Die polisie is op die spoor van twee verdagtes nadat ’n man Woensdag helder oordag in sy huis op ’n plaas buite Louis Trichardt in Limpopo oorval en aangerand is.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man (35) is omstreeks 11:00 in die plaashuis in die omgewing van Witvlagweg aangeval terwyl hy besig was om kos te maak.
Volgens Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het die man voetstappe elders in die huis gehoor waarna die twee mans wat met ʼn mes gewapen was hom oorval het.
Die man het tydens die aanval snywonde aan sy arms en bene opgedoen. Hy is ook met ʼn voorwerp oor die kop geslaan voordat die aanvallers met kontant op die vlug geslaan het, het Cameron gesê.
Volgens Ngoepe is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ondersoek die polisie ʼn saak van huisroof.
Ngoepe het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, by Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Die man is op sy arms en bene gesny en oor die kop geslaan met ‘n voorwerp, maar net ‘n saak van huisroof word ondersoek
Ek het volle begrip vir alle aanvalle tuis, maar ons moet asseblief almal na ons persoonlike sekuriteit probeer omsien! Só kan aanvalle verminder word!
Siek reg stelsel…nes die regeering
Baie swak beskrywing van die aanvaller
GP ek stem so saam met jou. Alles word onder die mat ingevee