Man in die ry geskiet, glo van goud beroof  

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 50-jarige man is Donderdagmiddag ernstig gewond toe rowers op die bakkie waarin hy gereis het losgebrand het.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die man het van Pretoria na Primrose gereis en is aangeval kort nadat hy die N12-afrit geneem het.

“Aanvallers, dit is in dié stadium nog onduidelik hoeveel, in ʼn silwer Mercedes Benz het op die man losgebrand en net aanhou skiet totdat die bakkie waarin hy gereis het uiteindelik tot stilstand gekom het. Die aanvallers het net aanhou skiet,” het Makhubele gesê.

Volgens berigte op Twitter het die bakkie oorkant die Hoërskool Goudrif in Marlands, Germiston, tot stilstand gekom.

Volgens Makhubele het die aanvallers toe ʼn boks, waarin daar glo goudstawe ter waarde van R5 miljoen was, van die voorste sitplek gesteel voordat hulle weer in die Mercedes Benz-motor van die toneel gevlug het.

Makhubele het gesê daar is verskillende patroondoppies op die toneel aangetref. Die man is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek sake van gewapende roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

linda ·

wie sou nou geraai het……
inside job?
wie ry met goud stawe rond???
waar kry hy dit?
slang in die gras

Goud Stawe ·

Ja Linda, ek stem saam – wie ry met goudstawe rond? En wie almal weet dat hy daarmee rondry?

Meraai ·

Dis gewoonlik mense wat ou goud op koop en dan smelt en die goud herverkoop. Ek ken mense wat dit doen, hulle karre is almal bullet proof.

tamboti ·

Nee seker was hy die baas van ‘n “wettige” goudmyn en wou dit net by sy huis in die kluis gaan sit, of hy is ‘n “wettige” handelaar, dalk is hy ‘n BAIE ryk juwelier?

Santjie ·

Nou ja… hier is nou weer ‘n nuwe enetjie. Party van ons ry met vol handakke en leë beursies rond en ander ry met goudstawe rond en dan is jy nog steeds nie verseker dat jy veilig is en niks gaan oorkom nie.

Hennie ·

Ek ry baie keer met goud stawe rond en vat dit in om gesmelt te word. Maar die verskil is ek tel elke keer op n ander plek op ry nooit selfde pad nie en GEEN van my werkers weet wat doen nie. So ek glo dit was n inside job.

mankie ·

haai regtig hennie? en hier dink ek nog allie pad goud oer word gesmelt en dan in stawe geset. wys jou net ne.

Spaar my dit ·

Nou wie het soveel goudstawe in sy kar? INSIDE JOB . wakker word .. die mense wat julle vertrou is MISDADIGERS.

HFC ·

Seker goud stafies want 1 standaard goudstaaf weeg 12.4 kg wat huidiglik R7 500 000 per staaf kos.

Christine ·

Hi Hennie ek hoor wat jy se, maar laat dit ‘n eye opener vir jou wees om meer versigtiger dit te vervoer.

Barry ·

Ongeag WAT jy vervoer, laat dit weereens net vir ons almal ‘n les wees: jy probeer sover moontlik NOOIT met waardevolle items rondry nie – dit maak van jou net ‘n groter teiken! Wees paraat mense.

Heila Rothmann ·

Dis my swaer rerig sekere mense moet dalk minder oordeel hy het net sy werk gedoen ja daar baie vrae punt is hy veg om sy lewe in die hospitaal kom ons bid eerder vir hom

linda ·

liefste Heila,
ons dink aan julle in gebed dis ‘n wonderwerk dat hy oorleef het!
as dit sy werk is dan moet sy werkgewer ondervra word en julle sal die antwoorde daar kry
ons bid saam jou vrou
sterkte

GM ·

Heila, sterkte vir julle almal. Sulke insidente is so onnodig, en als net oor ander mense gierig moet wees en nie wil werk vir wat hul in die lewe wil hê nie.
Mag jou swaer gou herstel.

Cherokee ·

Misdadigers bly onooslik verby! Hulle gryp die boks met goud vanaf die sitplek maar vlug sonder om die petroltenk leeg te tap? Verbasend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.