Man in blompot-moord gevonnis

Regard Groenewald is tien jaar tronkstraf opgelê vir die moord. (Foto: Armand Hough/ANA)

Regard Groenewald (26), wat vroeër vandeesmaand skuldig bevind is dat hy Hilary van Rooyen met ʼn blompot vermoor het, is in die Kaapstadse hooggeregshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Groenewald het Van Rooyen (52), ʼn ma van twee, in Mei 2017 met ʼn blompot in haar huis in Durbanville vermoor.

Hy het haar twee keer met ʼn glasblompot oor die kop geslaan, haar selfoon en motorsleutels geneem en op verskillende plekke weggegooi.

Groenewald het aangevoer hy het Van Rooyen uit selfverdediging geslaan, omdat sy glo by hom aangelê het. Hy was glo ʼn vriend van een van Van Rooyen se seuns.

Regter Derek Wille het Donderdag tydens vonnisoplegging gesê hy maak spesifiek geen bevinding oor wat presies kort voor die aanval op Van Rooyen gebeur het nie, “in soverre dit moontlik, of moontlik nie, verband hou met ʼn verhouding wat moontlik, of moontlik nie, tussen die oortreder en die oorledene bestaan het nie”.

Wille het gesê wanneer geweld deel van die misdaad uitmaak, moet die omvang, mate en wreedheid van die aanval ook in ag geneem word. Die rimpeleffek wat ʼn misdaad uiteindelik op die slagoffers in die onmiddellike gemeenskap het, moet ook in aanmerking geneem word.

Wille het gesê Van Rooyen was ʼn sagte teiken wat beskryf is as ʼn goedgesinde en liefdevolle persoon, asook ʼn merkwaardige ma en rolmodel vir haar kinders.

“Die pyn en lyding wat die oorledene se man en kinders gely het, was ondenkbaar,” het Wille gesê.

Hilary en Derick van Rooyen. (Foto: Facebook)

Die regter het tydens vonnisoplegging gesê Groenewald is dalk spyt oor sy optrede op daardie noodlottige dag, maar dat dit nie ware berou is nie. “Sy daaropvolgende optrede, ná die moord op die oorledene, stem nie ooreen met ʼn toestand van ware berou nie.”

Hy het Groenewald een jaar tronkstraf opgelê vir diefstal en tien jaar tronkstraf vir die moord op Van Rooyen. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Wille het gesê Groenewald het ʼn lae vlak van emosionele intelligensie en dit, tesame met sy emosionele toestand, het ʼn rol gespeel om hom van die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar te laat afwyk.

Die regter het gesê Groenewald is nie na Van Rooyen se huis om haar te vermoor nie, en dat hy die situasie waarin hy hom bevind het swak hanteer het – met vernietigende gevolge vir die slagoffer se gesin.

“Die moord op die oorledene was tragies en heeltemal onnodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Charl ·

Ek is jammer maar hierdie regsisteem is totaal uit voeling met realiteit.
‘n Ma van 2 en lewensmaat is vir ewig weg – onnodig en geweldadig. So kom ons soengroet die booswig en troos hom met ‘n kleinigheid – kwalik ‘n afranseling met 10 jaar tronkstraf. Goeie gedrag en ‘n slegte en oorbevolkte gevangenissisteem en hy sit kwalik 4 jaar. Is dit regtig wat ‘n lewe in SA werd geword het. Swak swak en swakker. Verkeerde boodskap aan die krimmenele wat hierdie mooi land so vergruis

Pop ·

En wat moes hy doen om weg te kom van die vrou wat by hom aanlê. Ouer persone moet hulle hande van die jongetjies afhou. Landdrosse is nie dom nie. Die man het oorreaggeer en homself onvanpas verdedig en nou is sy lewe verby.

KG ·

Wie sê sy het sy het regtig by hom aangelê? Dis maklik vir hom om dit as rede te gebruik, sy is nie daar om haarself te verdedig nie….

Mariaan ·

Net 10jaar!!! Pateties! Is dit al wat n vrou en ma se lewe werd is…hy kom uit as hy 36 is if dalk gouer en kan nog n heerlike lewe geniet…sy is vermoor! En haar gesin vernietig…ag nee regter…jy het geregtigheid NIE laat geskied

De Villiers ·

Merendeels omdat hy ń lae emosionele intelligensievlak het, kry hy versagting. Dit beteken hy kan dit maar weer doen, want hy gaan weer nie lank sit nie. Regtig? Hy het dan juis die potensiaal om dit weer te doen omdat hy nie regtig ń gewete het nie.

Cherokee ·

As die publieke aanklaer oor ‘n hoër vlak van emosionele intelligensie beskik, behoort hy te appèlleer teen die lae vonnis.

Gert van Wierdapark ·

Regter Will(I)e ‘n langer vonnis ople nie – hoekom nie? Meer papierwerk my China?

Hanlie ·

Regtig ……? It sucks!!!!! Net omdat hy ‘n emosionele agterstand het en dit in Vrouemaand. Ek weet rerig nie meer nie.

WONDER...maar net.. ·

Nou hóé storm, mens net… n brose “onskuldige” persoon…uit die bloute uit en slaan haar dood met n glaspot??
Wás tante,nié dalk wél besig, met ongehoorde gedrag nie????

Andrea ·

Gestel sy was besig met ongehoorde gedrag, staan jy op en stap weg en kom buite haar bereik. Jy slaan haar nie dood met n blompot nie. Hoeveel keer het mans nie al by vrouens aangelê nie, en nie een wat ek ken het al n man doodgeslaan nie. In mens se gedagtes dalk, maar nie uitgevoer nie.
Moord is oordrewe reaksie.

PK ·

Skokkend. Lyk my die beskuldigde se weergawe was net lukraak aanvaar. Nee, ek weet nie meer nie

Alida ·

Ek weet darem nie. Sy en haar man lyk na twee pragtige, gelukkige, gebalanseerde mense. Sy kom baie beslis nie voor as die
tipe vrou wat dit sou doen waarvan sy nou beskuldig word nie. Dis baie sleg dat sy summier vermoor is, maar selfs nog slegter dat die moordenaar nou boonop in haar afwesigheid, nadat hy haar doodgemaak het, haar naam voor die wêreld deur die modder sleep. Ek glo sy is onskuldig. Baie sterkte aan haar gesin.

Ben ·

Haai ek is 60 en as n vrou van 86 probeer by my aanlé, sou ek haar ook doodklop!

Susan ·

Hillary is nie meer hier om haarself te verdedig nie. Die mens dom is absurd. Regard, jou ligte vonnis op aarde is niks in vergelyking met Die Meester wat elke ou gaan oordeel nie

Lizelle ·

Wag 10 jaar? En hy het haar doodgeslaan uit selfverdediging oor sy by hom aangelê het???? Hoe was sy lewe in gevaar?????? Erens in die saak is n helse skroef los of die regter het net skool klaar gemaak tot graad 8!!!!

Thinus Erasmus ·

Nee ek dink die regter het die vonnis net so sleg hanteer soos die moordenaar die situasie hanteer het. As hy minderjarig was sou dit miskien toepaslik wees, as dit haar man was wat op beweerde aanle-ery reageer het dalk nog, maar hierdie geval? En as hy dronk ot bedwelmend was, en nie emosionaal onintellegent soos regter beweer nie, was dit geen verskoning.
Onreg en onregverdigheid is nou ons voorland

Antionette ·

Regstelsel in SA net daar om belasting betaler se geld te mors……
Hoe le jy aan by een waarmee jy n verhouding het? Kom voor asof die saak nie behoorlik ondersoek is nie

Petro ·

Ek verstaan nie! Die Wet bepaal n minimum vonnis van 15 jaar vir moord (wat blykbaar niks beteken nie). Die regter se vonnisoplegging het gedraai om die opinie (geen bewyse) deur sy sielkundige van sy emosionele onvolwassenheid (blykbaar op 18 jarige se standaard). Wat maak dit in elk geval saak? Die besluit het n verskil van 5 jaar gemaak!! Dit is belaglik. As hy hom self moes verdedig sou hy aangekla gewees het van manslag. Hierdie was MOORD!! Sy het nie n verhouding gehad of aangele by hom nie. Dit is net n liegstorie van hom. Moennie oordeel as julle nie die feite ken nie!

ZeldA ·

Ek stem saam…. van die begin af het die “verskoning ” nie vir my sin gemaak nie. Hoekom dan haar selfoon en sleutels vat en op verskillende plekke weggooi ?

Anna ·

Dalkies net dalkies het HY by haar aangelê. Sy het geweier en hy was bang sy maak dit rugbaar. Toe snoer hy maar liewer haar mond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.