Man in die sop oor hy motor ‘verloor’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Port Elizabeth het Woensdag in die Gelvandale-landdroshof verskyn nadat hy glo vergeet het waar hy sy motor parkeer het en toe beweer het die voertuig is gekaap.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Simphiwe Prins Payi het Maandag ʼn klag van motorkaping by die polisie aanhangig gemaak. Hy het beweer hy is Sondagaand by ʼn kruising op Gailweg deur kapers oorval, met ʼn vuurwapen aangehou en uit die motor gedwing.

“Nadat die polisie ondersoek ingestel het, het ons vasgestel die voorval het nooit gebeur nie, aangesien die beeldmateriaal van veiligheidskameras by die spesifieke kruising niks gewys het nie,” het Naidu gesê.

Intussen is Payi se voertuig laat Sondagnag verlate op die N2 naby Stanfordweg gevind, met die sleutels steeds in die aansitter. Die voertuig is deur die polisie geskut. “Die ondersoekspan vermoed Payi het uit sy voertuig geklim, maar toe vergeet waar hy parkeer het,” het Naidu gesê.

“Nadat hy ingelig is dat die voertuig reeds in die polisie se besit was, het hy probeer om die saak terug te trek. Hy is toe op aanklag van dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.”

Payi is op borgtog van R200 vrygelaat. Hy sal weer op 30 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karolis ·

En toe steel niemand die motor nie, en toe kan hy nie ‘n versekeringseis indien nie en toe……..

Mike ·

Karolis jy slaan die spyker op sy kop, parkeerde motor met sleutels in,ai tog waar is die diewe as jy hulle nodig het,,,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.