Man in Durban-straat gesleep

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige man is Dinsdagaand in Durban dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp gesteek en glo in ʼn pad gesleep is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Woensdag gesê paramedici is omstreeks 22:30 na West Riding Rowstraat in Sherwood ontbied. “Paramedici het die man lewend in die straat aangetref,” het Botha gesê. “Hy was erg aangerand en het verskeie steekwonde en skaafplekke opgedoen. Hy is na bewering in die pad gesleep.”

Die man se hart het kort daarna gaan staan. Paramedici het tevergeefs probeer om sy lewe te red. Hy is op die toneel dood verklaar.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media bevestig dat die Sydenham-polisiestasie ʼn saak van moord ondersoek. “Die motief vir die moord is nog nie bekend nie,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.