Man hou meisies glo as seksslawe

verkragting

Argieffoto.

ʼn 60-jarige man van Mpumalanga wat van mensehandel aangekla word, het in die hof ontken dat hy vyf meisies as seksslawe aangehou het, het Beeld Donderdag berig.

Lloyd Mabuza en sy medebeskuldigde, Violet Chauke (22), het Woensdag in die Graskop-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en mensehandel vir seksuele doeleindes.

Hy het glo tussen 2009 en 2012 jong meisies van Mosambiek na Suid-Afrika gelok met beloftes van ʼn beter lewe en skoolonderrig. Die meisies was tussen 10 en 16 jaar oud.

ʼn Staatsgetuie, wie se naam weerhou word, het getuig dat haar man vir Mabuza gewerk het en dat sy een van die meisies onder haar vlerk geneem het en haar skool toe gestuur het.

Mabuza en Chauke is in Desember 2012 in hegtenis geneem nadat die vyf meisies halfnaak en uitgehonger gevind is. Hy het hulle glo by sy huis in Rhenosterhoek verkrag.

Volgens die staat het Chauke se suster, Juliet, glo die meisies van Mosambiek af in die land in gebring. Die moontlikheid bestaan dat daar meer as vyf slagoffers kan wees want Juliet het die meisies terug na Mosambiek geneem nadat hulle misbruik is.

Slotbetoë in die saak word Donderdag aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Hoop hulle word lewenslank toegesluit en dat “Pappa” hulle nie een oomblik los nie. Jul varke!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.