Man hoor sy lot ná verkragting van 72-jarige

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man (32) is Maandag in die Ixopo-streekhof in KwaZulu-Natal tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn 72-jarige vrou in Mei vanjaar in haar huis verkrag het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Dish Zamokhuhle Memela, het glo op 2 Mei om 12:30 die vrou se huis in die KwaMakhobongwane-omgewing naby Bulwer binnegegaan.

“Die vrou het wakker geword van die geluide in haar huis. Sy het vir Memela agter die deur gewaar, hy het haar oorrompel en verkrag.”

Gwala het voorts gesê dat die man ná die voorval aan die slaap geraak het. “

Die slagoffer kon daarin slaag om ʼn byl te gaan haal en het hom op die bors gekap. Hy het opgestaan en weggehardloop, maar sy selfoon en klere op die toneel gelaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amanda ·

maroela, is dit nie 24:30 wat die dame wakker geword het nie?

Lekker lag.... ·

Ek sou dan eerder se 00:30 as dit na middernag was… maar 24:30???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.