Man hoor oor borgtog ná vrou se skietdood

Twee van Odette Barkhuizen se ondersteuners met hul ondersteunerhemde aan. Foto: Facebook

Twee van Odette Barkhuizen se ondersteuners met hul ondersteunerhemde aan. Foto: Facebook

George Barkhuizen (45), die man wat aangekla word van die moord op sy vrou, Odette (43), sal agter tralies bly tot sy verhoor begin. Odette is in Junie in die oprit na haar kantoor in Glenvista, Johannesburg, doodgeskiet.

Paul O’Sullivan, ʼn forensiese konsultant en eienaar van Paul O’Sullivan & Associates, wat gratis hulp aangebied het om die saak te ondersoek, het aan Maroela Media bevestig dat Barkhuizen se aansoek om borgtog in die Johannesburg-landdroshof geweier is. ʼn Groep ondersteuners van die vermoorde het by die hof bymekaargekom in swart T-hemde waarop daar staan “Justice for Odie”.

Barkhuizen is Dinsdag in hegtenis geneem nadat talle bewyse aan die lig gekom het dat hy agter sy vrou se moord sit. Volgens O’Sullivan het verskeie aspekte gedui op Barkhuizen se betrokkenheid by Odette se moord, onder meer dat hy glo miljoene rande se versekering op haar lewe uitgeneem het slegs enkele weke voor haar dood.

Odette was die eienaar van ’n motorruitherstelonderneming. Die egpaar het twee seuns, Wayde (17) en ʼn fisiek gestremde seun, Warwick (23).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anet ·

Ek vra die Regter om hierdie man wat sy vrou vermoor het, sy kinders hulle ma ontneem het lewenslank toegesluit sal word met geen parool vir hom nie, dan sal geregtigheid geskied

CHRISTA ·

Anet, ek stem! Dit word deesdae mode in ons land waar ‘n gade / verloofde / kêrel of meisie moord pleeg!! Wat gaan aan? As jy nie meer by die persoon betrokke wil wees nie, vat die pad en verbreek jou bande met die persoon – so maklik soos dit!!! Moord of aanranding is GEEN ekskuus nie!!!

Spenskakkerlak ·

Weet iemand al of die gestremde seun (Warwick) gevind is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.