Man hou 9 dae op see uit na ‘hartaanval’

Die nooddienste Saterdagaand by die hawe in Kaapstad. (Foto

’n Man (58) is Saterdagaand in ’n hospitaal in Kaapstad opgeneem nadat hy nege dae lank op ’n vissersboot op see uitgehou het na ’n vermoedelike hartaanval.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê die man was in die middel van die Atlantiese Oseaan aan boord ’n vissersboot wat vanaf Tristan Da Cunha op see uitgegaan het, toe hy nege dae gelede vermoedelik ’n hartaanval gekry het.

Volgens Campbell het paramedici net voor 21:00 by die hawe aangekom nadat hulle ʼn versoek vir ʼn oorplasing van ʼn private hospitaal ontvang het.

“Die pasiënt was in ’n stabiele toestand en gelukkig om nog te leef. Hy is vir behandeling na ’n hoësorgeenheid oorgeplaas,” het Campbell gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leonard

Sterkte
Hoësorgeenheid die beste

JohanF

Is daar dan nie Nood Helikopters nie, hoop hy sterk vinnig aan…..