Man hospitaal toe ná transformator ontplof

(Foto: Netcare 911)

’n Man het Maandagmiddag ernstige brandwonde opgedoen toe ’n transformator in Johannesburg ontplof het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is kort voor 15:00 na die hoek van Struben- en Sirkelstraat ontbied waar hulle met hul aankoms ’n man met ernstige brandwonde aangetref het.

Die man het aan ’n transformator gewerk toe dit ontplof het.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Daar kon nie op die toneel vasgestel word of die man ’n beampte van die Stad Johannesburg se elektrisiteitsdepartement is nie, sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkprop ·

Kan dalk ‘n kabeldief wees wat sy prakties kom doen het om sy diploma te kry.

Sarel ·

JHB behoort te weet of dit een van hulle personeel was of ‘n saboteur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.