Man in Brits gestenig

stenigʼn 30-jarige man van Oukasie in Brits is Woensdag dood toe ʼn groep inwoners die reg in eie hande geneem en hom gestenig het.

Sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Donderdag gesê die voorval het in die Mosengleng-gedeelte van Oukasie plaasgevind. “Twee verdagtes, waaronder die man wat gestenig is, het Woensdag glo in die vroeë oggendure by ʼn huis ingebreek,” het Molale gesê. “Die huiseienaar het wakker geword, en toe die verdagtes ontdek hy is wakker, het hulle probeer weghardloop. Hulle het nie geweet die bure het hulle gesien nie.”

Die inwoners het die mans agternagesit en kon daarin slaag om een van die verdagtes aan te keer. Die ander verdagte het gevlug.

Molale het gesê die man het glo een van die inwoners met ʼn mes gesteek toe hy aangekeer is.

“Lede van die gemeenskap het daarna die reg in eie hande geneem en die verdagte geslaan en met klippe doodgegooi,” het sy bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het Donderdag berig oor nog ʼn voorval waar die gemeenskap glo ook die reg in eie hande geneem en dit op ʼn selfoon afgeneem het. Die polisie in Mpumalanga ondersoek die video wat wys hoe ‘n man deur ‘n groep mense doodgeslaan word nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n selfoon gesteel het. Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Somerset (Sommie) Morkel ·

Dis nie reg nie, maar dis verstaanbaar.
Veral omdat hy iemand toe met ‘n mes gesteek het.
mense raak keelvol vir crime en dis die resultaat wanneer die polisie oneffektief is.

AmY ·

Eina!!! Die gemeenskap was baie kwaad gewees. Hulle is seker maar ook maar net moeg vir die misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.