ʼn Man is Dinsdag helder oordag in ‘n bewegende voertuig in Sandton, Johannesburg doodgeskiet.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 12:15 na die toneel in Bowlinglaan ontbied waar hulle ʼn voertuig langs die pad aangetref het.
Volgens Meiring was ʼn man, vermoedelik in sy 40’s, agter die stuurwiel van die voertuig. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en het reeds aan sy wonde beswyk.
Meiring het gesê daar word beweer dat ʼn onbekende aantal mense op die man losgebrand het en veroorsaak het dat hy beheer oor die voertuig verloor het.
Kapt. Allie Kodisang, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn skietvoorval in Sandton plaasgevind het, maar hy kon nie onmiddellik meer inligting oor die voorval gee nie. Maroela Media wag op verdere terugvoer.
Die verkeer in die gebied is erg ontwrig weens die voorval.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ai man, dit is so tragies – sterkte aan sy Familie en hoop die skuldiges word gou gevang.
Suid Afrika begin alhoemeer lyk soos Amerika toe rampokkers mekaar die stryd aangesê het
en burgers in ‘n misdaadgreep vasgevang was in die groot stede.
Hierdie was n beplande huurmoord. Ooglopend nie ?
Selfs Rambo sou te bang wees om in die land te bly…
My opinie is mense begin meer wet in eie hande neem ,hulle weet hulle staan n kans om weg tekom en die resultate is gewaarborg.. en daardie ou moes iets iewers gedoen of iets oopgekrap het,,,Sterkte aan die oorblywendes.