat hy hartaanval gekry het

R6 ·

Wonderlik, Pitbull Eienaar, darm een mens op hierdie kommentaarblad wat geseënd is met baie grysstof en gesonde sinvolle kommentaar lewer !

emily ·

Mense moet leer om hul hekke toe te hou. Ek sien so baie hoe die kar uit die erf trek en wegry voor die hek toemaak. So ja blameer agterlosige eienaars.

Christiaan Du Toit ·

Mara, jy is ‘n onkonsidererende mens wat weinig tot min omgee vir jou medemens. Die bure se partytjie en kinders wat raserig speel pla jou seker baie, en dan maak jy ‘n helse bohaai. Maar as die skoen aan die ander hand is, is die wêreld weer verkeerd. Belaglik, ek giggel in my mou.

LD ·

@Christiaan Du Toit – Pure onkunde! Ek kan maar net vir jou lag!

Afrikaner ·

LD. Ek stem saam–ek kan nie dink mense kan sulke snert kwytraak nie. Dit wil voorkom of Christiaan en Chris altwee skuldig is aan soortgelyke oortreding dat hulle nou hulself moet verdedig. Of miskien is dit ‘n CHRIS… ding

Afrikaner ·

Hallo Afrikaner, van wanneer af, in hierdie dae, het jy my naam oorgeneem? Volg jy my soos ‘n skaduwee?

Ek was vir ‘n paar dae uitstedig en voor dit het niemand met dié naam op Maroela aangeteken nie, buiten ek, nou sien ek vanoggend dop jy uit. Ek sal dit waardeer as jy my aub ‘n skakel of twee na berigte, van ‘n week of so gelede, kan laat kry, waaronder jy kommentaar gelewer het.

Willie ·

Ek het 4 honde, en die mense wat hulle honde vat vir n lopie, in die pad en hulle honde blaf by jou hek, is n irretasie… Hullestook n mens se honde op. En terg net jou honde, gaan loop in n parkie of erens anders met jou hond… Ek is baie lief vir honde, maar respek ook my honde en my privaatheid…

Francois le Cochon ·

Hier gaan ons alweer! Kan Pitbull liefhebbers asb weer vir ons andere vertel hoe wonderlik en liefdevol hierdie honde is! Ek gaan hierdie vraag weer vra wanneer die volgende kind verskeur en doodgemaak word.

VanAfrika ·

Ek het nie n hond nie en ja ek wens ook om een groot hond te hê, wag net dat Liewe Jesus ook eendag vir my n huis gee wat ek kan bekostig dan gaan ek vir my n mooi hond kry. Daarom sê ek, dit sal my besigheid wees as ek met my hond in die straat loop, nie net dien hy as kammeraad nie maar is n goeie oppasser of wapen as ek dalk aangerand word. Kyk maar net hoe bang is mense vir n hond as jy naby sy eienaar kom en hy grom. Sorg net dat jou hond opgelei is om van ander honde weg te bly as jy in die straat loop. Opgeleide honde is gewoonlik gehoorsaam en julle wat honde in julle “jaart” het doen dieselfde. Daar is niks irriterent as mens verby iemand se huis loop en die hond gaan af soos n goedkoop straat alarm net omdat hy nie wil hê ek moet in die straat loop wat my reg is nie. n Storie het altyd twee kante.

Kornel ·

Well done aan die personeel van ER24. Dit is hoe mense moet optree. Nie net het hulle omgesien na die persoon nie, maak oor na sy BEST honde vriend. Julle kan trots wees op jul self.

GM ·

Kornel, dis so dat hulle uitstekende werk doen, en dis wonderlik om te sien hoe hul na die hondekind ook omsien, maar ek is seker dit gaan iewers reflekteer op die rekeningetjie wat die eienaar gaan kry (ek sê dit half tong-in-die kies).

Andre ·

“Gemaskerde sopbeen” gee jou honde n been om aan te kou sodat hulle mens en dier in die straat uitlos en ophou kef.

S ·

‘n Pit Bull Terrier is in Afrikaans ‘n Amerikaanse Veghond. Vroeër moes ek in ‘n Maroela artikel lees van ‘n Cheetah. Doen julle nog enigsens taalversorging?

Muis ·

Regtig? Maroela Media is GRATIS… As jy so groot probleem het, gaan teken is op netwerk24 en BETAAL vir nuus wat op jou taalstandaard is. Verstaan jy wat hul wil sê? Ja. Kry jy die inligting? Ja. Wees eerder dankbaar dat ons gratis nuus in Afrikaans kan kry. Iemand het amoer sy lewe verloof en jy is bekommerd oor die regte naam van die ras….

toy ·

Gemaskerde Sopbeen hoop nie so iets gebeur eendag met jou nie. Mens kan gaan stap waar jy wil solank jou hond aan ‘n halsband is. Ek kan jou een ding se maak ‘n hek moedswillig oop en jou hond byt iemand, kan jy aangekla word vir poging tot moord.

liz ·

Gemaskerde sopbeen – tel jou woorde ons woon op ‘n kusdorpie in die Weskaap en ek het sowat 2 maande terug gesien hoe ‘m pitbull oor ‘n heining spring en ‘n hond is sy eie erf aanval, kefferki of nie, PITBULLS by uiters gevaarlike honde!!!

Piet Pompies ·

Ek maak die vergelyking, enige kind kan met speelgoed vuurwapen speel en sekondere skade is beperk, gee vir dieselfde kind ‘n handwapen dan raak die situasie anders. Die speelgoed wapen kan in die speelgoed kis gelos word, die handwapen in ‘n kluis.
Dieselfde gaan oor eienaarskap van honde en na my mening moet ‘n pitbull eienaar bevoeg verklaar word om hom te kan besit.
Geen hond aan ‘n halsband en of persoon wat in ‘n openbare plek loop verdien om deur ‘n hond aangeval te word.
Sterkte aan die persoon en die hond

Lizelda ·

Baie sterkte aan Lambo en sy/haar eienaar. Dit moet baie traumaties wees om so iets oor te kom. Ek wens hulle n spoedige herstel toe. Ek stem saam dat daar meer strenger moet wees rakende sekere rasse, maar asb. dit beteken nie ALLE Amerikaanse veghonde word vd doel van hondegevegte gebruik nie, WANT ek het self een, Marshall slaap saam met my, eet id huis, gaan stap met hom, maar ons maak seker hy kan nie uitkom nie, hekke is altyd gesluit, geen kinders naby hom nie en en en. Dis maar my Psalm wat ek elke keer sing.

VanAfrika ·

@Elenore
Van wat se ringnekke praat jy? Daar is twee soorte, African ring neck en die Indian ring neck. Ons African ring neck kom van die noorde van Afrika en hy is kleiner in bou as die Indian Ring Neck. En wat se permitte?ons het my seun se African Ring neck by ons plaaslike vlooimark gekoop sonder n permit, nooit eers gehoor van dit nie. My jongste seun se African ring Neck het ons by ons plaaslike petshop gekoop sonder n permit. Nog nooit was ons gesê ons moet n permit hê nie. Dan moet mense permitte vir papegaaie ook hê want hulle is ook n invoer produk en so ook Indian Minors.

Elenore ·

Ringnekke is n invasive spesie en moet permitte hê. R 150 geldig vir 5 jaar. Kyk gerus op n baie oulike FB groep Laat Waai Pappegaai op die files. Al die inligting is daar asook hoe om hulle mooi te versorg. Goeie voedingsraad en inligting

Doreen Fortuin ·

Kyk net met watter passie die paramedici die hondjie help dan word hulle dikwels deur idiote aangeval!!

Heidi ·

Ons het ses hondekinders.
Van Rottweiler tot miniatuur worsie. Behalwe die enorme erf wat hulle in speel, ons bly op plaas plot, gaan stap my kids met vier van hulle vir ekstra oefening.
Jy moet jou diere genoeg oefening gee om frustrasies uit te laat.
Jy moet jou erf ordentlik omhein om seker te maak hulle bly veilig binne.
My honde word as huishonde grootgemaak hulle almal slaap op my bed. Maar as hul in die veld ‘n rondloop hoender of kat gewaar raak hul mal.

So dit maak nie saak hoe great honde eienaar jy is nie. Hulle bly onvoorspelbaar.

Sekere honde is meer vegters as ander. Reels moet in plek wees vir mense wat sulke honde wil grootmaak. Hulle moet genoeg oefening kry en hulle moet veilig in hul erf gehou word.

Honde kan nie blameer word nie. Gaan kyk hoekom het hulle uitgekom en aangeval.

Be a responsible pet owner. Sterilise, train and protect your pets. Keep them in your yard!!

Eddy ·

Permit sal net n mors van tyd wees.n Pitbull gaan nie eers vra of hy maar kan aanval nie.n Pit Bull is n vegtershond.Dis in sy gene.Daai hond is gebore daarmee.Dis sy natuurlike instinkte.Pitbulls was ander jare in Britse geskiedenis gebruik om te gaan jaag in die bos.Mense moet ook verstaan n hond is terroriaal,hy duld nie n ander bond in sy straat kom loop nie(net soos sommige mense).So natuurlik sal n pitbull(of enige hond) gaan konfrontasie aanhelp.Ek het all baie in die media gesien pitbull aanvalle.Daai honde is ook goeie springers,so sit n hoë heining op as n maatreel Jy as eienaar ,jou hond is jou verantwoordelikheid.As jy nalatig jou hek ooplos ,jy is aanspreeklik.Ek verstaan eienaars moet hul honde leer maar hier is n groot uitdaging.Onthou ook die VSA se weermag het pittbulls verban uit hul weermag.

Pitbull Eienaar ·

Ja Eddy, ons kan aflei dat jy nou nie ‘n Pittie Liefbehebber is nie maar na al jou negatiwiteit wil ek ook maar net bylas dat jy maar ook kan weet dat Pitties ook Nanny dog’s was!!! Soos jy reeds weet het ek x3 Pitties en jyt my reeds geluk gewens, ek love my PItties – maar ek haat n Boerboel – vir die eenvoudige rede dat ek x2 keer deur my ouers sin aangeval is. Dis mos maar elke person se eie opinie maar ek se nie die Breed sleg nie.

Nina ·

Nou hoe maak mens as jy deur ‘n pitbull aangeval is? Die mense se honde wat my kerel gebyt het, antwoord nie my eposte nie. Hy was erg oopgebyt. Hulle het net betaal vir sy steke by die doktor. Wat nou gedoen?

Afrikaner ·

Gaan na ‘n goeie prokureur en vra om die saak namens jou te behartig. As die eienaar van die hond wat jou kerel gebyt het nie bereid is om met jou te praat nie laat hy dan in die hof gaan staan en verduidelik. As jy nie geld het nie kan jy self met die prokureur ooreenkom dat hy 20 of 30% van die eis as vergoeding kan aanvaar vir sy dienste gelewer. Sterte en vat die man geldelik vas as hy nie soos ‘n oordentlike persoon tot ‘n ooreenkoms wil kom nie.

Afrikaner ·

Hallo Afrikaner, van wanneer af, in hierdie dae, het jy my naam oorgeneem? Volg jy my soos ‘n skaduwee?

Ek was vir ‘n paar dae uitstedig en voor dit het niemand met dié naam op Maroela aangeteken nie, buiten ek, nou sien ek vanoggend dop jy uit. Ek sal dit waardeer as jy my ‘n skakel of twee na berigte, van ‘n week of so gelede, kan laat kry, waaronder jy kommentaar gelewer het.

Erika ·

Ek is nie ‘n pitbull mens nie, maar ek haat hulle nie, is wel versigtig vir hulle. Is hoe jy as eienaar jou hond groot maak, ek het vir jare ‘n yslike boerboel gehad, ons het hom eenvoudig in die erf gehou, as ons moes ry, het een van ons hom altyd vasgehou, sodat hy nie kon uithol nie. Tans ek het twee yorkies, en stap waar ek weet dit veilig is met hulle, gaan verpes nie die hele omgewing se honde nie, dit is moeiliheid soek. Voel jammer vir hierdie stapper en sy woefie, so ook vir die eienaar van hierdie pitbull. Verkeerde tyd verkeerde plek. Is maar so. Ek wys nie vinger na die pitbull of die stapper en sy bolletjie wolletjie nie! Noodlot vra nie om te gebeur nie!

Papa G ·

As iemand se hond een van my kinders, of ander familielede, aanval in ń publieke ruimte(soos ń straat is) sal die eienaars vir dood, of dood, agtergelaat word. Jy is verantwoordelik vir jou honde se optrede.

Sarel ·

Gewoonlik bang en snaakse mense wat gevaarlike honde aanhou. Klein honde beter alarm

Leon van Iewers ·

Hoe is dit, dat die oomblik dat daar ‘n honde aanval is, is dit ‘n Pitbull. Gee bietjie ‘n foto van die hond. Ken Pitbulls, en kan nie sien dat ‘n regte Pitbull ‘n poedel byt en die poedel maak die nie. Daai kannie ‘n Pitbull gewees het nie.

DD ·

Leon – ek vra dieselfde! Hoe de hel as die Pitbull die Poedel so erg verskeer het, is hy nog lewendig? Ek dink dis meer net vir die sensasie om al wat n honde aanval is te blameer op Pitbulls en Rotweilers – want dis mos sulke “vieslike monsters” en Maroela Media weet hulle aanhangers gaan weer juig oor die berig. Ek het al menige kere gevra wie identifiseer die honde ras? n Actual honde kenner of net sommer iemand wat daar om die hoek bly van waar die gebeurtenis was.

Miekie ·

Ek is nou nie seker hoekom die Boerboelras ingesleep word nie. Ons het altyd boerboele gehad toe ons op ‘n plaas gebly het. Reg groot gemaak. Hulle sou ‘n inbreker seker wou opeet maar gelukkig was daar nooit ‘n plaasaanval nie. Pitbulls is vir myself die mooiste honde en die is en bly waar hoe die honde groot gemaak word. Ek was in ‘n veearts se ontvangsloekaal en daar staan hierdie breker en sy vrou met sy boerboel, Die volgende oomblik spring die hond my om en byt my. Oe se die vrou ek moet maar verskoon hulle honde is GELEER om eers te byt en dan te blaf, toe se ek maar ek is nie so groot gemaak nie maar ek klap eers dan praat ek. Hulle het nie eers die ordentlikheid gehad om my onverskoning te vra nie. Wel die veearts het gese as die man nie sy hond kan hanteer nie moet hy of buite gaan wag of ‘n ander veearts soek

HPV ·

Wat is die verskil tussen honde wat skape verskeur en honde wat onskuldige mense verskeur? Dit is aanvaarbaar dat eersgenoemde geskiet word en dit word daagliks gedoen. Waarom is dit dan onaanvaarbaar dat laasgenoemde geskiet of uitgesit word? Persoonlik sien ek geen rede dat laasgenoemde honde nie ook uitgewis word nie. Dit is vestaanbaar as honde ander honde aanval, maar as honde onskuldige mense aanval verander die prentjie drasties.

George in Bloem. ·

Daar is nie so ‘n ding soos ‘n slegte honderas nie net slegte/swak/onverantwoordelike eienaars. Ek het al oor die 40 jaar Boksers,ook ‘n hond met ‘n vegtersgeskiedenis maar hulle is liefdevol en baie goeie waghonde. Ek weet as ek my hek ooplos GAAN honde in die straat seerkry of iemand GAAN gebyt word so ek hou hulle toe. My seun verkies sy Pitbulls al het hy in ‘n Bokserhuis grootgeword en hy hou sy twee aan met groot verantwoordelikheid en baie liefde maar ek voel jammer vir die idioot wat by hom probeer inbreek.So het elkeen van ons maar ons voorkeure. Dit bly egter elke eienaar se verantwoordelikheid om sy honderas se “do’s” en “dont’s” uit sy kop te ken en dienooreenkomstig op te tree.Eienaarskap van ‘n troeteldier,veral een wat groot skade en hartseer kan veroorsaak is en bly ‘n baie groot verantwoordelikheid.

Nel ·

“The American Pit Bull as a breed should not be aggressive.
With the increase in popularity of these dogs, we are sitting with a problem which is actually a people problem with indiscriminate breeders who are mass breeding these dogs and handing them out like smarties.”
— Lins Rautenbach, Pit Bull Federation of South Africa
Da het jy dit nou – dis ‘n ‘mens-probleem’.
Sy waarsku ook dat mense nie sommer die soort hond lukraak op Facebook moet koop nie maar eerder jou huiswerk ordentlik moet doen aangaande geregistreerde telers en die honde ras self.

Mark ·

Die regering moet ontslae raak van hierdie tipe honde, hulle is ‘n gevaar vir die samelewing.

Yvonne ·

Ai Mark ,raak sommer ontslae van mense ook. Hulle is ook n gevaar vir die samelewing. Lesers ,gaan kyk na ander berigte ook. Die eienaar vertel dat die man sy 3 jarige seun blykbaar skrik/bang gemaak het waarna die aanval plaasgevind het. Moenie net altyd veroordeel nie. Nie een van ons was daar nie. Dit is n onaangename ervaring vir al die partye betrokke.

Ja jong... ·

Julle gaan erger aan oor die honde as oor misdaad in die land. Ek was ook krities oor die ras tot ek een “gered” het. Na 5 jaar met so n hond in die huis besef ek baie kritiek is on gegrond en dit is die beste hond wat ons nog gehad het. Elke saak het sy eie meriete en niemand weet presies wat die omstandighede was nie. Ek baklei weekliks met kinders wat my “Pitty” opsweep, maar nee, dis mos altyd die hond of die eienaar né? Wat sê julle vir ouers wat kriminele as kinders het? Hou op honde tart en los die pitties uit.

Brett ·

Morone? My APBT was Donderdag veilig agter die hek. Sy was nog nooit sonder my by die hek uit nie want haar gat sal brand.

Ek raas met haar as sy aggressie teenoor mense wys.

Die eerste ding wat ek ‘n puppy leer is JY GAAN NIE BY DIE HEK UIT AS DIT OOPMAAK NIE!

Ek sal ander honde mense aanraai om ‘n objektiewe vriend of familielid te vra om na die huis te kom en die grense om te loop en te kyk of hulle erens sou kon uit kom as hulle ‘n atletiese hond was.

Ek het my les geleer toe een van my Dobermanns op die muur gespring en toe met die muur langs geloop het tot sy op ‘n hoe rots gespring het in hulle tuin in en hulle brakkie doodgebyt het. Voor die kinders. Ek het baie van hulle gemors opgevreet deur die jare oor ek so sleg gevoel het oor Heidi se vieslikheid en dankbaar was my buurman het Heidi nie vrekgeskiet nie en ek het daarna nog ‘n muur gebou op die ander een.

Brett ·

Ek is van plan om net so onbeginseld te wees wanneer die ANC landbougrond sonder vergoeding vat as wat baie van die stoepids hier is oor eiendomreg wat hulle nie aanstaan nie soos oor APBT of handwapens of vuurwerke of watookal anders julle gereeld oor klein katjies oor kry (dit herinner my! Ek voer 10 katte wat nie myne is nie!)

Oos Van Niekerk ·

Alle doodelike toerusting moet met die regte respek hanteer word. So ʼn hond is soos ʼn wapen. Tyd dat eienaars verantwoordelikheid aanvaar. Honde eienaar van so hond.

Jannie ·

Hou aan wat jy wil maar vat verantwoordelikheid van wat jou diere doen.
As ń hond uit sy erf kom en ń persoon beseer en/of dood, moet die eienaar strafregtelik vervolg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.