Man in bewegende voertuig doodgeskiet

Foto: ER24

ʼn Man is Dinsdag helder oordag in ‘n bewegende voertuig in Sandton, Johannesburg doodgeskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 12:15 na die toneel in Bowlinglaan ontbied waar hulle ʼn voertuig langs die pad aangetref het.

Volgens Meiring was ʼn man, vermoedelik in sy 40’s, agter die stuurwiel van die voertuig. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en het reeds aan sy wonde beswyk.

Meiring het gesê daar word beweer dat ʼn onbekende aantal mense op die man losgebrand het en veroorsaak het dat hy beheer oor die voertuig verloor het.

Foto: ER24

Kapt. Allie Kodisang, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn skietvoorval in Sandton plaasgevind het, maar hy kon nie onmiddellik meer inligting oor die voorval gee nie. Maroela Media wag op verdere terugvoer.

Die verkeer in die gebied is erg ontwrig weens die voorval.

Lees die opvolg hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Magda ·

Ai man, dit is so tragies – sterkte aan sy Familie en hoop die skuldiges word gou gevang.

Frans C ·

Suid Afrika begin alhoemeer lyk soos Amerika toe rampokkers mekaar die stryd aangesê het
en burgers in ‘n misdaadgreep vasgevang was in die groot stede.

Andre van der bank. ·

Ek laaik jou comment marous. Presies soos jy se. Ek klim elke jaar of twee op die Los Angeles bus na Kaapstad vir besoek. En ek raak vrekbang as die bus daar stop.

Nettie ·

Hoe nou, André? Ry daar dan deesdae busse vanaf Los Angeles Kaapstad toe? Ek dog dan daar is ‘n groot wye oseaan tussen Afrika en Noord-Amerika?

Johan. H. ·

My opinie is mense begin meer wet in eie hande neem ,hulle weet hulle staan n kans om weg tekom en die resultate is gewaarborg.. en daardie ou moes iets iewers gedoen of iets oopgekrap het,,,Sterkte aan die oorblywendes.

JoeV ·

Stem saam, hy’t tone getrap en moes betaal, die wet van Gauteng geld hier.

Nettie ·

Nou maar welkom, Al Capone! Kom, ou vriend, kom help ons so bietjie – die kriminele raak te veel in ons land en die SAPD/Regering/ANC is tandeloos ….. hulle kan in elk geval niks reg doen nie!

Johannes van Staden ·

En daar kom die boosswigte maar net WEER weg …polisie gaan seker bitjie ondesoek instel ….PATETIES !

Theresa ·

Die land is in meer as een opsig in rommel gedompel. Terwyl ander goed belangriker is as mense se lewens, vier die misdadigers en kriminele fees. Daar is niks so erg as onskuldige bloedvergieting nie. Wanneer gaan die mense wat so hoogdrawend doer bo sit en snert beding, se oë oop. Dis erg traumaties net om in hierdie land (wat vir elkeen ‘n plekkie het!) te leef. En tog pla dit blykbaar glad nie die besluitnemers nie. Sterkte vir die man se familie en vriende. As daar soveel hordes was wat op hom gevuur het, moes iemand iets gesien het – hoop iemand word gou vasgetrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.