WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies en kan sensitiewe lesers ontstel.
’n 37-jarige man sal na verwagting Maandag in die Krugersdorp-landdroshof aan die Wes-Rand verskyn vir die onwettige besit van leeubeendere ter waarde van R2,3 miljoen.
Die man is Vrydag tydens ’n klopjag in hegtenis geneem nadat die Valke inligting ontvang het omtrent ’n man wat leeubeendere sonder geldige permitte op sy perseel in Wentworth Park naby Krugersdorp stoor.
’n Reusevonds gedroogte leeubeendere, verpak in bokse, is tydens die klopjag in die man se motorhuis en ’n geheime laboratorium op die perseel gevind. Leeubeendere in die laboratorium was reeds in sakke gepak, vermoedelik gereed om na ’n onbekende bestemming uitgevoer te word.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê ’n ondersoek dui daarop dat die man se permit om leeubeendere te besit en uit te voer reeds in 2016 en 2020 verval het.
Die man word aangekla ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba).
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Waarom het hy ooit (tot in 2020) ‘n lisensie besit? Deur ‘n ongelisensieërde regering.,
As hy wel vroeër permitte gehad het, kan dit dalk wees dat agv die Covid “red tape” en “delays”, dit dalk die rede kan wees dat hy tans “onwettig” in besit van die bene is? Wonder maar net
Die inperking, teling, mishandeling, verhandeling van diere en diereprodukte is ‘n smet op die mensdom, net soos slawerny behoort dit verban te word. Daar is geen rasionele rede vir sulke praktyke in ‘n moderne wêreld nie
Om wat mee te maak oneeee die land van ons
Hoe bepaal hulle die waarde van die leeubeendere? En wat doen hulle met dit?