Man hou meisie (17) aan met speelgoedgeweer; verkrag haar

Argieffoto

ʼn 20-jarige man van Ramosadi in Noordwes is in die hospitaal opgeneem nadat gemeenskapslede hom aangerand het enkele oomblikke nadat hy ʼn 17-jarige meisie met ʼn speelgoedgeweer aangehou en haar toe verkrag het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo Maandag plaasgevind.

Volgens Funani was die meisie op pad na ʼn vulstasie in die omgewing toe die verdagte haar voorgekeer het. Hy het glo die speelgoedgeweer op haar gerig en haar toe in die bosse in die omgewing ingedwing.

“Die man het haar beveel om nie te skree nie en haar toe in die bosse begin verkrag. Die man het haar toe beveel om na haar ouerhuis te gaan en haar toe daar verder verkrag. Sy het daarin geslaag om uit sy greep los te kom en te ontsnap en het toe hulp van die bure ontbied,” sê Funani.

Sy sê die bure en lede van die gemeenskap het toe om die huis saamgedrom en die man vasgekeer toe hy wou vlug. Volgens haar het hulle hom aangerand nadat hulle hom vasgekeer het.

Funani sê die polisie het eers opgemerk dat hy die 17-jarige met ʼn speelgoedgeweer aangehou het nadat die polisie beslag gelê het op sy besittings.

Die verdagte is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy sal na verwagting nog vandeesweek in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gemeenskap staansaam ·

Baie mooi so gemeenskap, julle is helde. Dankie. As dit nie vir julle was nie sou hy ontsnap as gevolg van gebrek aan bewyse of een van vele ander verskonings wat ons regsisteem altyd voorgee om misdadigers te beskerm.

Vicky Hayward ·

Ons behoort strenger gevolge te he vir misdaad, want wat ons tans het is nie genoeg nie. Enige siek persoon soos dié sal twee maal dink voor hulle verkrag as die gevolge swaarder is om geregtigheid te laat skiet. Jou mensereg behoort nie meer te tel as jy ‘n ander sin ontneem nie.

PJC ·

So lank die gemeenskap wat die oortreder straf net nie wit is nie kom hulle weg daarmee.

Pablo ·

Ken die skrywer van hierdie artikel die verskil tussen ‘n geweer, rewolwer of pistool?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.